Publieke afkondiging: Dis tyd om my houding oor ateïste te verander

Publieke afkondiging: Dis tyd om my houding oor ateïste te verander

Ek het ongelowige deelnemers op hierdie blog soms baie kortaf behandel. My (gewese) filosofie daaroor kan op die Sat, Okt 08 2011 om 02:45 am kommenteer op Bill O’Reilly Takes on Atheist Richard Dawkins and His New Children’s Book gelees word. Die mense daar het my oortuig om my gesindheid te verander.

Hier was ook, ek bely, ‘n kommentaar beleid-reël wat gesê het: “Verwag om behandel te word soos jy ander deelnemers hier behandel.” Daardie reël is nou weg.

Christus sê: Behandel ander mense soos jy graag behandel wil word. Nie “behandel ander mense soos hulle jou behandel” nie.

Kyk,hierdie blog gaan nog steeds nie duidelike (duidelik vir my) nonsens waarheid noem nie. Enige ateïs wat hier ‘n draad van onderwerp af wil stuur met, byvoorbeeld, “daar is geen bewyse vir God se bestaan nie”, gaan nog steeds weinig meer antwoord kry as ‘n skakel met verskeie soorte bewyse.

Omdat God die hoogmoediges teëstaan en nederiges genade gee, moet ek dalk leer om self meer nederig te wees. Eerder as wat ek probeer om hoogmoedige ons-ongelowiges-is –slimmer-as-julle-wensdenkers-ateïste se borrel te bars.

Ek wil leer om mense volgens die gesindheid van Christus te behandel. En ek moet meer geduld hê.  Niks gaan uitvee word wat op hierdie blog staan nie, naas die een verandering onder blog-reëls. Selfs hy gaan nog op daardie bladsy staan, maar gemerk as ‘n eks-opinie. Mense kan maar sien watter bliksem ek was. Maar party dinge wat ek gesê het, sal dalk anders stel in die toekoms.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s