Lesse vir kinderwerk: Nuwe skakels, voorbeelde

Liewe leser, as jy in hierdie tema belangstel, daar is nuwer inligting  in hierdie reeks artikels:

Klik hier vir die nuwe reeks se deel 6: Voorstelle en vergelyk van lesmateriaal (Sien veral die vergelykende tabel van daardie blad, want daar is skakels direk na voorbeeldlesse en waar lesse gekoop kan word.

Klik hier vir deel 7: Voorbeelde van tiener- en kleutermateriaal

  – Rooi woorde bygevoeg 6 Sept 2013

klik hierBybelmedia se 2010 Jeugfokus katalogus, met programme vir kategese, kinderkerk, en jeugwerk is hier , onder “Kliek hier vir jeugfokus katalogus.”

Fixit se Lesse wat Leef (vir kinders) en Tienertoppix (vir Tieners) is hier.Fixit het 2 leêrs op die webblad met 4 voorbeelde van hulle lesse: ‘n Kleuterles oor “God is oral” en ‘n gr. 2-3 les, “God roep jou om saam met Hom te werk, en 2 besprekingslesse vir tieners, een oor denke en die ander oor die huwelik. (Hulle tienermateriaal, as jy dit sou koop, het powerpoint aanbiedings van wat hier net ‘n flitskaartbladsy is.)

KidsXpress het verskeie voorbeelde van hulle materiaal: stukkies uit ‘n kleuterles oor die hemel, ‘n stukkie uit God wil in jou woon, en ‘n sudoku-speletjie om die Vrug van die Gees te leer. God ken jou naam en Amazing atome is vollediger aktiwiteitslesse vir 9-13 jariges.

Modkats het voorbeelde vir Gr1-3 se program, hulpmiddels, en werkkaart; vir Gr. 4-6 se program en hulpmiddels; vir ‘n groot groep-byeenkoms vir Gr. 7-11; en vir kleingroep-byeenkomste vir gesinne met materiaal om die gedagte tuis te bespreek.

—————

Soortgelyke inskrywings met ander skakels hier en hier.

17 responses to “Lesse vir kinderwerk: Nuwe skakels, voorbeelde

  1. Moet kinderkerk aanbied en het geen idee wat om te doen met kinders of waaroor om met hulle te gesels nie. Ouderdomme wissel vanaf 3 – 7 jaar.

  2. Wendy, jy het seker gesien die donkerrooi woorde is skakels na lesmateraal? Ek dink jy kan op KidsXpress en Fixit gaan kyk en dalk hulle kleutermateriaal, of Fixit se Bybelstorie-lesse vir 4-8 jr. bestel. Intussen het jy darem die Fixit kleuterles in die skakel hierbo, vir hierdie Sondag. Hierdie afdeling van my blog (Idees vir Sondagskool Kleuterkerk Bybelklubs) bevat ook so twee of 3 lesse wat op laerskoolvlak geskryf is, maar dalk bietjie vereenvoudig kan word vir kinders. Kliek op die “idees vir …”woorde om daardie lesse te kry.

  3. Marius vra:

    Hi Retha. Het jy enige navorsing oor die vorm wat kinders verkies sondagskool moet aanneem in vandag se tyd. Bv sang ,musiek en voor klasse ens .Kleintyd het liedtjies gesing met aksies en dan klasse bygewoon .Wat is vandag die behoefte van die moderne kids en tieners as dit kom by die formaat wat die sondagskool moet aanneem. Hoor graag van jou!

