Laat julle lig so skyn dat … niemand daarvan weet nie (Weggaan uit die gemeente, deel 6)

Bewyse dat die predikant alles wil beheer in daardie gemeente hoop op.

Toe ek geskryf het waarom ek die gemeente los, het ek ‘n skakel na die blog inskrywings op die gemeente se Facebook groep gesit, waarin ek die gemeente seen toewens en bedank het vir al die mooi dinge wat ek oor die jare daar beleef het.

Die man wat die Facebook groep bestuur, het my alles van die beste toegewens. Vanoggend 5h32 het hy die Gemeente se Facebook groep op “secret” gestel. Toe ek daarna weer by Facebook uitkom, was my groet-inskrywing weg.

Weet ek dat die predikant agter dit sit? Nee, nie regtig nie. Maar ek vermoed, aan die reaksie van die eienaar van die Facebook groep, dat dit nie die eienaar van die groep is wat my inskrywing wou uitvee nie. Ek vermoed dat die man met die Facebook groep in opdrag van iemand anders so optree. Ek weet ook dat die predikant byna alles wat in die gemeente gebeur, probeer beheer. Maar watter soort mens hou ‘n gemeente se Facebook groep geheim?

“Iemand wat bang is vir die vrye uitruil van inligting”, is my raaiskoot.

Hoekom skryf ek al hierdie dinge neer? Is dit nie boekhou van die kwaad nie? Om eerlik te wees, Woensdagoggend het ek baie sterk oorweeg om al vier inskrywings oor waarom ek weggaan op privaat te stel. Dan sou net mense wat by my ‘n skakel kry, of by iemand anders wat die skakel by my gekry het, dit kon lees.

Maar toe verbied hy my om ‘n Sondagskoolles vir laerskoolkinders te gee, waar ek glad nie oor hom sou praat nie. Ek vermoed dis oor hy bang is ek praat (reg voor of na Sondagskool) met ‘n gemeentelid oor hoekom ek gaan. En as hy bang is vir waarhede wat hy nie kan sensor nie, is daar iewers waarhede wat nodig het om gehoor te word. (“Waarheid maak vry“; en “niks verborge wat nie geopenbaar sal word nie” is die beginsels wat ek probeer volg.) Ek het nie, soos hy, ‘n gemeente van honderde voor wie ek dit kan rapporteer wat ek sien nie. Ek het ‘n wel ‘n Afrikaanse blog, en waarom ek weggaan is al deur ‘n paar dosyn mense hier gelees. Waarheid maak vry. Iewers is daar gemeentelede wat tussen die verhale van vertrekkende gemeentelede en die predikant se verhaal deur die waarheid moet soek, hier is, so objektief soos ek kan wees, my bydrae tot daardie soektog. Iewers is daar iemand wat uit ander se pyn moet leer voor hy of sy self seerkry.

Wat is my raad vir _________ gemeente? Of julle bly of gly, onthou Jesus se woorde:

Mat. 20:25 Jesus roep hulle toe nader en sê: “Julle weet dat dit by die nasies so is dat die regeerders oor hulle baasspeel, en dat die groot manne die mag oor hulle misbruik.

26 Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; 27 en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees.

28 So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”

Loop lig vir enigeen wat julle probeer beheer. Die gemeente behoort aan die Here en nie aan ‘n mens nie, en een lid is nie belangriker as die ander nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s