Met wie assosieer Jesus homself?

 Alleman antwoord gister op een van my onlangse inskrywings:

die man wat die reels in Deuteronomium uitgedink het, moes ‘n besonder wrede psigopaat gewees het – iemand wat daarvan hou om mense (vroue veral) dood te martel.

…Mense wat dink dat Jesus se moraliteit met die van die primitiewe psigopaat van Deuteronomium te versoen is; wat dink dat albei soorte moraliteit in dieselfde godsdiens ‘n plek moet hê, is besig met ‘n weird soort mental gymnastics wat net weereens tot agterlike wreedheid kan lei.

Die stuk word gestoor met etikette (tags) soos “wreedheid” en “vroueregte.” Alleman assosieer Jesus eerder mense soos Che Guevera. (Volgens hom is Jesus die oorspronklike revolusionêr en Che Guevera iemand wat “wreedheid probeer beindig het”.)

Merkwaardig. Aan die een kant het ons die God wat Jesus aarde toe stuur. ‘n God wat, in die gewraakte aangehaalde versies uit Deuteronomium, onder andere vertel dat ‘n man die (lewenslank, as sy so verkies) verpligting het om te sorg vir die vrou wie se maagdelikheid hy neem, met geen ruilverpligting van haar kant af nie. Wat die doodstraf vir verkragting voorskryf en selfs vir die samelewing uitspel dat hulle nie die vrou mag blameer as sy verkrag is nie. Hierdie God word ‘n psigopaat en ‘n vrouehater genoem.

Nie alleen word Hy beledig nie, maar sy volgelinge word beskou as mense wie denke “net weereens tot agterlike wreedheid kan lei.”

Aan die anderkant het ons die massamoordenaar Che Guevera. Che was Fidel Castro se laksman en het die kampe vir slawe-arbeid gelei. Onder Che het die mure van die ou fort in Havana snags weerklink met die fussilades van vuurpeletonne- en hy het dit geniet. Hy en sy vriend Fidel Castro het Kuba ingelei in die onderdrukking en armoede van kommunisme.

Che het gesê:

Hatred is an element of struggle, unbending hatred for the enemy, which pushes a human being beyond his natural limitations, making him into a cold-blooded killing machine. This is what our soldiers must become…”

God die Vader, het gesê:

“…jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Levitikus 19:18).

Alleman veroordeel God en beskou Guevera as ‘n helper van mense.

Om Alleman amper aan te haal: Mense wat dink dat Jesus se moraliteit met die van die primitiewe psigopaat van Kuba (Che Guevera) te versoen is; is besig met ‘n weird soort mental gymnastics wat net weereens tot agterlike wreedheid kan lei. Mense wat dink dat Jesus en die God van die nuwe Testament onversoenbare teenstanders is- in teenstelling met die Bybel self- is besig met nog vreemder mental gymnastics.

7 responses to “Met wie assosieer Jesus homself?

  1. Skokkend hoe siende blind sommige mense kan wees.

  2. Ek kan nie verstaan hoekom jy aanvaar dat Deuteronomium van God is nie. Die idee dat getrouheid in ‘n verhouding goed en nodig is, is universieel: alle volke en godsdienste, asook ateiste weet dit.
    Deuteronomium is merkwaardig bloot oor die voorliefde vir steniging as “oplossing” vir alles wat krap. O ja, Deuteronomium 7 beveel sommer die Israeliete om volksmoord op hul buurvolke te pleeg.

    Wat Che betref, hy was ‘n man met mooi ideale, maar hy het hom in die Koue Oorlog bevind – ‘n vieslike skelm soort oorlog waar albei kante gruwels gepleeg het, en niemand se hande skoon gebly het nie. As jy weet wat die CIA alles gedoen het in Suid-Amerika, sal jy verstaan hoekom hy teen hulle geveg het, en hoekom dit nie eerlik is om Amerikaanse propapganda teen hom klakkeloos en sonder konteks te herhaal nie.

    En as ek sê dat Che deur Jesus geinspireer is, is ek geensins besig om hulle te vergelyk nie.

  3. Wie is jou naaste?

  4. Die Batista bewind in Cuba was een van die ergste diktatorskappe in die geheue van menswees.

  5. 1. Deutronomium is slegs een boek van vele wat die Bybel vorm, dus die hele Bybel moet in geheel gelees word dan sal alleman die groter prent raaksien. maklik om uitreksels te gebruik om ‘n punt te probeer bewys, maar dis dan van alle waarheid ontbloot, jius omdat dit net ‘n gedeelte van die volle waarheid is.
    Die vraag: Met wie assosieer Jesus Homself, is baie duidelik. Met enigeen wat Jesus as sy verlosser aanneem, maar selfs ook met die wat Hom(Jesus) nie ken nie, juis hulle.

  6. Ek kan nie verstaan hoekom jy aanvaar dat Deuteronomium van God is nie.

    Wel, vir een ding het Jesus aanvaar dis van God af. Sien bv. Matteus 5:17-18. Vir ‘n ander kan mens nie Jesus se offer aan die kruis verstaan sonder die wet se beginsel van bloedvergieting as straf vir sonde nie.

    Die idee dat getrouheid in ‘n verhouding goed en nodig is, is universieel

    Talle mense beskou nie getrouheid as nodig in verhoudings nie, en glo niks sal gebeur as hulle oor die draad loer en die kat in die donker knyp nie. En wat het dit met die onderwerp te doen?

    Deuteronomium is merkwaardig bloot oor die voorliefde vir steniging as “oplossing” vir alles wat krap.

    Deut. bied nie steniging as oplossing vir alles aan nie. Maar dis nie die punt nie. Die punt is dat Jesus homself wel met Deut. geassosieer het, tot op die punt dat Hy uitgespel het: Hy wil niks daarin tot niet maak nie, maar dit die volle betekenis daarvan gee. Mens moet dus Jesus in konteks met daardie wette probeer verstaan – of Jesus self verwerp.

    Wat Che betref, ..nie eerlik is om Amerikaanse propapganda teen hom

    Jy beweer dat dit wat hier oor Che gesê is, propaganda is. Gee jou bewyse dat dit propaganda is. Maar onthou: Deur te kruisverwys na iemand wat die teenoorgestelde sê, bewys jy nog nie of dit my bronne of joune is wat met propaganda besig is nie.

  7. DIt help altyd om ‘n paar Kubaanse expats uit te vra oor hul siening jeens meneer Guevara.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s