    Ek kan jou nie na spesifieke navorsing verwys nie, maar hier is ‘n paar gedagtes:

    Sing is lankal nie meer so gewild soos dit was nie, veral onder tieners. (Deesdae hoor mens heeldag musiek blêr orals.) Omdat sang belangrik is, moet mens dit interessant en dinamies maak wanneer jy dit gebruik.
    Aandagspanne van kinders was nog altyd kort en word al korter, a.g.v. bv. die TV en Playstation-speleties se gedurige verandering. Goeie programme het talle kort items wat saamwerk op ‘n tema, nie een lang ding nie. (Sien bv. my Jona-les vir ‘n voorbeeld daarvan.) Tieners se aandagspanne is nie heeltemal so kort nie, maar hulle soek ook afwisseling.
    Hulle het nodig om deel te neem in plaas van net te sit. By kleuters sal deelname byvoorbeeld wees om, as hulle van Jesus wat die storm stilmaak hoor, te ruk asof hulle deur ‘n storm heen en weer geruk word. By tieners sal dit goed wees soos om saam te gesels en uit die Bybel uit tot die regte gevolgtrekking te kom eerder as om dit by die leier te hoor, om vir mekaar te bid, en ‘n diensprojek aan te pak wat by jou klas se persoonlikhede pas.
    Die moeilikste van regte soort program is juis dat kinders grootliks van afwisseling hou. As daar een regte antwoord is oor ‘n styl program wat hulle jaar in, jaar uit interesseer, ken ek dit nie. (Nogtans, ek het al jare lank programme gebruik waarvan meeste min of meer die styl en tipe items van daardie Jona-les inhet. Onder meer omdat dit afwisseling bevat, is dit effektief.)

    Maar meer as ‘n sekere styl, het hulle realiteit nodig. Regte verhoudings, regte antwoorde wat nie oor-vereenvoudig is nie, wat geloof prakties maak vir ‘n regte lewe waarin hulle regtig moet keuses maak. God is regtig en vir die regte wêreld bedoel. Net ‘n regte God wie se reëls regtig die standaard is, het die reg om voor te sê hoe hulle moet leef. As godsdiens by gevoel bly- of net kopkennis van feite is- dan is dit nie genoeg nie.

    (Wat regte verhoudings betref, glo ek bv. nie eers daaraan dat iemand jare lank elke jaar ‘n graad 3 – Sondagskooljuffrou moet wees nie. Ek glo dat vanjaar se Gr. 3 – Sondagskooljuffrou volgende jaar vir Gr. 4’s en die jaar daarna vir Gr. 5’s moet klas gee- mens moet geheg raak aan die groep kinders, nie aan die handboek nie. Ek glo ook dat streng Graad-indeling nie die heel beste indeling vir klasse is nie, maar dis ‘n ander saak.) En ‘n biddende, toegewyde leier wat God en sy klas ken en verstaan, met ‘n middelmatige handboek of geen handboek nie, is beter as die beste program en ‘n onwillige leier.

    Enigiemand anders wat Marius wil antwoord is ook welkom.

  4. goed so dat ons dieVader ook erken

  5. Kan jy my asb fotos van julle poppe stuur en my ook laat weet van kursusse vir poppekas aanbiedinge groete Zelda Botha

  6. Ek soek hulp, ons wil graag volgende Termyn iets doen rondom die Reisiger Soek idee’s, lesse wat elke Sondag behandel kan word, teksvers, onthou vers ens. help asb.
    Shalom
    Annetjie

  7. Michelle vd mescht

    GOEIE DAG AAN AL JUL MOI MENSE !!

    AI kan jul my asb help ek is somer in die diep kant gegoi ek is n nuwe sondag skoon juf ,ek het baie klein kinders ouderdom 2 jaar tot 7 jaar oud en sjoe hul is woelag en ek het geen idee wat om met hul tedeel nie , weet nie of jul my asb sal kan help nie ,ek vra baie moi asb
    kan jul my help en wil hul help om ons Pappa Vader teleer ken en so aan .

