Is die Afrikaanse Vryedenkers Calviniste?

Die webblad “Hulle“, van die Afrikaanse Vrydenkersbeweging is geskep om te kyk of die godsdiensbeoefening in openbare skole aan die wet voldoen. Op die 2de bladsy kla hulle hoe party skole die wet ignoreer, (hier is my kritiese ontleding van hulle bladsy 2. Sedertdien het hulle bladsy 2 aangepas met verwysings na voetnotas wat elke term verduidelik, en ‘n paar veranderings aan die woorde.)

Hulle kla onder andere oor party skole “voortgaan met die Calvinistiese gebruik van ons ou Christelike Nasionale Onderwys-agenda …” Die eerste betekenis van Calvinisme gaan eintlik oor die mens se onvermoë, volgens Calvyn, om te help met sy eie verlossing en hoe God dan red. Maar die AVB bedoel iets anders. Hulle bedoel met Calvinisme “die verstrengeling van staat en religie.”

Dit ontgaan blykbaar ons Afrikaanse Vrye Denkers dat hulle juis, soos Calvyn, die staat en wette gebruik om seker te maak dat kinders net leer soos dit by hulle idees inpas. En dat hulle teenstanders dit nie doen nie.

9 responses to “Is die Afrikaanse Vryedenkers Calviniste?

  1. Vrye Denker

    Ek wil sommer weer myself distansieer van hierdie mense af.

  2. Ek verstaan jou sentimente heeltemal.

  3. Dit is gevaarlik om Gods diens onderrig in hande van mense te los wat se jeug ligga ons afsterwe belpleid. Ek beskou myself as ‘n geloofs vrye denker, maar dink ons het verby die punt beweeg waar ons sulke verantwoordlikke werk los in die hande van die mense…. moet my nie verkeerd verstaan nie … daar is baie goeie leerkragte in ons skole, maar hulle slaan lankal nie meer die guitar nie.

  4. Slim Jannie

    Daar is geen god , geniet jou lewe. Jesus het eers in 325 god geword.

    Jy het geen sonde ;sonde is net ‘n foefie om mense mee bang te maak

  5. ek kan nie namens Slim Jannie praat nie, maar ek stem half saam dat Jesus eers in omtrent 325 God geword het … ek het die bewyse reeds behandel … al bleik dit Grieks te wees…

    http://bierpens.co.za/bier/?p=2375

  6. Bierpens en slim Jannie: Julle is albei af van die onderwerp af. Maar aangesien ons nou op die onderwerp is, staaf:
    1)Hoe jy weet dat daar geen God is nie, SJ
    2)hoekom julle dink dat Jesus in 325 eers God geword het. (Bierpens en SJ)
    3)Hoe jy weet sonde bestaan nie, SJ.
    Want hierdie dinge is alles gesê asof dit feite is.

  7. vrye denke? is mos wat ek antwoord … en nee ek dink mense pleeg sonde en exodus:20-1 staaf dit, maar Jesus as God het eers so 325 jaar terug begin …

    Ek gee bewyse by begenoemde link … baie …

  8. Die vraag oor sonde was vir Jannie. Jou skakel, Bierpens, sê niks oor Jesus as God of die jaar 325 nie. Dit gebruik boonop Wikipedia- waar enigiemand wat wil kan veranderings maak- as enigste bron.
    Probeer gerus om jou punt te staaf. Jy het nog nie probeer nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s