Maak toe, toe daai kinderbybel: Ons is nie almal kinders van God nie!

Jy is ‘n gelowige. Jy is lief vir God se woord. Jy wil dit graag in die hande van oud en jonk sien. Jy glo dat jy Sy kind is, en dan ook op verse soos:

Aan almal wat Hom aangeneem het, die wat in Hom glo, het hy die reg gegee om kinders van God genoem te word. – 1 Joh. 1:12

God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy eniggebore Seun gestuur het, sodat die wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Joh 3:16

En dan lees jy van projekte wat Bybels en kinderbybels versprei. Christelike Lektuurfonds het byvoorbeeld ‘n projek om 1 miljoen eksemplare van Biskop Tutu se “Children of God” kinderbybel te versprei. Dit word geadverteer met pragtige fotos van Tutu omring deur kinders. Jou eerste gedagte is om te wil help, maar dit sal teenproduktief wees.

Want daardie kinderbybel, en Tutu homselwers, vertel ongelukkig ‘n anti-Christelike storie. Die Bybel vertel dat net party mense kinders van God is. Tutu se boodskap, oral en nie net in hierdie kinderbybel nie, is “We are all children of God.” Die Bybel vertel nie dat alle mense God se kinders is nie. Die boodskap “almal is God se kinders” hou mense weg van God af. Mense dink dat hulle nie nodig het om na God te kom nie, want hulle glo hulle is reeds God se kinders.

Die kinderbybel vertel “dat kinders die liefde, omgee en vrede van God moet gaan uitleef – teenoor almal.” Lieflik- en driekwart van die storie. Want Jesus het ook gekom “nie om vrede te bring nie, maar die swaard.” En daai soort “liefde vir ander mense” wat in daardie soort boodskap verkondig word, maak dat kinders dink liefde beteken om die skoolboelie te laat begaan, en dink liefde beteken om nie vir mense van ander gelowe te vertel daar is net een pad na Christus nie.

Die eerste verhaal in “God se kinders” waarvan ek ‘n voorbeeld kan kry, wyk al in sin 3 van die evangelie af: “Jesus het almal liefgehad en vriendelik behandel.”, aldus Tutu. Almal liefgehad? Glo so. Almal vriendelik behandel? Wel, Jesus se uitdrukkings soos “addergeslag” of om sy vriend Petrus “Satan” te noem, of “ellende wag vir jou, Kapernaum” is nie veel vriendeliker as wat Hy was toe hy mense met swepe weggejaag het nie.

En waarom het Jesus nie almal vriendelik behandel nie? Want dis nie liefdevol om iemand wat op die verkeerde pad is te laat dink Hy is op die regte pad nie. Liefde wys waar om die regte pad te vind. En dis presies waarom die “Ons is almal kinders van God” boodskap so gevaarlik liefdeloos is.

Wil jy graag ‘n boek vir kinders borg om hulle van God te leer? Borg liewer Wonderboek. Dit leer kinders  baie meer, is heelwat goedkoper en ook beskikbaar in baie tale.  (Die prente hier onder is so ‘n paar bladsye uit Wonder Book.)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s