Die oordeelsdag sal jou verbaas

Iemand vertel my nou onlangs:

Jy sal baie verbaas wees op die oordeelsdag oor hoe God gaan oordeel. Ek dink nie God sal my goeie dade almal vergeet oor ek nie dink [om X te doen] is moreel verkeerd nie.”

Daai eerste sin is heeltemal waar! Selfs die tweede sin glo ek, tegnies. Maar die probleem is dat ons, juis oor God se oordeel ons sal verbaas, moet versigtig wees. God se oordeel is nie ‘n rede om onsself goed te praat nie.

Ek of die spreker hierbo kan maklik dink dat ons ‘n klomp mooi dinge doen. Ons kan dink dat die paar ou dingetjies wat ons nie reg doen nie, werklik onbenullig is. Maar ons standaard vir reg en verkeerd is nie God se standaard nie.

Hoekom moet ons na ons lewens kyk? Hoekom moet ons God se wil vra, selfs in die klein dingetjies? Onder andere oor ons nie geskok wil wees op die oordeelsdag nie. Ons gaan verbaas wees op die oordeelsdag oor wat God raaksien. Dis ‘n rede om nie te oordeel oor ander mense nie. Dis ook ‘n rede om hulle te waarsku. Dis meer nog ‘n rede om jou eie hart te deursoek. Selfs dit waarmee ek tevrede is in my lewe, is God nie noodwendig mee tevrede nie.

Die Fariseer wat vir God gedank het oor hy so wonderlik is(sy sonde misgekyk en al die mooi goed wat hy doen raakgesien het), het huis toe gegaan en sy saak met God was nie reg nie. Die tollenaar wat gesien het dat hy ‘n sondaar was, en vir genade gesmeek het, se saak met God was reg toe hy huis toe gaan. (Lukas 18:10-14)

11 responses to “Die oordeelsdag sal jou verbaas

  1. En die Barmhartige Samaritaan se saak is ook reg? Luk 10:25-37 (let op die vraag wat gevra word).

    En die Evangelie van Jakobus – hoe gemaak met Luther se Sola fide vanuit Romeine 3:28?

    Vir my is die eerder hoe ‘n mens in die algemeen teenoor alles optree en omgaan. Indiwiduele denke en dade is irrelevant, solank – soos die Nederlanders ook reken – jy nie ‘n ander te na kom nie. Saambly (of enigiets anders wat ek dink moreel reg of verkeerd is) is maar ‘n druppeltjie. En gesien in vergelyking met die Osoonlaagkrisis, werklik ‘n klein ou spikkeltjiešŸ˜‰

  2. “Final Judgment According to Works… was quite clear for Paul (as indeed for Jesus). Paul, in company with mainstream second-Temple Judaism, affirms that Godā€™s final judgment will be in accordance with the entirety of a life led ā€“ in accordance, in other words, with works.” (N. T. Wright)

    Paulus in sy (korrekte) konteks van 1ste eeuse Judaisme? Retha, ek dink jy moet gaan oplees oor die New Perspective on Paul.

  3. Teoriee en nogmaals teoriee. Geniet.

  4. Funny hoe Jesus vir hom 12 vissermanne gaan uitsoek het tussen al daai tollenaars en skrifgeleerdes. Se dit nie vir jou iets oor die tipe geloof wat Hy verkies het nie? Moet jou geloof nie maar soos ‘n rots wees in plaas daarvan dat jy dieper betekenis gaan soek nie. Elke liewe mens sal iets tussen die lyne in die Bybel uitwerk wat hom gaan pas.

  5. Wel- Ek dink Harry is reg: “Elke liewe mens sal iets tussen die lyne in die Bybel uitwerk wat hom gaan pas.”

    In elk geval- ‘n Geseende Kersfees. http://die-werf.co.za/?p=4010

  6. Jy moet daagliks jou lewe so lei in omgang met die skepping (mens, dier & natuur) dat die oordeelsdag nie ‘n “issue” behoort te wees nie.