    my e-mail is michelle.vdmescht@gmail.com

    sal dit hoop op prys stel as jul my kan help

    lekker en geseende dagie vir jul almal

  8. Dis AMAZING wat die Here God doen!!!! Hy het ‘n bediening begin wat net 30 kinders met die afskop daarvan begin en nie eens ‘n jaar later nie, het die bediening gegroei tot ongeveer 200 kinders uit baie arm gemeenskappe……wat dit nog meer amazing maak is dat ek of my spannetjie nie naastenby toegerus is vir die groot werk nie, maar is dit net ‘n voorreg om so in diens van ons God te staan en op Hom te vertrou met elke club G.i.g aanbieding……wat my in nog ‘n groter WOW!!! van verwondering EN bewondering oor ons Koning staan is dat die spannetjie wat my help, maar self tieners is, so jonk as 14jaar oud en soms bestaan die spannetjie net uit 5 lede!!!
    Ja, ons is onervare en leer en maak BAIE staat op Christus, en kan ek net in verwondering staan en sien hoe die kinders groei………..en hoe God sorg vir hulle en die bediening.
    Elkeen wat in die kinderbediening staan moet nooit-nooit dink dat dit ondergeskik is aan enige ander bediening nie……….in fact, is dit een van die mees belangrikstes van almal. Elkeen wat betrokke is by ‘n kinderbediening moet weet dat die kinders wat hul bedien soos pyle in ‘n boog is en gereed is vir afskiet………waarheen die pyl gemik word is die fokus vir elke klein kindjie se lewe en ‘n pyl wat doelloos afgeskiet word gaan verlore! Die fokus moet nie mensgewys wees in die bediening nie, maar God’s gerig en is dit vir diegene wat bedien ‘n voorreg dat God ons beplanning verander en draai soos Hy goed dink en soos Hy wil……en GENIET die bediening!!
    Seen aan elkeen wat in die bediening staan!!
    Rina

  9. Prys die Here, Rina. Dankie dat jy wie ookal hier lees so bemoedig.

    En amen, kinderbediening IS belangrik. Het dit al self ook op die blog gesê!

  10. Hi goeie more in die wonderlike naam van ons HEERen MEESTER dit is wonderlik om hierdie aangrypende verhale en ervaring saam met almal te deel hoe wonderlik is God in Sy hoedanigheid met inspirasie vir elkeen se lewe spesiaal vir ons kinders laat ons hulle nie verhinder om na GOD te lei Groete Barend

  11. Etienne Marais

    Die Here seën vir julle

  12. Hi Julle
    Ek het self ‘n bediening waarmee ek God se Woord deur middel van gratis CD’s versprei. Ek lewer self op my gratis CD’s ‘n persoonlike getuienis oor myself. Ek is op ongeveer 2 en ‘n half jarige ouderdom met ‘n sindroom met die naam Asperger-Sindroom gediagnoseer. Ek wil baie graag vir die wêreld vertel hoe God my deur die jare gehelp het om die Asperger gedrag te oorkom. Ja by God is daar niks onmoontlik nie.

  13. Hallo, Etienne! Jammer dat ek nou eers reageer. Prys die Here!

    Hulle het my ook ‘n paar jaar terug met Aspergers gediagnoseer. Ek sou belangstel. Ek stuur jou dus ook ‘n persoonlike e-pos naas hierdie kommentaar.

  14. hi daar ek gaan hierdie jaar vir die graad 8 sondagskool gee, ek soek net so bietjie agtergrond wat is daar om oor te gesels
    baie dankie
    jesus groete
    marthie

  15. Hallo Marthie

    Het jou kerk handboeke wat hulle gebruik vir tiener Sondagskool? Dis werklik swaar om sonder ‘n handboek te werk.

    Hierdie artikel en die ander twee waarheen ek skakel bevat plekke waar jy handboeke vir jou werk kan kry, as jou kerk nie een het nie. As jy rondkyk op daardie webblaaie, sal van hulle ook lyste gee met temas vir elke jaargroep.

    Sterkte!

  16. Jacqueline Winter

    hi ek is nuut aangestel as sondagskool onderwyser kan ek paar idees kry hoe om my lesse voor te berei. Ons is tans besig om ‘n sillabus op te stel

  17. Jaqueline, wat bedoel jy? Het jou kerk op hierdie stadium geen sillabus nie en wonder jy hoe om jou eie lesse uit te werk? Ek sou voorstel dat julle uitgewerkte lesse gebruik. Daar is ten minste 4 reekse beskikbaar vir Sondagskool wat goed uitgewerk is – Sien my nuutste inskrywings (Watter Sondagskool materiaal om te kies).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s