Nou die dag het ek moeg gevoel. Te moeg om regtig die Bybel te bestudeer. Toe teken ek hoe ek voel, skryf wat ek in die Bybel wil onthou, en teken ietsie om my te herinner aan die waarheid.
Die prentjies is niks om mee te spog nie. Ek wys dit om ‘n voorstel te maak: As jy visueel ingestel is, kan hierdie manier van doen jou dalk soms in jou stiltetyd help.
Advertisements