Waarom ek van gemeente verander, deel 1: Agtergrond

Ek is nie ‘n skinderbek nie, dis hoekom ek dit wat ek nou blog hier oorvertel.

Hoe nou? Is blog nie skinder by die hele planeet nie? Nee. Dis nie agter enigiemand se rug nie. En dit beteken dat iemand na my (blog) toe moet kom om my mening te kry, my opinie word nie weggegee oral waar ek gaan nie.  Bowendien is hier nie eers ‘n naam in nie. Niemand hoef in die toekoms ds. [naam en van] by ‘n soekenjin in te tik en op hierdie siening af te kom nie. As stories oor vreemde mense jou verveel, jy hoef nie hier te lees nie. As jy in my gemeente is en vere voel vir my opinie, hoef jy dit ook nie te lees nie. Maar ek skryf dit neer, want die predikant mag nie almal wat die gemeente verlaat teenstanders van vernuwing noem nie. As daar een ding is wat die gemeente oor my moet weet, is dit hierdie een: Ek gaan nie weg oor ek vernuwing teenstaan nie.

—————-

Toe ons nuwe predikant by ons aangekom het, was ek baie positief oor hom. Hy het gepreek daaroor dat elke lidmaat se gawes volkome gebruik kan word, en dat mens nie mense op uiterlike dinge moet kies nie. Dat die hooggeplaastes nie noodwendig die mense is wat op die kerkraad hoort nie, dat daar moontlik selfs ‘n tiener in die gemeente kan wees wat daar hoort, ens. Dit het so goed geklink: ‘n Gemeente waar die gawes wat die Here jou gee gebruik kan word, waar jou visie tel. ‘n Gemeente waar die kerkraad regtig nie gekies word oor die mense ‘n uiterlik respektabele posisie in die samelewing beklee nie, maar oor die innerlike raakgesien word.

Ek het die veranderinge ondersteun wat hy aanbeveel het. Ja, klein dingetjies het gepla. Soos dat hy eentyd ‘n godsdienstige film by die kerk wou wys, en ek bedenkinge gehad het of die boodskap wel positief was. Ek wou by hom uitkom om die saak te bespreek, hy wou net nie ‘n afspraak maak nie. Ek wou die kans hê om ten minste by die film te vertel, in enkele sinne: “Let daarop dat boodskap X, tussen die positiewe boodskappe in die film, gevaarlik is, en wees dus versigtig vir die ondertekenbare resolusie wat saam met die film kom.” Hy vertel my ek mag niks sê nie, en “Focus on the Family hou van die film.” Of te wel, dat die kennis wat ek oor hierdie saak het is nie ‘n gawe wat die gemeente nodig het nie.

Maar mens kan mos sulke klein dingetjies oorsien. Vroeër of later sal enige mens behandel word op ‘n manier wat sy/ haar opinie nie waardeer word nie. Dis net bitter jammer as mense onnodig ‘n vals boodskap tussen die goeies in  die fliek kry.

Die tweede keer wat ek met hom wou praat, was na ek in die kerk opgestaan het, en hy gedreig het dat hy die ouderlinge sal kry om my uit te dra. Weke later bel die destydse hoofouderling, Oom D, my: “Het Dominee al met my kom praat?” “Nee, Oom, hy het nie.”

Toe die dominee wel met my kom praat, wys hy dat hy nog nie regtig oor die saak gedink het nie, maar baie gewillig is om sy idees vir almal te leer. finger pointing(Bv.: Hy vertel my dat Paulus slawerny in Efesiërs goedgekeur het oor Jode eintlik baie gaaf was teenoor slawe, met Ou Testamentiese reëls wat slawerny in toom hou. Maar hoe Jode teenoor slawe voel is nie die antwoord nie, want Efese is nie ‘n Hebreeuse gemeente nie. Paulus skryf dan ook in Grieks aan hulle. Die dominee vertel dat God in Gen. 3:16 die opdrag gegee het dat mans moet heers en dat dit ‘n goeie ding vir vroue sal wees. Maar Genesis 3 se vloek noem nie ‘n reeks goeie dinge nie. En lees hier waarom dit beslis nie ‘n opdrag is nie.) Maar hy het nie sleg bedoel in sy preek nie, vertel ek op onder meer hierdie einste blog.

Later het hy my genooi om saam voor te sit by nagmaal. Hy wil vir die gemeente wys ek is nie meer kwaad vir hom, soos die dag toe ek opgestaan het nie. Dis waar- ek was nie kwaad nie. Daardie dag het 4 mense voor in die kerk gesit saam met hom. Ek gaan fiktiewe name vir die ander drie gebruik.

Die dominee vertel toe: “Ek het Jana en Martiens Pretorius genooi om hier te sit oor hulle pragtige kinders van die Here is, wat so mooi [hierdie werk vir die kerk doen]. Martiens hou baie van Wimpy-koffies, as julle graag vir Jana en Martiens wil bederf. Ek het Annetjie Claassen genooi oor sy op die agtergrond so baie vir die Here doen deur [wat sy vir kerk doen]. Sy is ‘n pragtige kind van die Here. Bederf haar, dra haar op die hande. En ek het vir Retha genooi om te wys sy is nie meer kwaad vir my nie.” Hy het 4 mense tafel toe genooi. Van 3 het hy vertel wat hulle vir die kerk doen, dat hulle pragtige kinders van God is, dat hulle op die hande gedra moet word. Daarna verskyn die 4de een, van wie hy dit nie vertel nie. Maar ek het hom verdedig: Geen aardse mens  skuld my komplimente vir wat ek vir die Here doen nie, en ek glo nie die kontras tussen hoe hy my en die ander behandel het was moedswillig nie.

Hierdie stukkie was net ter agtergrond.

>>Deel 2

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s