JP Moreland oor “How do we know Christianity is right out of all the religions in the world?”

George Claassen van Skeptic SA het my laas hier gevra:
Retha jy noem dat Jesus God is en dat dit al op talle maniere bewys is. Kan jy asb. net een stukkie bewys bring dat enige een van hulle bestaan (het).

En ene Annette het my al vertel:
Christenskap mag dalk waar wees vir jou, maar dis nie waar vir my nie.

Louwie stel dit dalk goed:
Wie is dan reg? Wie se “waarheid” is DIE waarheid? Wie se Gees is die regte Gees? Wie se heilige geskrif is die regte heilige geskrif? Hoe toets jy dit?

Is daar enige redes om te glo dat Jesus bestaan het, en was wie die Christene glo hy was? Hoekom, behalwe oor mens voel dis reg vir jou, kan mens in die Christendom se God glo? Hier kan jy ‘n .mp3 aflaai waar JP Moreland ‘n eenvoudige inleiding daaroor gee.

Luister dit, en moenie ‘n Wonmug* wees nie!

———–

*Jy vra dalk nou: Wat is ‘n Wonmug? Wel, Moreland beskryf hom in hierdie lesing.
Naskrif 2: Waarom liasseer ek hierdie ook onder “Idees vir Sondagskool …”? Want dit sal tieners ook baat om hierdie dinge te leer by die Sondagskool. En dit sal enige kategeet of jeugwerker baat om dit te weet. Selfs as die kinders in jou groep te klein is om dit te vra, maak  dit van jou ‘n meer oortuigde (en dus oortuigende) Christen.

11 responses to “JP Moreland oor “How do we know Christianity is right out of all the religions in the world?”

  1. Is JP Moreland se wysheid beskikbaar in text formaat? Ek wil nie onodig bandwyde mors op so iets tensy dit regtig sleg is en my sal laat lag nie.

  2. En ek is stokdoof.😦

  3. Harry, ek het aan jou gedink toe ek hierdie opgesit het, en dat jy dalk sou belangstel maar dit nie kan hoor nie.

    Ek het nog nie kans gehad om te sien of enige van hierdie Moreland geskrifte oor bogenoemde onderwerp gaan nie http://www.afterall.net/moreland maar dis skakels na sy geskrifte. Hy skryf boeke en debatteer oor die soort onderwerpe hierbo, dus sal party van wat hy skryf waarskynlik daaroor wees.
    Hierdie bespreek ‘n enkele van daardie lesing se sake meer kortliks: http://www.boundless.org/departments/isms/a0000817.html

  4. Dankie Retha! sal gaan loer.

  5. Ek hoop net nie ons gee vir Andrew meer ammunisie nie, he he he.

  6. Die idee dat Jesus nie bestaan het nie is ‘n snaakse argument. Watse bewyse moet daar wees vir ‘n eerste eeuse Galileer, wat in die konteks van die Romeinse ryk ‘n “peasant nobody” was? (Behalwe natuurlik dat daar ‘n hele rits literatuur om sy bestaan en impak op gelowiges ontstaan het – baie swak keuse van onderwerp/persoon as jy dit uit jou duim gesuig het en iemand wou beindruk het in die eerste eeu!!)

  7. Wel wel wel, Mr Moreland glo in duiwelbeswering en demone; ek wonder of hy glasie-glasie speel.

    http://www.scriptoriumdaily.com/2007/10/04/cosmetic-surgery-and-exorcisms/

  8. Harry, vir Andrew ammunisie gee? Dit sal nogal ‘n verandering wees as hy met regte ammunisie skiet.

    Nadenker, dit is soos jy sê vreemd om te wonder of Jesus hoegenaamd bestaan het. Moreland gaan natuurlik baie verder as om net te bewys dat hy bestaan het, hy kyk ook of Jesus wel gedoen en gesê het wat van hom vertel word.

    Andrew, Moreland glo in demone, jy is reg, so what?

  9. So what you ask.

    I rest my case your worship.🙂

  10. Satan maak ‘n groot deel uit van Christendom, Andrew. Hy was dan die engel wat verban was uit die Hemel. Die Christen wat nie aan demone en Satan glo nie is baaaaaie naief!

  11. Hoe weet ek Jesus bestaan?

    In Port Elizabeth moet n mamma n dringende keisersnee kry die baba net vyf maande. Kritiek hoe kan so iets oorleef.

    Die bondeltjie half mens hou die dr in sy hand dit weeg 900grm. n Dogtertjie. Onmiddellik in broeikas en die hele ou onvoltooide liggaampie word vol pypies gesteek om die werk wat in die baarmoeder moes plaasvind te vervang.

    Elke dag het baie familie en vreemde mense gebid dat God hierdie kindjie moet spaar n jong paartjie wat heel moontlik nie weer n baba kan he nie.

    Twee oumas wat gehuil en by die Liewe Vader gepleit het. Hierdie bondeltjie mens gaan oor minder as n week huistoe saam met haar mamma en pappa. Wat n God? Wat n wonderwerk?

    Dit is hoekom ek glo in hierdie God want Hy het die mens geskape na sy beeld. Hy is gekruisig begrawe maar sy graf is leeg. Watter ander god kan n mens vorm, watter ander god kan uit die dood opstaan? Nee vriende Hy leef en Hy is die enigste absolute waarheid, die weg en die Lewe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s