Die Amerikaanse bioloog Craig Venter reken dat hy ‘n sel ontwerp het, volgens hom mensgemaak:
Godsdienstige fundamentalis: Hy ontwerp ‘n sel? Hy speel God, hy hoort in die hel!
Ateïstiese fundamentalis: Hy ontwerp ‘n sel? Daar is geen God, dit bewys dit nou wel!Maar Venter speel en bou en timmer aan lewe
om selle aan te pas en te las, is waarna hy strewe.
Hy verander bestaande selle, mens noem dit genetiese manipulasie.
Gelowig of ongelowig, moenie oorreageer op die situasie.