Deur die Bybel in ‘n jaar- wie is in?

Wil jy geestelik verryk word? Met soliede geestelike kos en nie wegneemetes nie? Wil jy jou geloof beter ken en verstaan? Wil jy materiaal lees wat mense geinspireer het om hospitale te begin, skole en universiteite te stig, slawerny af te skaf, die basis vir wetenskap gelê het? Eenvoudig. Lees die Bybel.

Eenvoudig, maar nie noodwendig maklik nie. As jy die Bybel van voor tot agter wil deurlees, gaan jy gou struikelblokke teëkom. Verveling met sekere stukke. Gedemotiveerdheid. Maar dis moontlik, en vat nie baie tyd uit ‘n dag nie, om die Bybel van voor tot agter deur te lees elke jaar.

Die slim mense reken dat enige doelwit wat jy vir jouself stel, SMART moet wees: Spesifiek, Meetbaar, Bereikbaar (Attainable), Realisties, en Tydsgebonde. Hierdie Bybel-leesplan voldoen aan al daardie vereistes.

Volgens die druk in my Bybel kan jy dit bv. doen in net oor drie bladsye per dag. En hierdie leesplan is so uitgewerk dat jy op sewe plekke lees- een vir elke dag van die week. As jy dus verveeld raak met een Bybelboek hoef jy net een keer ‘n week daardeur te swoeg. Die res van die week lees jy dalk elders dinge wat jou motiveer om aan te hou.

Ek wil my omgeegroep motiveer dat ons vanjaar die leesplan gebruik, en elke week praat oor wat getref het; en watter vrae ons het (of ons nou onder onsself die antwoorde kan kry of nie). Ons kan die Bybel self gebruik in plaas van ‘n Bybelstudieboek. Dalk wil van julle ook die leesplan volg, of julle groepe motiveer om dieselfde te doen.

As daar 4 of meer mense is wat sal belang stel, sal ek week hier ‘n onderwerp pos waar ons ons week se Bybel lees bespreek. Dis nou, vier mense wat belang stel om op die Internet te bespreek wat hulle lees en leer, nie 4 mense wat wil lees nie. Antwoord hier as jy belangstel. As jy bloot wil lees en nie bespreek nie, druk net die leesplan uit en sit dit voor in jou Bybel.

25 responses to “Deur die Bybel in ‘n jaar- wie is in?

  1. Eks game, Retha. Goeie plan.

  2. Wat ‘n waardige projek, en ek kan maar net ook van my kant probeer om almal te motiveer om dit aan te pak. Die indruk wat tans bestaan is dat selektiewe gedeeltes gewoonlik gelees en op gekonsentreer word. ‘n Mens kan tog nie die stelling maak dat jy alles glo wat in die bybel staan as jy nog nie alles gelees het nie. Lees lees lees … tyd is min volgens openbaring … al is dit al vir 2000 jaar min.😉

  3. Dis nou ‘n goeie idee… Ek self ken glad nie my Bybel so goed soos wat ek moet nie!

  4. Andrew. Gaan koop vir jou ‘n Bybel. Dan kan jy ons elke keer op die foute in die daaglikse stukke wys en ons so bedag hou. So kan ook jy dalk soeke op jou antwoorde kry!

  5. Ek het alreeds dit gedoen Harry, maar dis die internet wat ek meestal gebruik omdat dit so vinnig en maklik is om iets op te soek.

    Hierdie site, http://www.bybel.co.za/home/ bevat beide 1953 en 1983 vertalings as jy belangstel. Dit het ook ’n soek enjin wat jy kan gebruik om sleutel woorde in op te soek. Byvoorbeeld, as ek die woord “offer” intik dan lewer dit 3 bladsye versies uit die Nuwe Testament alleen! Oohoo … nou kan jy self besluit of christene diere aan hulle god geoffer het of nie.😉

  6. God het geen reels gestel hoe ons diere moet behandel nie, Andrew. Hoe jy diere behandel is jou saak, maar ek is seker jy gebruik daagliks produkte waar diere opgeoffer is om dit vir jou veilig te maak. Bv. om jou gunsteling shampoo in ‘n hasie se oog te drup om die skade aan die retina dn traanklier vas te stel. Geen godsdiens word betrek nie. My punt hier is om liewer die diere van die aarde te vergeet en om jou by jou medemens te bepaal. Andrew, die stories in die Bybel is vol onverklaarbare gate en dinge wat nie sense maak nie. Dan is daar soveel dinge in die Bybel wat direk tot jou gaan praat. Jy weet. Jy kom lees gereeld hier. Jy is vol vrae waarvoor daar nie antwoorde is nie. Tog. Jy bly nie weg nie. Tik valse profete of ongelowige Thomas by daai nifty soek enjin in!

  7. En dankie vir die site Andrew! die soek engine is ‘n lekker speelding!

  8. So, Retha. Wie is die scapegoat in Genesis? Ek stem vir Eva!

  9. Harry, Paulus reken blykbaar dis Adam se skuld: In 1 Kor 15:21-22 noem hy dat sonde deur Adam die wêreld ingekom het.😉

    Grappies op ‘n stokkie, die rede hoekom ek nog nie weeklikse bespreek-onderwerpe oopgemaak het soos belowe nie, is oor ek nog nie 4 belangstellendes het nie.

  10. Wie is ek om met die wyse Paulus te stry. Toema. Kom ons tel 2 rooflesers by. Demoerin. Waars jy?

  11. Andrew, so jy’t “offer” ingetik en 3 blasye se versies gekry, maar het jy daardie versies toe gaan lees? Klink my jy maak gevolgtrekkings sonder om seker te maak van die feite.

