Paulus het nie kultuur nie

Raai raai, watter Bybelkarakter het sy kultuur as, uuhhh, “ontlasting” is ‘n mooi woord daarvoor, beskou? Watter Jood het gesê: “As julle dan die besnydenis as so belangrik beskou, gaan ontman julself dan maar heeltemal”? Hier haal ons hom aan. (Eersgenoemde gedeelte uit die King James, want ons Afrikaanse Bybels vertaal nie Paulus se woord letterlik uit Grieks nie):

Php 3:4-8 Have no confidence in the flesh… If any other man thinketh that he hath whereof he might trust in the flesh, I more: Circumcised the eighth day, of the stock of Israel, of the tribe of Benjamin, an Hebrew of the Hebrews; as touching the law, a Pharisee; Concerning zeal, persecuting the church; touching the righteousness which is in the law, blameless. But what things were gain to me, those I counted loss for Christ. I count all things but loss for the excellency of the knowledge of Christ Jesus my Lord: for whom I have suffered the loss of all things, and do count them but dung, that I may win Christ,

Gal 5:11-12 As julle julle laat besny, sal Christus vir julle geen betekenis hê nie. … Ek wens die mense wat dié verwarring (oor die besnydenis) onder julle stig , wou hulleself dan maar heeltemal ontman!

Is ‘n Jood wat sy kultuur ontlasting noem, wat só praat oor besnydenis, ‘n klakkelose herhaler van sy kultuur se idees? Party mense dink so. John Selby Spong beweer byvoorbeeld:

Paul reflected cultural attitudes that no one today considers valid with regard to the institution of slavery, the role and place of women,and the meaning of homosexuality. So quoting Paul to justify slavery makes about as much sense as quoting Paul to justify negativity toward gay and lesbian people.

Ander beweer die teenoorgestelde as Spong. David Hamilton skryf:

Everywhere Paul went things were shaken up. Some rejoiced as their lives were transformed. Others reacted in hatred and fear as Paul threatened their standing. Everywhere he went, churches were planted and riots erupted. Paul was no maintainer of the status quo. He threatened the world’s systems. This was evident in the words of the Thessalonians who cried out: “These men who have turned the world upside down have come here also.”

Het Paulus werklik net gereflekteer wat sy kultuur glo? Of selfs in sekere aspekte sy grootwordkultuur gereflekteer? In sy wêreld was daar groot klasverskille, maar in gemeentes wat hy geplant het, was die volgende waar:

Gal. 3:28 Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: In Christus Jesus is julle almal één. 

Gelykheid het geheers waar Paulus geplant het!

Nadat hy slawe vertel het hoe om hulle eienaars te behandel, vertel hy eienaars: “Behandel julle slawe dieselfde” (Efes 6). Hy vertel ‘n slawe-eienaar, Filemon: “Jou slaaf Onesimus is ‘n broer, nie ‘n slaaf nie.”(Filemon :16) Ter vergelyking, dink aan iemand wat in 40 jaar terug se SA sou aanbeveel: “Behandel jou tuinhulp soos ‘n broer en nie soos ‘n werker nie.” As jy 40 jr. terug sou sê “Behandel jou tuinhulp soos ‘n broer “, sou party mense jou ‘n [kru woord]-boetie genoem het. Niemand sou vertel het dat jy die samelewing se klasstelsel ondersteun nie. Paulus het ook nie sy samelewing se klasstelsel ondersteun nie.

Wat vroue betref, beskryf Paulus talle vroue as sy medewerkers. (Sien bv. Romeine 16) Hy vertel mense – mans ingesluit – om te luister na Phebe, regeerder/ steun, en prediker/ diaken van Kenchreë. (Manlike Bybelvertalers het ongelukkig die woord prostatis – waarvan die werkwoord as regeer in die Bybel vertaal word – vertaal as steun, oor hulle nie wil glo dat ‘n vrou ‘n leiersrol kan hê nie. Hulle vertaal ook die woord wat in Phebe se geval met Engelse  servant vertaal word, soms as Engelse minister as daardie selfde Griekse woord na ‘n man verwys. Hulle het ook die hoogs aangeskrewe apostel – glo duideliker volgens Paulus se woorde as in vertalings – Junia se naam soms as mansnaam vertaal vir dieselfde rede.) Paulus vertel nooit vroue hoort net tuis nie, en nes Jesus behandel hy hulle ook nie asof hulle net tuis hoort nie.

Die enigste plek waar hy van gesag tussen huweliksmaats praat, vertel hy dat mans en vroue gelyke gesag op seksuele gebied het. (1 Kor 7:4 bevat in die oorspronklike Grieks die woord vir gesag.)

Dit was teen sy Joodse kultuur om vroue te leer. Die Talmud sê byvoorbeeld:

It is better to burn the Torah than to teach it to a woman.

Nogtans het Paulus vir albei geslagte van God geleer. Hy het klaarblyklik baie respek gehad vir medewerkers soos Priscilla, ‘n tentmaker wat ook sy ander medewerker Apollos die evangelie verduidelik het.(Hand. 18:26) Hy vra Timoteus om te onthou wat hy by sy ma en ouma geleer het. Paulus se geloof, in teenstelling met die een waaruit hy kom, kan met liefde aan vroue en deur vroue geleer word.

