Oor vlae en verdraagsaamheid

Ek hoor die nuwe polisiekommisaris was ontstoke toe hy gister ‘n ou SA vlaggie op ‘n vrou se lessenaar kry. Hy het dit “buite orde” genoem en vertel daar sal ondersoek ingestel word “met die oog op korrektiewe stappe.”
Die vrou het ook ‘n groot nuwe SA vlag agter haar op die muur gehad. En ‘n Sharks-rugbyvlag.

Ja, ja, ek weet party mense hou nie van die ou vlag, of vir waarvoor dit staan nie. En ek kan hulle punt insien. Die ou landsvlag staan, soos die nuwe een, vir ‘n land waar daar teen mense gediskrimineer en menseregte ontken word. In die ou SA was dit veral apartheid wat te blameer was, in die nuwe SA is geweldsmisdaad en regstellende aksie/BEE die vernaamste sondebokke wat menseregte skend.

Om daardie rede kan albei vlae mense bitter maak as hulle dit sien. Maar, en dis ‘n belangrike maar: Vryheid van uitdrukking kan nie beperk word tot net die dinge wat mense laat goed voel nie. Verdraagsaamheid beteken dat ons ook uitdrukkings (bv. hierdie vlag) moet toelaat wat nie in ons smaak val nie. Hierdie vrou moet die reg hê om haar vlag van ‘n onregverdige ou SA ten toon te stel. Nes ons die reg moet hê om die vlag van ‘n onregverdige nuwe SA ten toon te stel.

11 responses to “Oor vlae en verdraagsaamheid

  1. Oos vlag hou vir ons net trots in. Die ou vlag wat aan ons buurman behoort het, het te lank in Namibia se lug gewapper.

  2. Snaaks, ek het verwag dit sal ‘n Blou Bul-vlag wees, so saam met die ou vlag… 🙂
    Maar allle grappies op ‘n stokkie – ek stem ten volle saam, Retha. En sekerlik is misdaadbekamping van baie groter belang (in SA!) as om oor beuselagtige simboliek te staan en kerm. Ja, vir baie staan dit vir ongeregtigheid ens. ens. en tra-la-la, maar hulle moet nou maar ook daaroor kom en klaarkry!😡

  3. Dis ‘n stuk lap. Liewe land!

  4. Moet ek, ‘n Cheeta-ondersteuner, ‘n vloermoer gooi as een van my kollegas ‘n Blou Bul vlag in sy kantoor het? Moet ‘n Orlando Pirates- man, as hy ‘n Kaizer Chiefs vlag sien, demand dat die ding afgehaal word?

  5. Bloubul en orlando is nie simbole van onderdrukking nie.

  6. Daar is baie belangriker dinge om oor te bekommer as ‘n stukkie lap. Snaaks genoeg het hierdie tipe van gevalle die kenmerk van ons wonderlike demokrasie geword – Ons maak ‘n bohaai ooe enigiets wat ons maklik kan probeer regverdig…. want dan lyk dit darem of ons besig is om iets te doen.

  7. Pingback: WEW….50/52 « Demoerin se Wêreld

  8. “Ons maak ‘n bohaai ooe enigiets wat ons maklik kan probeer regverdig…. want dan lyk dit darem of ons besig is om iets te doen.”

    Baie goed gestel, demoerin!

  9. En niemand sien die probleem met ‘n SHARKS vlag nie? 😕

  10. Girlvds- vir watter span skree jy?

  11. Die enigste span Retha! BULLE!!!!! :mrgreen:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s