“Maar talle aaklige dade is al in die naam van God gepleeg!”

Ongelowiges gebruik dikwels bogenoemde as ‘n argument teen geloof in God. Onder die probleme met daardie argument is :

->Ongeloof in God los jou sonder ‘n grond waarop jy iets kan aaklig noem.

->Die aaklighede van ateïste het ‘n veel hoër dodetal: Mao, Stalin, Pol Pot…

->Hulle verwar dikwels Allah met God en noem nare dade in Allah se naam as aaklighede in God se naam.

‘n Ander probleem is wie blameer moet word as daar misdade in iemand se naam gepleeg word.

Byvoorbeeld, veronderstel iemand doen homself as ‘n verteenwoordiger van Bill Gates voor, en koop miljoene se goedere op krediet. Die onderneming glo Bill Gates sal instaan hiervoor. Maar die “verteenwoordiger” werk nie regtig vir Bill Gates nie, en die onderneming kry nie sy geld nie.

As iemand dan bedrog pleeg in die naam van Bill Gates, blameer jy Bill Gates? Blameer jy sy werknemers? Is dit ‘n rede waarom mense nie na Bill moet luister of vir hom moet werk nie?

 Eweneens, as iemand aaklige dade in die naam van God pleeg, kan God nie blameer word tensy jy kan bewys Hy sit daaragter nie. God se volgelinge is ook onskuldig.

—————

Naskrif: Sien dalk ook “No true Christian, no true Scotsman?”

One response to ““Maar talle aaklige dade is al in die naam van God gepleeg!”

  1. Dit spruit maar weereens net uit die feit dat daar altyd na iets/iemand gesoek moet word om te blameer. Niemand wil meer verantwoordelikhid neem vir hul aksies nie, dis ‘n groot mensdom-siekte.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s