Herbesin oor saamwoon? (3) Statistiek

Saamwoners:

* Se verhoudings is meer geneig om op te breek
* Se latere huwelike met iemand anders is meer geneig om te misluk. Hoe langer en meer dikwels hulle saamgewoon het, hoe meer geneig is dit om te misluk.
* Manlik en vroulik, is meer geneig om hulle maats te verkul
* Maak minder rykdom bymekaar as getroudes
* Het meer gesondheidsprobleme
* Het meer depressie
* Met kinders se verhouding is nog meer geneig om op te breek as sonder kinders.

Vroulike saamwoners:

* Is 6 keer meer geneig as getroude vroue om ‘n kliniek te besoek oor seksueel oordraagbare siektes
* Word meer mishandel deur hulle mansvriende as getroude vroue deur huweliksmaats. En vroue wat nog nooit getroud was nie, ly oor die algemeen meer onder geweld as vroue wat getroud is of was.

Saamblyers se kinders:

* Sal meer waarskynlik ‘n reeks ontwrigtings in hulle gesinslewe ervaar.
* Doen slegter op skool
* Het meer emosionele probleme
* Is, na opbreek van die verhouding, minder geneig as kinders uit egskeidings om nog kontak met hulle pa’s te hê.

Saamwonende “stief-families” (biologiese ma met saamwoonman wat nie kind se pa is nie) is statisties die onveiligste plek vir ‘n kind, waar kinders meer geneig is om emosioneel, fisies of seksueel mishandel te word.

Vergeleke met huise waar biologiese ouers getroud is met mekaar, is ‘n kind:

* 6 keer so geneig om mishandel te word in ‘n huis met ‘n biologiese ma getroud met ‘n stiefpa
* 14 keer so geneig om mishandel te word in ‘n huis met ‘n biologiese enkelma
* 20 keer so geneig om mishandel te word in ‘n huis met 2 biologiese ouers wat ongetroud saambly.
* 20 keer so geneig om mishandel te word in ‘n huis met ‘n biologiese enkelpa.
* 33 keer so geneig om mishandel te word in ‘n huis met ‘n biologiese ma wat saambly met ‘n ander man.

Uit:

http://www.heritage.org/research/family/upload/bg_1732.pdf
http://www.civitas.org.uk/hwu/cohabitation.php
http://www.smartmarriages.com/cohabit.html
http://www.belmonthouse.co.uk/PDF%20files/Marriage%20or%20cohabitation.pdf

21 responses to “Herbesin oor saamwoon? (3) Statistiek

  1. Jy het vergeet om te noem dat saamblyers ‘n groter kans het om in die hel te beland.

  2. Ja, Emil.

  3. Ek is nie besig om te oordeel nie, Emil. Lees jy dalk iets daarin wat ek nie sê nie? En oordeel jy my op wat jy tussen die lyne inlees??🙂

  4. Retha. Ek sien ‘n skuldige gewete, he he he.

  5. Nee wat Harry, ek byt nie. Geen skuldige gewete nie. Daar is niks in my lewe waaroor ek skuldig voel nie.

    Nee Retha, ek oordeel niks nie.

  6. Baie interessante pos en die statistiek wat jy gee is nogal ‘n skok. Dit het dadelik twee vrae by my laat opspring.

    Wat nou as twee mense saambly en dan trou en ‘n lang, suksesvolle huwelik het waaruit kinders binne die eg gebore word? (Confession time: Ek praat hier van die uwe.) Ek het my eie siening oor hierdie een maar sal graag wil hoor wat jy dink.

    Die tweede vraag is: Wat van geskeides wat weer trou, spesifiek met betrekking tot die geestesband tussen hulle en hul “exes”?

    Wonder maar net!

  7. Statistieke is ook maar net so ver waar soos die inligting wat versamel is… as die inligting kom vanaf die mishandeldes/hospitale/polisie ens. gaan jy mos net die negatiewe kant hê, want die wat gelukkig is het nie rede om klagtes te lê of hospitale te besoek ensovoorts nie. Dit is my opinie….

    Feit is, dit hang van die individue af, daardie lyste van dinge wat jy daar aanhaal kom net so gereeld binne die huwelik voor. ‘n Ring aan die vinger gee nie vir jou skielike morele waardes nie. Jy het dit of jy het dit nie.

  8. As die hospitale/ polisie die inligting insamel, dan sien hulle nog steeds hoe veel van die klagtes kom van saamwoners en hoe veel/ hoe min kom van getroudes. ‘n Ring gee nie vir mense morele waardes nie, maar daardie ring is wel ‘n simbool vir commitment. En commitment het baie te doen met waardes.

