Watter soort kleuterskool moet ‘n ouer kies?

Huisgenoot vertel ‘n storie wat genoeg is om ouers koue rillings te gee. Dis van ‘n kleuterskool waar die kinders geslaan en vasgebind is:

 

 

 

 

 

 

 

As iemand wat self in my jeug by 3 kleuterskole/ dagsorgsentrums gewerk het, is my opinie as volg. Mens kan basies tussen 3 soorte kleuterskole kies:

a) Kleuterskole waar bytende, afknouende, skreeuende kinders die plek regeer, (in groen onderstreep in die Huisgenoot-artikel) en wat daarom ‘n onveilige en ongelukkige plek vir jou kind sal wees. Dis die plekke waar juffrouens nie dissipline kan handhaaf nie.

b) Kleuterskole wat, om Noreen Ramsden uit die artikel aan te haal, “vaardighede vir alternatiewe dissiplineringstegnieke” bemeester het. (in blou onderstreep in die Huisgenoot-artikel) Waar stout kinders al die aandag opvat – Ramsden erken self dat lyfstraf vinniger en makliker is en ander strawwe meer tyd en aandag vat. Waar dit dus langer duur om stout kinders in te perk, en intussen sit jou kind met hulle chaos en geboelie opgeskeep. Waar die soet kind, van die tyd wat hy by die skool aankom tot hy in die middag huis toe gaan, nie eenkeer oogkontak of een sin se gesprek van juffrou kry nie.

c) Kleuterskole wat die wet oortree en kinders slaan. (in rooi onderstreep in die Huisgenoot-artikel) Dikwels leer hulle ook kinders “moenie vir Ma vertel van die slaan nie” en myns insiens is die boodskap “Moenie ma vertel wat gebeur nie” baie gevaarliker vir kleintjies as enige slae wat ek al ooit by dagsorg waargeneem het.

Jy hou nie van wat jy hier lees nie? Goed, goed, dis nie heeltemal waar nie. Want kleuterskole het gewoonlik meer as een van bogenoemde 3 faktore in ‘n groter of kleiner mate teenwoordig, en ek het nog nie een gesien wat Ramsden se sogenaamde “vaardighede vir alternatiewe dissiplineringstegnieke” bemeester het nie. En dis by almal so dat kinders mekaar seermaak, en dat soet kinders geen aandag kry nie. En daar is ook ‘n ander alternatiewe vorm van dagsorg:

d) ‘n Tuisbly-ma wat haar kleuter by haar hou en die wêreld wys, die kind leer help in die huis, ‘n voorbeeld stel vir die kind van hoe om mense te behandel, hom of haar verrykende geselskap gee op ‘n vlak wat ander vier- of sesjariges nie kan nie. Waar jy self kan dophou dat jou groter kinders nie die kleintjies boelie nie. Waar jou kind nie lelike woorde leer tensy jy hulle self gebruik nie. Waar jy, as jy sou slaan, kan monitor of dit redelik en met liefde gedoen word. Waar jy kan seker maak stoutigheid is nie al wat aandag kry nie.

Ernstig, watter soort ouer los ‘n kind by iemand wat die ouer nie ken nie, sonder dat die ouer eers op ‘n dag ‘n uur lank in die hoek by die dagsorgsentrum sit en waarneem het hoe die onderwyseres kinders behandel?

4 responses to “Watter soort kleuterskool moet ‘n ouer kies?

  1. Toe ek die opskrif lees, dag ek by myself: Geen kleuterskool!🙂

    Maar nou ja, ouers het soms regtig nie ‘n keuse nie. My kinders is tuis versorg deur baie dierbare mense terwyl ek moes werk, maar ek kon nie vrede maak daarmee dat hulle waardes (al was hulle waardes nie noodwendig sleg nie) oorgedra is aan my kinders nie. Die dinge wat ek oor vies geraak het was soms baie subtiel, maar het maar gekom daarvan dat die versorgers die kinders versorg het op die manier wat vir hulle die maklikste was en nie noodwendig op die manier wat vir die kinders die beste was nie.

    Deesdae is ek in die gelukkige posisie om self na hulle te kyk en al maak ek verseker ook foute, weet ek ten alle tye wat gebeur.

  2. My kind is nou amper 1 jaar oud, en ek het uit my eie ‘n dagboekie wat ek vir haar skool toe stuur elke dag sodat juffrou vir my kan inskryf as daar ietsie is…wel…die juffrou skryf net wanneer sy lus voel…dis ‘n groot gesukkel. “sy kry nie tyd nie”…. My kind kan nog nie praat nie, so daarom het ek die boekie…en nou het hulle besluit geen boek meer nie. Ek kry geen terugvoer van die juffrou nie, die klas is vol miere, en my kind kom elke dag by die huis met insekbyte…ek weet nie eers wat dit is nie…en hulle kan ook nie vir my sê wat dit is nie. Sy het elke week ‘n blou kol of ‘n knop op haar koppie. Die klassie het 20 kindertjies van 2 maande oue babas tot kinders wat ouer as 1 jaar. En daar is 1 juffrou (wat nie opgelei is nie) en nog ‘n meisie (wat ook nie opgelei is nie) en 2 swart assistente wat al jare by die skooltjie werk (my kind is mal oor hulle) . En nou het die skoolhoof my aangeraai om eerder ‘n ander skool te soek. Ek weet nie wat my regte is nie, ek weet net ek moes ‘n skool “kontrak” teken waar ek hulle vrywaar van enige verantwoordelikheid as my kind iets oorkom in hulle sorg. Is dit reg so? Is dit volgens wet hoe dit moet werk? Kan iemand my help waar kan ek kleuterskool wette nagaan of wie kan ek kontak? Die babaklassie waar sy in is, het ook dakwaaiers wat op die babatjies waai, my kind sukkel ook met oorprobleme vandat sy daar is. Asseblief, help, ek is desperaat!

  3. Maritsa, ek wens ek kon help… ek’s maar net nog ‘n vrou wat lief is vir kinders en die beste wil sien vir hulle. Het jy al jou kind geskuif? Ek sou as ek jy is. (Ek sou sommer ‘n Internet-bohaai ook opskop, met die plek se naam, en ander ouers waarsku. Maar jy hoef nie.)
    Ek sou dink daar is perke aan die skool se vry wees van verantwoordelikheid, maar ek is geen prokureur nie.
    Sterkte, en ek wil graag hoor jou kind is oukei!

  4. ja wel…en toe gebeur daar nog…so kyk ek in haar kot by die skool…en raai…teo is die hele kot vol klein rooi miertjies……dit is vir my kindermishandeling! om te dink my kind moet in daardie kot slaap waar daardie miere in is…ek het fotos van hoe die goed haar gebyt het! Onaanvaarbaar!! Het ook uitgevind dat die on opgeleide meisie familie van die skoolhoof is. Maar ja, my kind is van vandag af in ‘n nuwe skool..nee wat….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s