    Nog ‘n punt – Ek glo een van die groot redes hoekom die kerke van jongmense leegloop is die feit dat daar in talle gevalle nog vasgestaar word in ‘n muur van reĆ«ls en regulasies… en die feit dat die meeste mense nie die verskil ken tussen waarsku, oordeel en preek ken nie.

  7. Demoerin, ek dink jy is nogal reg oor ‘n deel van die rede waarom baie kerke jongmense verloor. Die jongmense ervaar, reg of verkeerd, die kerk as ‘n muur van reĆ«ls en regulasies. Omdat soveel mense deesdae glo dat daar geen vaste reg en verkeerd is nie, dat mens kan maak nes jy voel, beleef hulle die kerk se reĆ«ls/ God se reĆ«ls (die twee is tragies gereeld nie sinonieme nie) as uiters outyds en veroordelend.

    CS Lewis sĆŖ dat mense eens op ‘n tyd God benader het as ‘n regter, en hulself as skuldiges. Dan is hulle reg om die goeie nuus te aanvaar, van ‘n God wat vry maak van skuld. Maar sy tyd se mense beskou hulself as regter en God is in die beskuldigdebank- hulle wil God oordeel oor hy slegte gebeure toelaat. Eers as mense besef hulle is skuldiges voor God, is hulle reg om die nuus van verlossing te kry.

    Jy sal dit in die Jesus-verhale ook sien: Jesus is baie vinnig om te vergewe waar mense skuld erken. Sy mees negatiewe, veroordelende stellings (“witgepleisterde grafte!/” “slange!” “skynheiliges!”) haal hy uit vir diegene wat dink dat hulle reg doen, wat nie glo dat hulle vergifnis nodig het nie.

    (Daarom seker dat oom Angus paartjies wat kom bely dat saambly verkeerd was dadelik getrou het. As jy erken iets is verkeerd, dan maak jy reg voor God en is vergewe, jy rol nie in bejammering rond nie.)

    En dis die dilemma van die kerk: Die kerk het nodiger as ooit om oor sonde te praat noudat mense al minder daaroor glo. Hoe doen mens dit? Goeie vraag. Dalk kan party kerkmense hierdie blog lees en uit my foute leer hoe om dit nie te doen nie?

  8. Moenie my verkeerd verstaan oor die reĆ«ls en regulasies nie… ek verwys eerder na die wat nie regtig vashouplek in die Bybel het nie en wat die bediening in ‘n stywe storie verander wat nie aanklank by die jongmense vind nie. Ons kan dit duidelik sien by gemeentes wat oorloop omdat hulle vir die jonger garde cater.

    Om oor sonde te praat, en dalk te waarsku is een ding… maar ek sal nou nie juis sĆŖ ek is aanhanger van die doempredikers nie. Monie oor en oor vir my van satan en sy aanslagte en die hel en die ewige vuur ens. ens. vertel nie. Ek is intelligent genoeg om dit uit my Sondagskooldae te onthou.

    Praat en vertel eerder oor die positiewe van Christenskap, want in 90% van die gevalle word die teenpool van die goed in elk geval deur konnotasie veronderstel.

    Christenskap gaan nie net oor die slegte sonde wat jy nie moet doen nie, dit gaan ook oor die goeie en mooi dinge wat jy wel moet doen… en konsentrasie daarop sal van die wĆŖreld ‘n beter plek maak.

    Volwassenes is in seker opsigte soos kinders…. moenie aanhou my vertel ek moet iets nie doen nie…

  9. Dit gaan ultimately oor jou verhouding met jou Skepper en alles wat daaruit spruit…. Dus is die natuurlike vloeisel om in liefde teenoor almal en als op te tree.

    Dis so eenvoudig soos dit.

  10. Ek dink op die oordeelsdag sal ons verbaas wees oor alles wat aan die lig gaan kom. Ons gaan ook skaam wees oor die dinge wat oor onsself aan die lig gaan kom. Maar op die ou end gaan dit bloot op grond van geloof wees wat mens gered word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s