JOY reageer, JUIG nie

Die nuwe JUIG en JOY is op die rakke. JUIG noem glad nie dat party gelowiges verskil van hulle “geslagshiëragie in die huis” artikel se idees nie. Trouens, die naaste wat hulle al daaraan gekom het, is hier:

T.s.v. die groeiende verwarring oor die geslags­rolle, is die Woord van God baie duidelik oor die definitiewe rolle van die man en vrou in die huwelik en die gesin. Die verwarring oor hul rolle in die gemeenskap spruit uit sonde en die blatante minagting van die riglyne in Sy Woord. – Errol Naidoo, “Geslagshiëragie in die huis”, JUIG

Of te wel, almal wat nie met hulle saamstem oor mans en vroue se rolle nie, is sondaars wat die Woord blatant minag. As sulks is dit seker nie vir hulle belangrik om teenstrydige menings te publiseer nie: Gelowiges soos ek wat nie saamstem nie, is nie – aldus hulle – opregte gelowiges wat die Bybel anders verstaan nie, maar sondaars wat die Woord minag. Iemand soos Loren Cunningham kan dalk ‘n yslike sendingorganisasie begin het en nog lei, maar sy indrukke oor hierdie saak spruit uit sonde en minagting van die Woord. NT Wright kan ‘n gerespekteerde Nuwe Testamentikus wees, maar sy idee teen geslagsrolle wys dat hy die Woord blatant minag. God’s Word to Women moet hulself liewer herdoop na “God’s Word negated for Women.”

Die kort brief wat hierdie Woord-minagtende sondaar, die uwe, hulle gestuur het, met ‘n verduideliking van kephale en ‘n skakel hierna, verskyn glad nie.

JOY publiseer my brief en nog 2 oor die onderwerp – meer daaroor hier, in Engels.

Asseblief, medegelowiges: Help om die boodskap uit te kry: Alle gelowiges dink nie eenders oor die saak nie. En sogenaamde geslagsrolle in die Bybel is maar vaag, en gewoonlik gegrond op tekste buite konteks aanhaal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s