Moet orgaanhandel dalk wettig wees?

Die Nuus is vol van die storie oor Netcare, wat skuldig bevind is aan onwettige nieroorplantings. Onwettig, oor die niere gekoop is.

Wat mens laat wonder: Moet dit nie dalk gewettig word om organe te skenk, mits dit op die basis van gewillige koper/ gewillige verkoper gebeur nie?

Daar is armes wat sal glo hulle kan heel goed klaarkom sonder een nier, maar met tienduisende rande. Op die oomblik reken regerings hulle weet beter: Mens het ‘n ekstra nier nodiger as wat mens ekstra geld het, aldus wetmakers. Hoekom kan hulle nie self besluit nie?

Maar“, protesteer jy dalk, “het jy dan nog nooit die aaklige stories gehoor van mense wat bedwelm word en wakker word iewers met ‘n sny, hulle organe gesteel, nie?” Ja, en dis verskriklik. Maar die motief om organe te steel sal verklein word as die wettige aanbod verhoog:

Want orgaanhandel, soos enige besigheid, gaan oor vraag en aanbod. Die vraag na niere, iets waarvan mens eintlik net een nodig het, gaan nie drasties verander nie, daar is net soveel nierpasiënte in die wêreld. Op die oomblik is daar nie naastenby genoeg niere om in die behoefte te voorsien nie. Daarom die versoeking om dit te steel, Veronderstel daar is meer gewillige verkopers as wat daar koper (nierpasiënte) is, sou daar minder rede wees om te steel.

Maar“, protesteer jy dalk nog steeds, “dis bitter onregverdig dat die ryk pasiënt kan betaal vir ‘n nier, en die arm pasiënt kan nie!” Wel, dis beter om minstens party pasiënte te red, as om ryk en arm almal te laat omkom.

Die slaggate is meer, maar dalk is daar ‘n manier om dit uit te brei na daardie organe wat eers na jou dood geoes kan word. Dalk iets soos dat mens as ‘n betaalde orgaanskenker registreer, dit met jou familie bespreek, en in jou testament vertel vir wie die orgaangeld sal gaan as jy vir organe sou geld kry? Dis natuurlik moontlik dat só ‘n potensiële orgaanskenker 87 jaar oud kan word, sy hart en lewer en alles klaar opgebruik, en dat sy nasate nie ‘n sent daaruit sal kry nie.

 

4 responses to “Moet orgaanhandel dalk wettig wees?

  1. Ek steun nie orgaanhandel nie. Dit laat ‘n magdom slaggate wat net tot uitbuiting lei. Die oomblik wat geld in die vergelyking kom, word integriteit verloor.

    Hier is nog ‘n tameletjie. As jy jou nier kan skenk, hoekom nie jou hart ook nie? Jy beteken dalk vir jou familie meer dood (as hulle jou hart neem, kan hulle seker maar net so wel die res ook vat) as lewendig. Wie gaan daardie besluit neem oor watter lid van die familie opgeoffer moet word?

    Ons het gister gepraat oor toekomstige oplossings, dit het kunsmatige organe en klonering van organe ingesluit. Goed wat in die toekoms vervolmaak kan word. Op die oomblik moet mense dalk net aangemoedig word om orgaan skenkers te word. Hoe meer skenkers daar is, hoe minder sal die swart mark ‘n voet hê om op te staan.

  2. Ek glo dat elke mens die reg het om self oor sy ligaam en organe te besluit. indien hy glo een nier is goed vir hom, laat hom begaan. Ek glo wel dat daar dan ‘n wet met maatreëls vir die soort dinge ingebring moet word om te voorkom dat enige iemand uitgebyt word.

    Mense wat sterf, kan skenk. Skenkings kan gaan aan mense in geld-nood, en die wat verkoop kan hulle onderwerp aan vasgestelde pryse wat in wette gewysig word.

  3. Die probleem met een nier skenk, is dat jou oorblywende nier eendag kan ingee en wat dan? Nee wat, hierdie is ‘n taai tameletjie, amper soos aborsie. Ek word woedend omdat ek nie die reg gegun wil word om self te besluit of ek myself in ‘n motor wil vasgord of nie, maar ek het die reg om te besluit ek wil ‘n aborsie he. Dis absurd!

  4. Ek het ook al gewonder oor die nier storie, sê nou my eie een wat ek besluit om te hou konk in? Maar disse ander storie daardie.
    Ek glo mens moet jou eie besluit kan neem, maar dit moet baie goed en above the board gereguleer word. As ek bv in terminale pyn lê, wil ek kan besluit of ‘n dokter dalk moet handjie bysit en help om die ondraaglike stop te sit.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s