Adv. Simelane, staaf dit

Uit Beeld:

 Adv. Menzi Simelane, hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), glo sommige wit aanklaers hanteer wit beskuldigdes beter as swart beskuldigdes.

“As jy wit is, jy het dronk (bestuur) en die aanklaer is wit, sal jy moontlik vry daarvan afkom.
“Maar as jy swart is, sal dit nie gebeur nie. Dit is die werklikheid, ons weet dit,” het Simelane eergisteraand tydens ’n debat by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg gesê.

As Adv. Simelane dít op my blog probeer sê het, sou ek hom uitgedaag het om bewyse te bring. Hy sou moes voorsien:

a) die name van minstens 3 wit regters

b) elk van die 3 se aantal wit en swart aangeklaagde dronk bestuurders

c) die persentasie wit bestuurders wat vry daarvan afkom by elk van die 3

d) die persentasie swart bestuurders wat vry daarvan afkom by elk van die 3

 Selfs dan het hy nog nie bewys dat dit reg is om te veralgemeen nie. Ek wens die land het meer skeptici wat bevraagteken wat hulle hoor…

4 responses to “Adv. Simelane, staaf dit

  1. Dit is ons plig om elke leuen wat ons teekom te bevraagteken in so ‘n openbare platform as moontlik. Ons het gesien hoe vinnig hulle die ET-sodomie klag laat vaar het toe ons dit bevraagteken het.

  2. Ek glo nie ons het almal genoeg tyd om almal se aandag op hulle verkeerde anmerkings en veralgemenings te vestig nie. Dit sal ‘n voltydse werk vir ‘n aantal mense wees.

  3. Probeer ten minste.

  4. Nee, demoerin, ons het nie. Maar ons kan mense probeer leer om te dink en bevraagteken- bewyse te soek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s