Maak ek die land beter?

Alta Botes vertel in Beeld hoe haar ideale land moet lyk. Veilig. Eerlik, sonder korrupsie. Bekwaam. Regverdig. Kortom, min of meer dinge wat meeste van ons wil hê, ongeag ras, geslag, ouderdom of geloof. En dan vertel sy:

 

En as dit dan is wat ’n volkstaat is, is dit waar ek wil woon.
 
 
Ek mag Alta misverstaan, maar dit klink vir my soos: “Ek hoop julle (wie ookal die “julle” is) bou ‘n veilige, nie-korrupte, bekwame land. Indien julle projek ‘n sukses is, sal ek aansoek doen vir burgerskap. Ek sal wil vat wat so ‘n land my kan gee, dankie.”

 

Of mens nou vir of teen die volkstaat-idee is, dis duidelik dat mense wat so dink, nie ‘n volkstaat (of positiewe kenmerke in enige land) sal help ‘n werklikheid maak* nie. En as niemand sal werk om so ‘n staat te laat bestaan nie, maak dit geen verskil hoeveel mense bereid is om in een in te trek as hy eers bestaan nie.

 

Wat my by ‘n vraag uitbring. ‘n Vraag wat ek in die eerste plek vir myself vra, maar ook wonder hoe ander Suid Afrikaners dit sal antwoord.

 

Ek vra nie of jy in die Nuwe SA gaan bly, Nieu Zeeland toe wil emigreer, klaar geëmigreer het, of ‘n volkstaat wil stig nie. Wat ek vra is:

 

Wat doen ek om die veilige, eerlike, bekwame samelewing te bewerkstellig wat ek (ons) na smag? Frons en kla ek net oor die samelewing nie lyk soos ek hom wil hê nie? Of werk en bid en praat en beplan ek vir ‘n mooier samelewing? En as my hele land (of dit SA, Nieu Zeeland of ‘n volkstaat is) so (on)eerlik, (on)bekwaam en (on)regverdig was soos wat ek in my daaglikse handel optree, hoe na sou my samelewing dan gewees het aan die een waarna ek smag?

 – – – – – – – – – –

*Orania is nie ‘n volkstaat nie, dis ‘n Suid Afrikaanse dorp wat belasting aan die Suid Afrikaanse regering betaal en onder die Suid Afrikaanse wet val.

5 responses to “Maak ek die land beter?

  1. Kan jy Suid Afrika net dmv ‘n goeie voorbeeld uitstraal red? Goeie vraag. Kyk vir Helen Zille. Sy word gereeld bevloek. Tog is die Kaap nou verlos van die ANC bewind. Daar is hoop, Retha.

  2. Ja, dit is makliker om te kla, as om iets te doen. Dit begin deur ‘n voorbeeld te wees bv. om nie oor stopstrate of rooi ligte te ry nie, of om papiere by jou venster uit te gooi nie. Die klein dingetjies tel op die ou einde al gaan dit dalk oor 10 jaar eers ‘n verskil maak.

    Volkstaat of nie, politici bly politici, en dit gaan nie verander nie. Robin Williams stel dit so mooi: A Politician does not get born, he gets excreted.

  3. Nog een: The word “politics” is derived from “poli”, meaning “many”, and “tics”, meaning “blood sucking parasites.”

  4. Jy raak nogal ‘n baie belangrike punt hier aan. Dit voel vir my ook die probleem in hierdie land is nie noodwendig net die politici nie. Dis die gesindheid van die mense. Almal wil net die beste ontvang en is nie bereid om enigiets terug te gee nie. So gaan hierdie land nooit regkom nie.

  5. Bring my weer terug by my comment in jou vorige post – Mens moet nooit onderskat watter impak jou voorbeeld op ander het nie – En dit kan ten goede en ten slegte wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s