Vive la difference!

Veronderstel daar is iemand wat jy ken en liefhet. Jy gesels met hom en hy praat met jou. Hy gee vir jou goed en leer jou dinge. Iemand anders dink hy bestaan nie. Wat sal dit kos vir die ander persoon om jou te oortuig jou geliefde bestaan nie? En wat sal dit jou kos om die ander persoon te oortuig jou geliefde bestaan? (Nie dat hy jou liefhet nie, net dat hy bestaan.)

Snaakse vrae Inderdaad. Hier is hoe ek daarop kom. Judith, ‘n self-erkende ateïs, vertel my nou die dag die volgende:

Ek twyfel sterk of ek enige argumente [teen God] gaan noem wat jy nie reeds gehoor, geweeg en te lig bevind het nie. En vir my – likewise. [Bedoelende dat sy nie oortuigbaar is deur die argumente vir geloof nie.]

Judith vertel dit amper asof die twee gedagtes ewe toekop is. Dit is nie. As jy ‘n geliefde het wat met jou kommunikeer en jou dinge gee, wat jou opdragte gee en jou in staat stel om dit uit te voer, sal net seniliteit of kranksinnigheid jou lei om sy bestaan te ontken. En ek het so ‘n Geliefde.

Nou wat bedoel ek as ek vertel God praat met my? Net gou een kort storie uit baie.

Verlede jaar was ek by ‘n kursus. Voor die laaste sessie vertel hulle ons dat donasies vir ‘n sekere saak voor in die vertrek opgeneem sal word. God vertel my toe dat ek R35 moet gee. (Dit vertel Hy as ‘n stem wat in my gedagtes inkom, wat ek weet nie deur my ore kom nie, en wat ek weet nie my eie opinie is nie.)

Ek kyk in my beursie: ‘n R100- en R20 noot, en ‘n R5. Ek vra vir die Here: “So ek moet iemand kleingeld vir my R100 vra aan die einde van hierdie sessie?” Die indruk wat ek toe kry is “Nee, daai R100 is iemand anders s’n.” Dis waar. Ek het daardie noot by my gehad omdat ek vir iets anders moes betaal later daardie dag.
Ek vertel Hom:”As ek vandag R25 gee waar ek R35 moes gee, is ek jammer. Of moet ek leen?”
“Nee,” hoor ek: “Moenie leen nie.”
Niemand het van hierdie gesprek geweet nie. Aan die einde van die sessie, reg voor ek vorentoe sou stap met die donasie, kom iemand en deel vir ons elkeen ‘n R10-noot uit. Haar boodskap? “Daardie wegneemete waartoe almal bygedra het, was goedkoper as wat ek gedink het.”
Iemand het geweet nie net wat klaar in my beursie is nie, maar ook wat sou bykom. En gelowiges soos George Müller se verhale is tienduisende kere meer merkwaardig. Is ek irrasioneel as ek seker is dat Hy wat my opdragte gee, en my gee wat nodig is om dit uit te voer, bestaan? Inteendeel, dit sou gekkigheid wees om Sy bestaan te ontken!

As jy egter vertel dat niks jou van die bestaan van iemand anders se geliefde sal oortuig nie- nie eers as hy direk voor jou verskyn nie- dan is jy doelbewus en uit vrye keuse verblind. Ek hoop nie dis Judith se standpunt nie.

Hopelik bedoel sy bloot dat sy nie verwag om iets te sien wat haar anders sal oortuig nie. Hopelik is sy wel iemand wat haar deur bewyse sal laat lei.

Statistiek wys immers dat heelwat ongelowiges tot ander oortuigings kom: Pew Research, 2008 vertel dat 60% van ateïste later ateïsme verwerp, terwyl net 1,4% van die breë bevolking geloof verwerp vir ateïsme. Dit op sigself laat my glo dat minstens party ongelowiges wel later sal sien wanneer God praat.

8 responses to “Vive la difference!

  1. Mag ek vra, hoe klink God se stem?

    Anyway, ek soos Mother Theresa, “Jesus has a very special love for you. As for me, the silence and the emptiness is so great that I look and do not see, listen and do not hear.”

    Tog chit chat God, die skepper van miljarde galaxies met jou oor kleingeld. Ek echo Tersia.

  2. ‘n Vriendin van my het skade aan haar kar gehad wat R1350 beloop het. Sy wen twee weke gelede, die dag na die voorval R1500 op KFM. Die kleingeld is net mooi 1/10. KOm dit van God af? Ek weet nie. Dit het my wel laat stilstaan vir ‘n oomblik.

  3. haha, nounet die geld in my beursie gecheck.

    1 x R10
    1 x R20
    1 x R1
    5 x 50c
    1 x 20c
    2 x 10c
    3 x 5c

    Close, but no sigar😛

  4. Ek dink dat die Skepping self vir ons wys dat wonderwerke altyd gebeur. Ons het altyd geglo dat die natuur moontlik volkome deterministies is, maar nou weet ons dat alles wat ons kan waarneem ontstaan uit dinge wat totaal indeterministies is. Dit is nou die kwantum meganika ding… wat ek maar net as ‘n leek oor kan lees.

    Wat wel vir my duidelik is dat ek met hierdie wete nie sommer so voorbarig sal wees om enige werking van God in ons lewe as onlogies af te maak nie. As God alles wat bestaan en ervaar kan word tot stand laat kom uit dinge wat totaal onvoorspelbaar is, dan moet ek maar net reg wees om te luister. Dit is om te luister na alles wat Hy is en sê.

    ‘n Laaste gedagte wat my fasineer is die feit dat ons eie bewussyn baie moontlik iets te doen het met hierdie kwantum werklikheid.

  5. Ag genee, Müller. Deepak Chopra is ‘n crackpot.

    Hy het geen idee waarvan hy praat nie. Daar was onlangs ‘n debat met hom saam ‘n ander ‘mystic’ teen Michael Shermer en nog iemand. Hy het heeltyd aangegaan oor hoe quantum mechanics ‘n global consciousness kan skep blah blah. Ongelukkig vir hom was Leonard Mlodinow ook in die gehoor wat vir Chorpa aangevat het oor sy wan begrip van quantum mechanics.
    Chorpa val saam met mystics, astrologers, homeopaths en 9/11 conspiracy theorists.

  6. Hi Wouter,

    Ek wou ‘n “disclaimer” insluit teen die Boeddhistiese gebruik van kwantum meganika. Ek is bewus van Stuart Hamerhoff se oortuigings, maar sy wetenskap laat ‘n mens dink oor die klassieke sekerhede oor wat kan en kan nie gebeur in ons realiteit.

    Daarom moet enige iemand wat daaroor lees nie dink dat kwantum meganika is ‘n Boeddhistiese idee nie, dit is suiwer wetenskap met impak op alles wat ons vandag weet. Dit begin al reeds verklaar aan groot vraagstukke, soos die bewussyn kwessie. Daar is werklik niks in kwantum meganika wat ‘n panteïstiese siening ondersteun nie. Dieselfde logiese belaglikhede wat saam met panteïsme gaan bestaan ook in ‘n kwantum wêreld.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s