Hoe om meer indrukwekkend kommentaar te lewer op blogs en forums.

Judith vertel my gister:

Ek weet nie hoe om die cool italics en bolds en quotes te doen nie so skuus as my teks bietjie moeilik lees.

Ek verstaan jou probleem, Judith. Sulke goed is belangrik. Wat sonder leestekens só lyk:

Die kinders van die Suiderland

het 10 vingers aan elke hand

vyf en twintig vingers en tone

Ai die liewe klein patrone

lyk met leestekens só:

Die kinders van die Suiderland

het 10 vingers, aan elke hand

vyf, en twintig vingers en tone.

Ai, die liewe klein patrone!

En sonder leestekens moet jy liefs niks skryf oor jou vriende se dogter op hoërskool nie…

Vir vetdruk, doen:

<b>JOU WOORDE</b>

Vir onderstreep, doen:

<u>JOU WOORDE</u>

Vir skuinsdruk, doen:

<i>JOU WOORDE</i>

Vir ‘n aanhalingsblok, doen:

<blockquote>JOU WOORDE</blockquote>

 

‘n Skakel is bietjie moeiliker. Doen:

<a href=http://JOU WEBBLAD>WOORDE WAT BESOEKER SIEN</a>

Byvoorbeeld

<a href=https://gelowigenondersoekend.wordpress.com/>Die swakste blog op die Internet</a>

Dan sien die leser:

Die swakste blog op die Internet

Sien? As jy eers weet hoe, kan jy dit nie vergeet nie!

4 responses to “Hoe om meer indrukwekkend kommentaar te lewer op blogs en forums.

  1. Thanks. Dit sal baie beter lyk met die regteI/b> markup. He he he.

    Na ek die kommentaar op my vorige mail gelees het is ek ietwat moedeloos om die Groot Argument aan te pak, maar ek sal kyk hoe dit gaan.

  2. Sien, toe mors ek dit op. Seker ‘n closing bracket erenster vergeet. Jammer daar’s nie ‘n preview nie.

  3. By the way (sien, dis pret) jou rympie is pragtig.

    Ek en jy mag dalk verskil wat geloof aanbetref, maar iets sê vir my ons is veg aan dieselfde kant as dit kom by leestekens.

    Ek is ‘n leesteken-liefhebber. Min dinge gee my soveel plesier as ‘n welgeplaasde kommapunt. Min dinge irriteer my soveel as iemand wat in Engels nie sy apostrophe’s reg gebruik nie. En ek hoop jy besef daai een was ‘n grappie🙂

    Ken jy die boek Eats, shoots and leaves? Gaan kyk bietjie in Exclusive Books. Seker jy sal dit geniet.

  4. darn, daar mors ek dit op alweer

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s