  9. Ekisanna, ek kan regtig nie maklik oor een spesifieke geval, waarin ek nie eers die mense ken, my bek rek nie. Ek is bly as huwelikke werk, en ek is bly as God help dat selfs verhoudings wat verkeerd begin is, goed uitwerk.

    Jy is natuurlik reg dat die band wat tussen geskeides en ekse bestaan ‘n invloed op tweede troues het, maar dis goed wanneer tweede huwelike werk. (Statisties is hulle minder geneig om te werk.)

    God kan op enige individuele geval genadig wees. Jy, of enigiemand anders, is nie bloot ‘n statistiek nie.
    ‘n Gelukkige huwelik na saambly in jou geval, of na talle vorige mislukte verhoudings, is moontlik. Maar dis nie die ideaal om aan te beveel, vir mense wat nog ‘n keuse het, nie. Marathon hardloop in hoë hakke is ook moontlik, maar ek het nog nooit gehoor dat iemand dit aanbeveel nie.

  10. Let wel, die ring is ‘n simbool van commitment. En al is jy deur die seremonie, beteken dit nie daardie persoon wat nou ‘n ring dra is noodwendig committed nie. Dit hang nog steeds van die individu af, as jy nie aan ‘n spesifieke persoon sonder daardie seremonie kan commit nie – gaan dit nie gebeur nie.

  11. Ek stem saam, simbole is nog nie waarheid nie. Maar as iemand glad nie bereid is om eers die woorde van commitment uit te spreek of die simbool daarvoor te dra nie, ïs dit ‘n duidelike teken dat hy of sy nie committed is nie. Daarom die statistiese verskil.

  12. Ek sê dit hang nog steeds van die individu af. Ek glo nog steeds jy kan commit sonder om plegtig te trou (en ek ken sulke mense). Mens het nie ‘n seremonie en ‘n ring nodig om getrou te lewe nie.

    Die feit dat mens kan saambly en getrou wees, moet nie verwar word met die feit dat dit dalk as sondig gesien word nie. Dit is verskillende goed.

  13. Amen, DMI. Skei is mos ook sonde. Geen my ‘n gelukkige saamblyery eerder as ongelukkige getroudes.

  14. Groot sondes, klein sondes.

  15. Ek wonder nou – hoekom is dit ok om te skei deesdae (selfs vir NG lidmate) ?

  16. Wel… ek wil graag trou eendag… dit voel reg vir MY. Ek vind geen fout met die gene wat getrou bly aan hul lewensmaat sonder om seremonieel ewig te commit.

    Maar ek glo nie om saam te bly vooraf gaan ‘n beter verhouding kweek nie. In die algemeen werk die verhouding of dit werk nie. Geen proeflopie vooraf gaan daai regstel nie. Dis volgens MY net finansieel viable…

  17. Trou is wonderlik. ‘n Goeie verhouding bly in enige omstandigheid ‘n goeie verhouding. Saambly, of getroud. Beide verg miljoene sakke sout!

    Ek vier vandag my 7de huweliksherdenking. Dit ná 5 jaar se saambly. Tjorts!

  18. Cheers Emile! Klim dan van die net af en gaan vier BEHOORLIK! 😉 :mrgreen:

    Hoop jy het ‘n goeie bottel rooiwyn daar om daai soutsmaak te verlig.

    Baie geluk!

  19. Happy Happy Emil! Tjorts op die volgende sewe!

  20. Ek het gedink ek doen die regte ding en trou met die pa van my ongebore kind. Vandag sit ek met twee pragtige kinders en ‘n pa wat homself besimpeld drink en in stripklubs rondhang en nie kan onderhoud betaal nie. En wat nie sy kinders kan sien weens babelas.

  21. Ai, M, dis rof. Ek sien dat jy sarkasties praat van “die regte ding doen.” Ek stem saam: Soms is trou nie “die regte ding doen” nie. Soms is dit reg om die ou te los, om die seksuele verhouding te staak.

    (Selfs die Ou Testament, wat nie bekend is vir ‘n liberale houding teenoor rondslaap nie, voel so: As ‘n man ‘n jong dame se maagdelikheid neem -nie eers swanger maak nie- moet hy met haar trou -lewenslank vir haar sorg- as haar familie so wil hê, en haar ‘n huis se prys in onderhoud betaal as haar familie voel hy is nie goed genoeg vir ‘n trouman nie. ‘n Drinker wat nie onderhoud betaal nie, voldoen glad nie aan hierdie sorg-verpligting nie. Die vrou word nie verplig om te trou nie- sy kan eerder die huis se prys aan onderhoud vat en hom los, solank sy nie vir ‘n volgende man lieg oor die saak nie.)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s