Ons maak ‘n beskawing dood? Die ding wat my aan dieselfde kant as (openlike, losbandige) gays sit

Pastoor Errol Naidoo, ‘n skrywer by JOY magazine (verwant aan JUIG tydskrif in Afrikaans), het ‘n paar dae terug gays, feministe, en aborsie blameer vir die verskriklike gebeure by die Marikana myn. In ‘n nuusbrief skryf hy:

There has been much hand wringing and recrimination about the Marikana Massacre. But when human life is diminished in the womb, that callousness will find its way into the national psyche.

It is a tragedy that the Church of Christ has not developed a sustainable and coherent strategy to expose the grisly consequences of the culture of death – advanced by pro-death activists.

I have written a feature article about the Demographic Winter in the latest issue of Joy magazine. The culture of death is slowly killing off the human family in Western civilization.

Abortion-on-demand – driven by radical feminist activists – and the homosexual agenda, lie at the heart of the culture of death. These anti-family groups are responsible for population decline.

In die tydskrifartikel waarna hy verwys skryf hy onder meer:

Because homosexuals cannot procreate, every same-sex relationship represents the death of a small civilization.

Om nie voort te plant nie vir hom baie sleg. Die feit dat mense in Westerse lande minder eerder as meer word, is volgens hom ‘n teken van God se vervloeking:

A consequence of the curse of disobeying God’s commands is population decline.

Naidoo haal ook daarvoor ‘n versie uit die Ou Testament aan oor Israel, toe God se volk nog ‘n fisiese volk was wat deur geboorte aangegroei het. Die Bybelteks vertel dat as Israel nie Deuteronomium se wette hou nie, sal hulle verminder.

(Elders in die artikel maak hy bewerings oor feminisme. Ek het al met hom gekorrespondeer oor hoe hy die woord feminis gebruik, toe erken hy dat hy nie eers die woordeboekdefinisie van die woord feminis bedoel nie. En toe maak hy soortgelyke bewerings oor feminisme in daardie e-pos aan my as wat hy ook nou weer maak in die JOY artikel waarheen ek skakel. Ek skryf toe terug en vra hom vir stawing van sy bewerings oor feministe. Hy het nie geantwoord nie. Ten minste gebruik hy hierdie keer die uitdrukking “radikale feministe” 4 uit die 5 keer, en maak net eenkeer wilde bewerings oor mense wat in gelyke politieke, ekonomiese en maatskaplike regte vir vroue glo, beter bekend as “feministe” sonder die kwalifiseerder “radikale” vooraan.)

Maar sy stelling oor gays wat “die dood van ‘n klein beskawing” is oor hulle nie voortplant nie, is my deksel. Ek voel heeltemal gays se pyn as hulle sulke belaglikhede lees, want hier is ons in dieselfde bootjie – ek is ook kinderloos (ek sou graag ‘n man en kinders wou hê, maar ek het nie), ek is ook volgens daardie standaard “die dood van ‘n klein beskawing.” In hierdie opsig is ek presies dieselfde as die gay wat ‘n sogenaamde “gay lifestyle” leef, én net soos die gay wat die moeilike  pad van selibaatheid kies. Sendelinge soos Corrie Ten Boom en die apostel Paulus is ook soos ons “the death of a small civilization.”

Voel die pastoor dat gays en lesbiërs “die gewone ding” moet probeer doen, met ‘n byna 100% kans dat die verhouding nie gaan uitwerk nie? Want as hulle biologiese kinders het (wat uiteraard nie in ‘n huis met twee gelukkig getroude biologiese ouers grootword nie), is hulle uiteraard nie die dood van ‘n klein beskawing nie.

Maar dan, Jesus homself is in dieselfde bootjie as ons. Hy het ook nie biologies vermeerder nie, en is dus ook seker volgens die pastoor die dood van ‘n klein beskawing?

Gelowiges, beoordeel die woorde van mense wat vertel hulle praat namens die Here. Ek dink nie God beskuldig gays vir Marikana of diegene wat nie biologies voortplant vir die dood van die samelewing nie. En moenie self vals getuienis pleeg nie. Ook nie as jy bloot herhaal wat ‘n medegelowige vertel het nie.

————————————-

Naskrif: Naidoo se idees oor voortplanting in die Demographic Winter artikel herinner aan die idees van die Amerikaanse Quiverfull movement. Hier beskryf ‘n Quiverfull-aanhanger die punt van die beweging: Om kulturele Christene te teël sodat hulle vir die regte beleid kan stem. Naidoo is ook, soos hulle, ‘n voorstander van die beïnvloeding van politieke beleid: Sy organisasie word die Family Policy Institute genoem.

4 responses to “Ons maak ‘n beskawing dood? Die ding wat my aan dieselfde kant as (openlike, losbandige) gays sit

  1. Anthem govender

    Hi there
    Not to get technical, the body of Christ is a family unit, and the family is relationship that is interwoven, a fabric that can not be broken or distorted or change from the exact foundation established by God. Christ came so that be may be reconciled to God the Father if we so desire. And Jesus Christ is that foundation the church is built on. It is a unit where God is the head and Christ Jesus our High Priest

    I am glad that you pointed it out, that the church is built on Jesus Christ. May we as a body / church / family representing the living God here on earth display, demonstrate, active and live out the life.

  2. Hy het beslis die kat aan die gat beet om gays, aborsie ens te blameer wat hier by Marikana gebeur het. Blameer die regering (NIE die polisiemag NIE).

  3. Jagter, ek kan ‘n konneksie tussen aborsie en ‘n kultuur wat nie lewe respekteer nie insien. Die argument werk so min of meer so:
    Aborsie is om onslae te raak van lewe waar daardie lewe ongerieflik is. As die bevolking eers so oor lewe voel, sal die uitleef van daardie houding nie by ongeborenes bly nie. Marikana is ‘n voorbeeld van wat gebeur waar daar nie respek vir lewe is nie.
    Dis ‘n soort slippery slope argument, maar dis so tog samehangend. Ek dink die slippery slope in verband met respek vir lewe bestaan by sommiges, hoewel mens nie kan weet mense se aborsie-houding het ‘n invloed gehad in hulle houdings by Marikana nie.
    Maar van sy ander konneksies is eenvoudig laster. Hy vergeet dalk die gebod van “jy mag nie vals getuienis pleeg nie.”

  4. Aha ….. ek verstaan wat jy sê.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s