Soldate! Swaarde uit die skedes!

Hierdie is ‘n manier om vir ouer laerskoolkinders (Gr. 4-7) dit opwindend te maak om die Bybel te gebruik, hulle indirek te motiveer om hulle Bybel beter te leer hanteer en hulle Bybels klas toe te bring, en hulle te herinner dat die Bybel die swaard van die Gees is.Wat jy nodig het: 2 Bybels, ‘n vers wat relevant tot jou les is, 2 kinders in jou klas wat gaan kompeteer.

1) Die twee kompeteerders staan rug aan rug, elk met Bybel  in een hand langs die sy.

2) Jy sê: “Soldate! Swaarde uit die skede!” Hulle tel die Bybels op tot voor hulle, gereed om dit oop te maak.

3) Jy sê die teksverwysing, byvoorbeeld: “Johannes drie vers sestien!” Hulle begin die vers opsoek, so vinnig as moontlik.

4) Die eerste een wat die vers kry, draai om na die ander een en begin die vers uitlees. Die een wat die vers uitgelees het, wen die swaardgeveg.

Jy kan hierdie metode maar elke week gebruik – kinders raak nie moeg daarvoor nie en jy het seker elke keer iets in jou les wat hulle uit die Bybel uit kan lees. ‘n Vindingryke kategeet kan dit gebruik om kinders te motiveer om hulle Bybels saam te bring klas toe (díé wie se Bybels onthou is, kry die swaarddril-beurte) en selfs Bybelboeke in volgorde te leer. (“Oor twee weke het ons ‘n swaarddril -kompetisie waaraan al die verse in die Nuwe Testament gaan wees. Hoe meer boeke van die Nuwe Testament jy in volgorde ken, hoe makliker om dit op te soek.” Dan wys jy vir hulle dat dit nie moeilik is om die boeke van die Nuwe Testament agtermekaar te ken nie deur dit self op te sê, terwyl hulle in die inhoudsopgawe volg of jy reg is.)

One response to “Soldate! Swaarde uit die skedes!

  1. Ek is in n baie dooie gemeente in klerksdort waar ons kinder nie veel doen nie Ek het die gr 4 klas en soek maniere om hul te lok om meer gereeld te kom Maar ook om ons hele gemeente se kinders aan te spoor om deel van ons te word
    Kan u my help asb

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s