Waarom ek van gemeente verander, deel 4: Slot

Aan die einde van deel 3 was ons nog in die byeenkoms waar die dominee sy saak gestel het. Ons is nog daar. Tot dusvêr was al die varke in sy verhaal aktiewe lidmate wat onlangs weg is uit die gemeente, maar toe kom die predikant uiteindelik uit by iets wat so vêrlangs familie is van ‘n verskoning: Hy vertel niemand het nog vir hom gesê van iets wat hy verkeerd doen nie, maar as hy verkeerd gedoen het, dan is hy jammer daaroor.

Daarmee verskil ek hewig: Mense het hom van dinge vertel – onder andere in die vergadering waar Oom D en die ander gepraat het – wat hy na bewering verkeerd doen. As ek byvoorbeeld reken dat sy preek aanmoediging kan wees vir vroueslaners, dan reken ek hy het iets verkeerd (soos in onverstandig) gedoen. As hy vertel niemand het hom van iets wat hy verkeerd gedoen het vertel nie, dan is sy geheue maar bitter kort en ignoreer hy inderdaad wat lidmate sê.

Hands-over-ears-3Mense wat ‘n probleem het, kan hom kom sien daaroor, nooi hy. My belewenis, in deel 1 van hierdie storie, is dat hy mens nie wil sien nie en ook nie luister as hy mens wel sien nie. Sy woorde dat niemand hom nog van ‘n probleem met sy optrede vertel het nie, bevestig dit. Dus wys ek maar daardie uitnodiging van die hand.

Die goeie nuus, vertel hy, is met die lidmate wat weg is, kan die gemeente voortgaan sonder “remskoene” (sy woordkeuse) wat vooruitgang verhinder.

Dit gaan nie oor my nie, dit gaan oor Jesus!”, sluit onse dominee af. Could have fooled me.

Ek stap daar uit en voel: Hier kan ek nie meer bly nie. Hierdie is nie ‘n liggaam waar almal tel nie, maar ‘n plek wat om ‘n predikant draai. En ek glo hierdie was ‘n geroepe man byna veertig jaar terug, maar ek glo ook dat hy weer mooi moet hoor waartoe die Here hom geroep het – en waar hy daarvan afwyk. Een plek waar God waarskynlik met hom sal moet werk, is om hom weer ‘n praktiese – in teenstelling met net teoretiese – waardering te laat kry van die gewone lidmate, hulle gawes en insig.

Ek soek ‘n plek waar die dominee of pastoor of reverend of priester ook maar bereid is om ‘n gewone aartappel soos al die ander te wees. Natuurlik moet sy gawes en kennis gebruik word, maar almal s’n moet.

In die tyd van daardie “word eers ‘n bietjie groter” Simba advertensie, was daar ‘n grappie: Toe koning Simba die derde keer sê: “Word eers bietjie groter, wat het die ek-wil-‘n-Simba-chippie-wees aartappeltjie geantwoord?

Hy het vertel: “Flip jou! Ek gaan Willards toe!”

Alles van die beste, dominee. Ek bid jou en die hele __________ gemeente in Welkom alles van die mooiste toe. Mag julle van krag tot krag gaan. Maar onthou dat ons wat gaan nie remskoene was om vernuwing te vertraag nie: Ons is deel van Christus se liggaam. Lede van die liggaam het gely. Hulle is doodgepraat. Die oog het vir die hand gesê: “Ek het jou en jou insette nie nodig nie.”

En vir diegene wat nou, soos ek, in ander gemeentes is: Alles van die beste en mag die Here julle gebruik in Sy liggaam.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s