Hier is ‘n ekstra vers vir die kinderliedjie “Die wyse man bou sy huis op die rots.” Die ekstra vers is omdat jong kinders baie letterlik dink en die figuurlike boodskap van die liedjie nie noodwendig by ‘n kind insink as hy dit sing nie.
(1) Die wyse man bou sy huis op die rots x3
en die reën het neergeval.
En die reën val neer en die vloed styg op x3
en die huis op die rots bly staan!
(2) Die dwase man bou sy huis op die sand x3
en die reën het neergeval.
En die reën val neer en die vloed styg op x3
en die huis op die sand val plat!
(3) Die wyse mens doen wat God wil hê x3
al wil ander mense nie.
Ander doen verkeerd, luister nie na die Woord x3
maar die mens met die Woord kies reg!
Is op soek na idees vir 7 jariges vir sondagskool opvoering – +-10 minute lank? Enige voorstelle – het al Jesus geboorte gedoen.
dki, Bernie – berns@polka.co.za
Dis vreeslik oulik. Soek Nog nuwe goedjies vir maats in my kleuterskool