Vrye mark die oplossing vir Eskom-tekorte?

Die staat wil glo biljoene by die buiteland leen om nuwe kragsentrales te bou, en die prys van elektrisiteit astronomies opstoot om dit te kan terugbetaal. Is daar nie ‘n makliker oplossing vir die kragkrisis nie?

Laat enige myn of fabriek wat glo dat hulle krag goedkoper/ meer betroubaar as Eskom kan opwek, toe om hulle eie krag op te wek, en die oortollige krag teen hulle tarief te verkoop aan ondernemings of individue om hulle. Dan hoef die regering nie hulle koppe te breek oor die saak nie – elektrisiteit word dan ‘n gewone verbruiksitem soos kos of skoonmaakmiddels. En daar sal altyd ondernemende mense wees wat in enige behoefte wil voorsien, solank hulle betaal word.

Die publiek kan dan koop by Eskom as hulle dit so goedkoper of beter vind, en by die ander kragopwekkers as hulle so verkies. Die probleem met elektrisiteit bestaan, so lyk dit my, oor dit tans onwettig is om so te maak. Met ‘n vryemarkstelsel wat ook vir elektrisiteit geld, sal wie ookal dit die mees koste-effektief kan doen dit opwek. Boere wek al reeds hulle eie krag op, en moet net toegelaat word om dit te verkoop ook.

4 responses to “Vrye mark die oplossing vir Eskom-tekorte?

  1. Klink reg, maar niemand kan krag goedkoper opwek as Koeberg nie. Ek het bygestaan toe hulle DeBeers se kragstasie dismantle het en dit kom haal het. Ek glo dat meeste van die myne hulle kragstasies op dieselfde manier verkwansel het.

  2. Ek dink nogsteeds ons word ‘n rat voor die oë gedraai met die tekorte. Waat kom al die krag nou skielik vandaan sodat die beurtkrag meer as ‘n jaar laas gedoen is?
    Maar ek het iewers gehoor dat die ANC nogal baie sal baat by die 35% verhogings……

  3. Demoerin- ek het ook al gewonder hoe beurtkrag so ewe skielik kon stop. Ek is ‘n groot skeptikus oor sulke dinge.

  4. Weet nie of julle CB gisteraand gesien het nie, ek dink dit is die totale Eskom maatskappy-kultuur wat “siek” is. 8uur(dis hoe laat Eskom werksdag begin) laas week Woensdag, was daar nog absoluut niemand in dei gebou nie. Soos in verlate, hulle het dit op kamera. En dit wys uit die voorbeeld van die topbestuur, want een van die werknemers het genoem dat die bestuur nooit daar is nie. Wys jou net – Jou voorbeeld maak altyd ‘n impak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s