Monthly Archives: Junie 2012

Vir lesers wat kopkrap oor my sentimente oor die geslagte

Party mense wat op hierdie blog kommentaar lewer, reken klaarblyklik dat ek en my soort iets teen onderdanigheid het. Verstaan asseblief,  ons is nie teen onderdanigheid nie. Ons reken onderdanigheid- samewerking, ingee vir die ander een se behoeftes, lojaliteit – is wonderlik, en mans en vroue word geroep daartoe. Miskien kan jy hierdie inskrywing lees:

Marriage is for losers. (Nee, dit beteken nie wat jy dink nie!)

Maar, vertel jy my dalk, dis nie die manier wat gelowiges die Bybel lees oor hierdie saak nie. Kan julle nie maar net aanvaar wat die Bybel sê nie? Die antwoord is: “Ons aanvaar wat die Bybel sê, nes gelowige dopers en verbondsdopers albei glo wat die Bybel sê. Ons verstaan dit net bietjie verskillend.”

As jy ‘n beter skrywer as ek (Rachel is ‘n gepubliseerde skrywer, ek is maar net nog ‘n blogger) se verdediging van die saak wil lees, en sien hoe groot getalle gelowiges saamstem, hier is haar inskrywings oor mutuality. Mens kan dit seker in Afrikaans wedersydsheid noem, maar dis ‘n lomp woord.

Hier is Rachel se indeks (Baie van die honderde kommentare op elke inskrywing wys dat dit nie ‘n skaars manier is om die Bybel te verstaan nie.)

En hier is die indeks van gesinchroniseerde inskrywings op ander blogs (omtrent 200 van hulle) in samewerking met Rachel s’n.

Ek het vrede met mense wat die Bybel se getuienis van alkante bestudeer en dan eerlik tot gevolgtrekkings anders as myne kom. Maar meeste mense wat in manlike leierskap in die kerk en huwelik glo het myns insiens nie die saak eerlik oordink nie. Dit geld nog baie meer vir die wat in geslagsrolle glo.

Wat is die verskil tussen manlike leierskap in die kerk en huwelik, en geslagsrolle, vra jy dalk? Laasgenoemde raak almal, ook die mans en vroue wat nie wil  preek nie en enkellopendes.

Advertisements

Wat “die man moet die geestelike leier wees” aan my gedoen het

Kan jy so bietjie in ‘n tydmasjien klim en vir my storie na die nabye verlede teruggaan?

Probeer jou indink aan ‘n introverse boekwurm wat eerder ‘n “late bloomer” as voor op die wa was en op 15 nog nie ge-“bloom” het nie. Dis min of meer Retha Faurie teen die tyd wat sy 15 was. As sodanig Lees voort

Opstaan in die kerk – die vervolg

‘n Ouderling gee my vandag by die kerk hierdie briefie. Iemand wat anoniem wil bly het hom gevra om dit vir my te gee.

Dankie, Anonieme Vriendin!