Christenskap en gaaf-enskap

“Jesus”, vertel die Sondagskooljuffrou, “was gaaf met almal. Ons moet ook gaaf wees met almal. God het almal baie lief. Ons is almal sy kinders.”

Kobus glo dit. En Kobus word ouer, soos wat maar met alle kinders gebeur. En Kobus hoor dat Jesus dinge gedoen het soos om handelaars uit die tempel te verdryf en mense te vertel dat ellende vir hulle wag. Hy lees Jesus het soms skelwoorde soos “addergeslag” gebruik. Kobus vermoed dat wat hy in die Sondagskool geleer het nie waar is nie.Kobus onthou nog veral twee dinge uit die Sondagskool:

1) God was gaaf en liefdevol met almal.

2) Ons moet gaaf en liefdevol wees met almal.

En Kobus hoor van dinge in die Bybel soos dat God die hele Sodom en Gomorra uitgewis het, en ander Bybelverhale waarin God allesbehalwe gaaf en lieftallig was. Hy glo nog die tweede een- dat hy gaaf en liefdevol moet wees. Nou glo Kobus hy is meer moreel as die Bybel se God. En Kobus verwerp geloof, oor die geloof wat hy kleintyd geleer het nie die ware geloof is nie.

Punt van die verhaal?

1) As jy ‘n ouer is, of op een of ander manier kinders van God leer, moenie vertel dat God altyd goed en gaaf is met almal, of dat ons almal God se kinders is, nie. Want die Bybel beeld Hom nie so uit nie. Vertel oor die algemeen dit wat jy glo, en niks wat jy self weet nie waar is nie.

2) As jy iemand is wat besef dat dit wat jy kleintyd by die kerk geleer het nie die Bybelse waarheid is nie, verwerp gerus wat jy geleer het. Maar moenie aanneem dit wat jy geleer het is Christenskap, en dan Christenskap laer ag nie. Want gaaf-enskap is nie Christenskap nie.

2 responses to “Christenskap en gaaf-enskap

  1. Wel die Bybel leer ons tog dat ons, ons naaste moet liefhe soos onsself en om gaaf te wees teenoor ander mense is tog deel van liefde, dan nie? Ek dink nie dit is moontlik om enige kind vir die res van sy of haar lewe te vrywaar van sulke kwelvrae nie. Elkeen word maar een of ander tyd gekonfronteer met ‘n geloofstryd. Hoe mens daar anderkant uitkom is wat die kinders van God onderskei van die wat verlore gaan.

  2. Ja, gaaf wees is belangrik. Die Sondagskooljuffrou moet net op meer punte konsentreer as net die goed-en-gaaf een. Want dis nie die volle prentjie nie, God was nie altyd goed en gaaf met almal nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s