Casper de Vries glo nie in vryheid van spraak nie

My naam is Uys de Vos……
Oor die jare het ek enkele van Casper de Vries se vroeëre DVD opnames gesien. Dit was hier en daar so bietjie skurf maar het nogtans as uitstekende vermaak afgegaan. Op Vrydagaand 22 Oktober het ek sy vertoning, “GAAN GROOT” in Swakopmund bygewoon. Dit was in ‘n redelik beknopte tent en ons het doer ver in die hoek gesit. Dit was moeilik om uit te loop, wat ook maar ‘n besturing was, anders het ek nie die hele spektakel deurgewurg nie en het dit my nie genoeg gewalg om ‘n brief vir hom te skryf. Hy het gevloek dat ‘n matroos sou bloos. Noem dit….hy sê dit. Ek was werklik skaam dat mense my daar gesien het.
Die inhoud van my brief aan hom was nogtans hoflik en glad nie beledigend nie. Dit het onder andere die volgende aangespreek:
“Jy is ‘n goeie komediant en hoef nie so verskriklik te vloek om snaaks te wees nie”
“Om die Here se naam ydelik te gebruik breek eerder die humor af as om dit op te bou”
“Die vloekery onder ‘n vrou se rok in (en erger) is swak smaak en totaal onnodig”

Casper se reaksie is hier onder, vetdruk myne, sterretjies myne:

From: “CJ De Vries”
To: Uys de Vos
Sent: Saturday, October 23, 2010 5:13 PM
Subject: Briefie
Jy moet leer om ander mense se sienings te respekteer en as ek wil spot met n groot pot k** waarin jy onwrikbaar glo is dit my reg. Dis jou reg om uit te stap, maar dis NIE jou reg om jou vet Christenvinger onder my neus te druk en rond te swaai nie. Jou briefie is vreeslik 1986 , jy is agter die tyd en onvolwasse. Leer redeneer en wyer dink. Ek skaam my vir julle vrot Christene!

Met ander woorde, Uys moet ander se sienings respekteer, maar Casper mag ander se sienings ‘n pot k** noem. En Casper het die reg om te vertel wat hy wil, selfs van ‘n verhoog af, maar Uys de Vos het nie die reg het om te vertel wat hy wil nie, nie eers in ‘n brief nie. As Uys vertel wat hy wil, is dit “‘n groot vet Christenvinger onder my neus druk.” Aldus Casper.

Waarom gun die soort mens wat anti-geloof is (iemand se geloof as ” ‘n groot pot k**” sien), nie vir ander mense ook vryheid van spraak nie?

3 responses to “Casper de Vries glo nie in vryheid van spraak nie

  1. Ek het die brief in ‘n e-pos ook gekry (glo my, dit was al die hele Suid-Afrika vol).

    In die eerste plek is ek baie teleurgestel in Casper, maar ons los dit daar.

    Tweedens voel ek dat ALMAL ‘n reg tot vry spraak het, en dat jy nie kan sê wat jy wil, wanneer jy wil, en vir wie jy wil sonder om ‘n bietjie “retribution” te verwag nie.

    Die punt van mense soos Casper, is om reaksie uit te lok. Party mense kan dat net nie die verskeidenheid reaksies aanvaar nie! Dit is nogal ‘n jammerte.

  2. Dis soos jy daar sê, Hx. Casper en Uys het albei vryheid van spraak. En hulle albei moet maar die reaksies op die spraak hanteer soos dit kom. Want dit kom van mense wat ook vryheid van spraak het.

  3. Natuurlik sou Casper de Vries gereageer het soos hy het. Niemand hou van negatiewe kritiek nie, maar dis duidelik dat die aanse hom so bietjie in die bek geruk het aangesien sy reaksie nogal heel beskaafd was, al was dit vyandig.

    Daar moet verstaan word dat wat Jan-publiek soek en wat die kommediant kan aanbied, troubaar moet wees met mekaar aangesien dit die kos op die tafel verseker van so akteur. Dis nie noodwendig in sy kultuur om sulke voordrag uit te leef in sy persoonlioke lewe nie, maar noodsaak hom om dit “voor te gee” in die publiek aangesien dit is wat die skares lok… wat veel te se is oor ons ou vrome christin volkie…

    Maar nou ja dit voel vir my duidelik asof die kunstenaars van n volk heelwat te doen het met die integriteit van die volk. Dalk het ek agtergebly, maar ek bly maar ver weg van Afrikaanse kunstenaars, want hulle onderskat die groot meerderheid van ons volkie se smaak vir vermaak. Jammer om te se. Daar is geen oorspronklikheid nie, slegs “common-geit”, wat heelwaarskynlik n Afrikaanse woord sal word in die dialek wat onwikkel het tot nou met ons verbastering van normes en waardes.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s