Jesus en die klippe

436232_jesus-the-stone-mason49_epsicuaitwlfo42x7yedw6mpvtncurxrbvj6lwuht2ya6mzmafma_610x374Op my onlangse toer het ek in Israel gehoor Josef (Maria se man, nie die Ou Testament se dromer wat onderkoning in Egipte was nie) was waarskynlik nie ‘n timmerman nie. Matt. 13:55 sê hy was een, maar daardie woord kan glo eerder “ambagsman” vertaal word. Die algemene ambag in Nasaret daardie tyd was glo stone-masonry, en Josef was waarskynlik ‘n stone mason. (Wat sou dit in Afrikaans wees? Ek sien twee betekenisse: Messelaar en steenwerker. ‘n Messelaar werk waarskynlik in watter dorp daar ookal gebou word, en skuif dan aan na waar hulle elders bou. ‘n Steenwerker wat goed uit klip vorm is eerder ‘n ambagsman met ‘n werkwinkel.)
As Josef ‘n steenwerker was, sou Jesus van jongs af self dit leer doen het. Jesus word die “die timmerman (Ambagsman? Steenwerker?), die seun van Maria”, genoem in Markus 6:3.
Nou wonder ek: Veronderstel Jesus het met klippe gewerk. Sou dit nie dalk gelei het tot ‘n klompie woordspeling-grappies tussen hom en sy goeie vriend Petrus (rots) nie? Het Jesus dalk verwys daarna dat hy ‘n steenwerker was toe hy vertel dat hy die kerk “op hierdie rots” wil bou? (Mat. 16:18)
En Jesus se ander opmerkings oor klippe en stene, was dit dalk ook woordspelings, of praat aan die hand van sy eie ervaring? Soos toe Hy vertel het dat Hy die klip was wat deur die bouers afgekeur is, maar die hoeksteen geword het? (Matt. 21:42; Mar. 12:10; Luk 20:17; Hand. 4:11); of toe Hy vertel het dat mens jou huis op die rots moet bou. (Matt. 7:24-25; Luk. 6:48)
Het Jesus, wat figuurlik harte van klip bewerk, dalk letterlik klip bewerk, en kan ek die simboliek van harte bewerk daarin lees?

3 responses to “Jesus en die klippe

  1. Ek het net gou kom hallo se. Het jy nog nie ‘n ateis geword nie?

  2. Hallo, Andrew, wat maak jy nog? Waarom sal ek ‘n ateis word, terwyl ek nog ‘n geheue het om te onthou wat my Liewe Heer vir my gedoen het?

  3. Baie interessant. Op die ou end maak dit seker nie regtig saak wat Jesus presies gedoen het, behalwe om vir ons sondes te sterf en op te gestaan het, en opgevaar het na die hemel nie, maar dit wat jy nou hier skryf help om die Bybel meer in te kleur.
    Dankie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s