Lewe in die laboratorium “geskep”- moenie oorreageer nie

Dr. Craig Venter vertel dat hy onlangs lewe in ‘n laboratorium geskep het. Volgens hom:

 “Our cell has been totally derived from four bottles of chemicals” 

Wat is die waarheid oor sy sensasionalistiese verkoopstorie?:

 1) Dr. Venter was ‘n intelligente ontwerper wat die regte goed bymekaar gesit het.

2) Venter se “four bottles of chemicals” is die 4 basisse van DNA – adenine (A), cytosine (C), guanine (G) en thymine (T).*

3) Venter het die bottels chemikalië laat reageer deur ‘n lewende materiaal -gis- te gebruik.

4) Hy het dit toe ingeplant in ‘n bakterie-sel waarvan die kern uitgehaal is.

Lewe (Craig Venter) het dus ‘n nuwe lewende selvorm “gemaak” deur lewe(gis) as meganisme te gebruik, en lewe (‘n bestaande bakterie-sel) as deel van sy nuwe sel. Hy het ‘n ander sel gemaak uit een sel, is dit God speel? Bewys dit dat God nie nodig was vir lewe om te ontstaan nie?

My antwoord op beide vrae sal “nee” wees.En veronderstel dat iemand wel eendag uit ‘n paar bottels chemikalië -nou bedoel ons chemikalië soos koolstof en suurstof, nie die komplekse DNA-basisse nie-, en niks anders nie, ‘n lewende sel sou skep. Sou dit dan ‘n rede wees om te glo dat God nie nodig is nie?

Dit sal nie wees nie. As die maker van daardie lewensvorm God wil speel, moet hy sy eie bottels chemikalië maak – uit niks. Bede van Bedes Library stel dit beter waarom die skep van lewe in ‘n laboratorium nie ‘n argument teen God kan wees nie:

… I expect that under the right conditions, life is going to be a dead cert. Why? Because we know God created this universe precisely so that it should have sentient life in it. So life is built into the very fabric of the cosmos – it is the very thing that the laws of physics were designed to produce. How much more amazing that God’s work makes the utterly improbable, absolutely certain. Philosophically, I think that we Christians do science and indeed love it because it tells us so many wonderful things about God’s great creative work. So, when scientists find out how life started (which I expect them to do) far from being a victory for naturalism, it will be the final nail in the coffin of the preposterous idea that this universe wasn’t specifically put together so we could grow and live in it.

———–

*Engelse name vir die 4 basisse is behou, al is hierdie artikel Afrikaans.

 

One response to “Lewe in die laboratorium “geskep”- moenie oorreageer nie

  1. om hierby aan te sluit: “n jaar of wat gelede was daar ‘n rekenaarprogram ontwerp wat veronderstel was om “spontaan” lewe te genereer binne die perke van die masjien. Die uiterse ironie van die saak is dat die hardeware en programmatuur deur intelligente wesens gebou was…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s