  12. Flippie, die eerste vier versies praat onder andere van tortelduif offers en offers soos voorgeskryf deur Moses en die wet van die here in die Ou Testament. Dit volgens my is genoegsaam om te wys dat jou en Retha se mening nie deur alle christene gedeel word nie. Dit is ook wat ek optel as ek ‘n Wiki search doen. Dan praat ek nie eers van die nagmaal ritueel waar christene tot vandag toe nog die gekruisigde Jesus eet nie, iets wat julle gerus kan laat vaar.

  13. Die brood wat jy by die nagmaal eet is simbolies. Die woorde is beeldspraak. Hoekom hou jy aan met stry Andrew? Dit klink my jy WIL verkeerd bewys word. Ek nooi jou weereens uit na jou naaste kerk diens. Jy sal ‘n goeie visserman vir die Here maak.

  14. Ek weet dis simbolies Harry en ek kan nie sien dat dit ‘n verskil maak nie. Die feit bly staan julle eet ‘n simboliese offer en jy kan nie daar verby kom nie.

    Hoekom sê jy nie met die volgende nagmaal vir die dominie: “Nee dankie, ek eet nie offers nie, ek is ‘n Nuwe Testamentiese Christen en die nagemaakde bloed maak dat ek opgooi.” … of so iets.

    Sal jy dit doen? Nee, want daar is van kleins af in jou kop ingeprent wat jy moet glo.

  15. Flippie, die eerste vier versies praat onder andere van tortelduif offers en offers soos voorgeskryf deur Moses en die wet van die here in die Ou Testament. Dit volgens my is genoegsaam om te wys dat jou en Retha se mening nie deur alle christene gedeel word nie.

    Versies wat vertel wat voor die Christene se era gebeur het, voordat Jesus gekruisig is en opgestaan het, is genoeg rede om te wys dat ons mening nie deur alle Christene gedeel word nie?

  16. Ook waar Retha.

  17. Andrew, jy moet onthou dat die evangelies wat handel oor Jesus se tyd op aarde grootendeels afspeel voordat Jesus gekruisig is. Daarom het Jesus op daardie stadium nog nie die Offer gebring wat alle offers vir ons daarna sou vervang nie. Sederdien bring Christene nie meer offers nie want dis nie meer nodig nie. Die nagmaal is juis om ons te herhinner aan die perfekte offer wat Christus vir ons gebring het. Dis soos Harry se^ bloot ‘n simbool.

  18. LOL @ Harry.😆 Ek dink ons moet jou Sancho Panza noem.

    *Ahem … terug by Retha*
    Dit wil voorkom asof julle ‘n liefdes-haat verhouding het met die Ou Testamentiese wette. Julle kan nie alles net so aanvaar nie maar ook nie alles net so los nie. Miskien het die christene se era wel gebeur met die kruisiging maar julle boer nog steeds in die Ou Testament. Selfs julle morele waardes is gegrond op Ou Testamentiese wette en die 10 gebooie.

    Flippie, soos ek vantevore gese het, ek is bly julle sny nie meer keelaf en offer goed vir god nie, dit was anyway maar net ‘n slinkse plan deur die priesters om maklik kos in die hande te kry maar jinne man, probeer ontslae raak van die nagmaal ding.

  19. Andrew, dis waar dat mens nie vandag meer die OT wette tot die letter uitvoer nie. Tog is daar baie wat ons daaruit leer. Ek dink egter nie dat dit ‘n “love-hate” verhouding is nie. Waaroor dit vir my gaan is die beginsels en dit word mooi opgesom deur “Jy moet jou naaste liefhe soos jouself” en dit kom oorspronklik uit die Ou Testament.

    Oor die nagmaal is jy bra onkundig Andrew. Jy probeer dit nou laat klink na iets kannabalisties. My aarde tog, kan mens nou die kat so aan die stert beet he? Misien moet jy bietjie meer daaroor loop oplees.

  20. Retha, as ek kliek op “flippiefanus” se naam by sy komentaar hierbo dan kom sy blog nie automaties op nie. Dis asof hy ‘n verlore evil ateis soos ek is. Is dit doelbewis of net ‘n oorsig aan jou kant?

  21. Elke hardkoppige Don Quixote het sy Sancho Panza vir leiding nodig, al wil hy dit nie erken nie. Tel jou seeninge, Andrew!🙂

  22. Andrew, ek het die skakel wat normaalweg aan my naam gekoppel word verwyder want dit lyk my dit is wat veroorsaak dat ek kronies in die SPAM land. WordPress het besluit my woernaal is ‘n SPAM blad.

  23. Dankie dat jy geantwoord het, Flippiefanus. Andrew. dit het niks met geloof te doen nie. Ek kan nie mense keer om hulle naam aan ‘n webblad te skakel as hulle kommentaar lewer nie. (Jy het nog nooit jou naam probeer skakel nie.) Flippie kies om nie nou te skakel na sy blog nie.

    Ai tog, FF. Nou hoe gaan jy WordPress oortuig jou blog is nie spam nie?

  24. Miskien sal mense spontaan inval as jy anyway begin. Baie mense wil nie commit as dit by bybelstudie kom nie, maar sal wel van tyd tot tyd inval by ‘n bespreking. Dis opvallend hoe belangstelling in alle blogs afgeneem het..

  25. Hans Matthysen

    Vandag het elke gelowige offers om te bring en dit is om jou dienbaar te stel vir die werke van God.
    (Rom 12:1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.)
    Ek dink een van die boodskappe uit die kruisdood is juis, dat ons nie iets anders (‘n dier of geld) kan offer en dink dat ons God behaag. Ons moet diensbaar wees sodat Sy Gees deur ons kan lewe tot redding van ander en tot opbouing van die liggaam van Christus wat die gemeente is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s