Egalitariërs –diegene wat glo dat mans en vroue werklik gelyk is voor die Here en dat Hy geen gawe of taak net aan een geslag gee nie – is meestal oortuig Paulus was een van hulle, maar word net verkeerd verstaan (en vertaal!). Een egalitariese boek het byvoorbeeld die titel: What Paul Really Said About Women: The Apostle’s Liberating Views on Equality in Marriage, Leadership, and Love (John T. Bristow)

En historici en sosioloë reken ook so. Dr. Alvin J. Schmidt (Under the Influence) vertel:

“Jesus, Paul and the early Church broke the ancient bonds that kept women secluded and silent (as in Athenian society), subservient (as under the Roman law of Patria Potestasand Manus), and silent and segregated in public worship (as in the Jewish culture). The freedom and dignity that the early Christians gave to women is also evident by their having access equal with men to baptism and the Lord’s Supper…Christ’s message of repentance and salvation proclaimed by the Apostles had revolutionary effects on the lives of women. The early Christians not only included women in the life of the Church, but they also gave them a freedom and dignity unknown in the Greco-Roman and Judaic cultures.”

 Waarom dan die (dikwels krasser vertaal as wat dit geskryf is) plekke waar dit lyk of hy vroue en slawe vra om te luister? Dis soortgelyk aan Jesus se “draai die ander wang”, wat niemand vertel om ‘n slaner te wees nie. Buite die gemeentes was daar ‘n baie sterk klas-georiënteerde samelewing, en die Christene was toe ‘n te klein minderheidsgroep om die samelewing op sy kop te keer. Hulle was boonop vervolg, en dit sou hulle tot oneer strek om bekend te staan as rebelle wat die samelewing se klasse wil uitvee. Buitendien vertel Christus nie dat niemand onderdanig of diensknegte moet wees nie, maar dat almal moet dien! (Bv. Mar. 10:42-44) Daarom het Paulus gevra dat diegene uit die lae klasse maar onderworpe leef(hulle het in elk geval nie die geleenthede, geld of regte om anders te doen nie) aan die wat volgens die klasstelsel bo hulle is, maar hy vra die bevoorregtes nie om te heers nie, maar om diegene onder hulle op te hef. Ek vermoed dit het gehandel daaroor dat ‘n slaaf of vrou in daardie kultuur dalk kon skuldig voel dat sy of haar verpligtinge min geleentheid los om iets vir die Here te doen. Hy vertel hulle dan dat hulle sonder gewetensbesware kan doen wat hulle noodgedwonge moet.

Baie mense haal sy woorde aan slawe of vroue buite die revolusionêre “wees uit eerbied vir Christus almal aan mekaar onderdanig (Efes 5:21)” en “behandel jou slaaf dieselfde as wat ek die slaaf vra om jou te behandel” konteks. Sy woorde was bedoel om die wêreld om te keer, nie om die status quo te beskerm nie. Dalk is dit waarom diegene met status nie so geneig was om daar aan te sluit nie.(1Kor 1:26)

Gays? Oor daai saak het Paulus twee kulture geken. In Romeinse kultuur was homoseksuele dade, ook tussen mans en seuns, algemeen beoefen, en die kultuur het (om die saak eerder te onder- as oorbeklemtoon) niks daarteen gehad nie. Joodse kultuur was sterk teen manlike homoseksuele dade (weereens ‘n onderbeklemtoning), insluitend tussen volwasse mans. Geeneen van die 2 kulture het hulle oor vroulike homoseksuele dade uitgespreek, sovêr ek kon vasstel, nie.

Ek weet nog steeds nie of ons die Bybel oral reg vertaal oor die saak, of Paulus teen alle homoseksuele dade, of net sommiges, was nie. Maar as wêreldburger wat twee wyd uiteenlopende standpunte oor manlike homoseksuele dade geken het, het hy nie klakkeloos die enigste idee herhaal wat hy mee geindoktrineer is nie, hy moes self standpunt inneem. Dat hy gedink het hieroor word ook gewys deurdat hy lesbiese dade (Alle lesbiese dade, of net somiges? Moenie my vra nie) aanspreek in dieselfde gedagte as manlike homoseksuele dade(Rom 1:26-27), terwyl nie een van sy twee kulture hulself teen lesbiese dade uitgespreek het nie. (Is dit dalk ook ‘n bewys dat hy vroue en mans as gelykes in dieselfde lig beskou het?)

My inskrywing het begin met die woorde “Paulus het nie kultuur nie.” Maar dis ‘n lieg. Paulus het kultuur gehad. Hy was ‘n Jood vir Jode, om Jode te red. Hy het die kultuur aangeneem van een sonder die wet, om hulle daarsonder te red. (1 Kor. 9:20-21) Maar sy kulture was vir hom op die ou end “ontlasting.” Op die ou end wou hy net een kultuur ken: Christus se vrymakende, gelykmakende kultuur.

2 responses to “Paulus het nie kultuur nie

  1. hallo retha, ek gaan gereeld hier kom inloer. jy’t lank gelede by my koement… ons basis – JESUS CHRISTUS – is dieselfde! die bietjie wat ek gelees het, like ek.

    ek kan soms “duiwels” (kan ons nie ‘n beter woord kry nie :-)) advokaat speel….maar soek altyd my finale leiding uit die Woord!
    http://ekkedink.wordpress.com/

  2. Dankie. En sê maar wanneer jy nie saamstem nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s