Jy is nie basies sleg nie!

Het jou dominee of pastoor of wie ook al jou al vertel dat die mens basies sleg is? Dat dit ‘n “New Age idee” (of watter soort vals idee ook al) is om te vertel die mens is basies goed?

Miskien is jy selfs moeg vir die kerk oor daardie idee – as die kerk vertel jy is basies sleg, dan soek jy dalk elders jou innerlike waarde.

Nou wil ek jou vra: Sal jy asseblief na hierdie een verhaal oor God luister? Toemaar, hierdie verhaal noem jou nie basies sleg nie. Inteendeel.

As jy al genoeg Bybel gehoor het om te hoor jy is basies sleg, sal jy die antwoord op hierdie vraag ken: Na die eerste, tweede derde, vierde en vyfde skeppingsdag het God gesien sy maaksel is goed. Nadat God die mens gemaak het, wat het hy gesien van sy maaksel? Soos jy weet, het hy gesien dit is baie goed. (Gen. 1:31)

Is jy – God se maaksel – basies goed of basies sleg geskape? Jy ken die antwoord – dis in Genesis 1.

Later beskadig hierdie baie goeie ding wat God gemaak het – die mens doen sonde. Is jy nou basies sleg? Noem die Bybel die mens meer nadelig as voordelig vir die heelal, iets wat basies sleg is en wat God moet uitwis? Noem dit jou waardeloos? Of noem dit jou sonde sleg, terwyl God jou as mens lief het en kosbaar ag? Jy ken die antwoord.

Jesus se aksies vertel nie dat jy ‘n fundamenteel ‘n slegte, waardelose ding is wat geïgnoreer of vernietig moet word nie. Jesus sien jou as ‘n basies waardevolle ding waarvoor Hy ‘n baie hoë prys – homself – sal betaal.

Ja, jy is ‘n stukkend-van-sonde “ding” wat nie jouself kan heelmaak nie. Maar jy is waardevol. God het jou goed gemaak. Jesus dink jy is “to die for.” Jammer, om jou met ‘n voorwerp te vergelyk, maar ‘n stukkende Ferrari wat nie nou loop nie en R70 000 gaan kos om perfek reg te maak is nie ‘n basies ‘n slegte ding nie. Dis ‘n waardevolle ding wat die moeite werd is om heel te maak.

Jy is die moeite werd om heel te maak – teen die prys van Jesus se lewe. Jy was basies goed, of selfs baie goed, gemaak – en Jesus kan jou weer daar uitbring. Die vraag is of jy Jesus gaan vra om jou te herstel. En as jy hom dit gevra het, is my vraag: Gaan jy glo jy is basies goed gemaak, maar met ‘n stryd teen die slegte, ‘n stryd wat lewenslank sal aanhou? Of gaan jy kerkmense bly glo wat jou basies sleg wil noem?

Of hierdie is hoe ek God se boodskap verstaan.

2 responses to “Jy is nie basies sleg nie!

  1. Sho Retha, baie baie goed geskryf en gestel. Ek glo dit is presies hoekom mense nie meer belangstel in kerk of ‘n dooie godsdiens nie. Niemand hoef te hoor, hoe sleg hul is nie, hul gewete is reeds daar om dit vir hul die heeltyd oor te herriner. Ek gaan sommer nog net een ding bylas, en dis GOEIE NUUS. Selfs Jesus het daai stryd teen die slegte namens ons gewen!!! Die kerk het weer nodig om die goeie nuus te versprei, en so sal mense se geloof groei oor hulle ‘goeie natuur’ in Jesus
    Joh 19:30 En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.

  2. Dankie, Loli. Die kerk moet regtig weer dink oor hoe Jesus goeie nuus is.

    Terloops, ek lees gister nog iets oor “dit is volbring. Die woorde wat in die taal waarin dit aanvanklik geskryf is daar staan, is ook gevind op sakedokumente wat nog oorbly uit die era, waar dit letterlik beteken het: Paid in full.

    Dis volbring. Die skuld is betaal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s