Ienie, mienie, maainie, mou – Watter kategese-materiaal moet my gemeente kies? Deel 2: Paidion

‘n Evaluasie van Paidion Kinderbediening se Gr 1-6 lesse

Paidion voorbladDie boeke is myns insiens baie goed. Die Gr. 4-6 boeke se temas het my veral beindruk, hoewel ek ingedeel was om uit die junior boeke (Gr. 1-3) kategese te gee. ‘n Klein probleempie soms was dat die grootgroep-lesmateriaal so nou en dan aanbeveel dat mens bv. ‘n toneelstuk met ‘n paar karakters vir die kinders aanbied, wat mens nie alleen kan voorberei nie en waarvoor mens nie noodwendig helpers in die hande kan kry nie. (Wie wil nou eintlik saam met jou oefen en saam met jou Sondagskool toe kom vir 5 minute se deelname aan ‘n opvoering? In ‘n groter gemeente as die een waarin ek Paidion gebruik het behoort dit makliker te wees – jou helpers is die ander kleingroepleiers, wat saam met jou in die kinderkerk/ grootgroep is. Ek los die probleem op deur ‘n toneelstuk-storie eerder net te vertel.)
Boodskap: Die boodskap is kindervriendelik en meestal aangebied op ‘n onthoubare manier. Dit koppel die Bybelverhale op ‘n sinvolle manier aan die geestelike waarhede wat kinders moet leer.
Prente en aktiwiteite: Die boeke neem in ag dat kinders onthou deur te sien en te doen, en het aktiwiteite wat by die lesse pas. Ek beleef dat kinders hierdie material geniet. Wat illustrasies betref kry ek twee teenstrydige boodskappe: In plaas van om illustrasies te hê of na illustrasies op CD te verwys (meeste kategese handboeke vertel bv.: “Gebruik prentjie 13.2 hier”, en het dan die prent aan die einde van die les of agter in die handboek) , vra die boeke dat jy illustrasies soek/ teken en in jou lesse gebruik. Dit is ‘n vername nadeel van lesse wat andersins baie goed is. Toe ek die predikant wat hierdie lesse uitgee hieroor vra, het hy ook nie bestaande prente genoem nie. Die bestelvorms noem egter CD’s met lesprente wat uitgedruk kan word?
Metode, groepsgewys: Hierdie boeke is bedoel vir om elke Sondag eers grootgroep (Gr.1-3 in ‘n groep; Gr. 4-6 in ‘n ander groep) te hou, en dan te verdeel vir kleingroep-aktiwiteite. Die kategete vir 3 grade moet dus saamwerk en beurte neem vir grootgroep/ kinderkerk in ‘n klas groot genoeg vir al die kinders van 3 grade. Hierdie reeks bestaan net uit boeke vir kinderbediening, (Gr. 4-6 is die oudste) en jy sal elders na tienerbediening-materiaal moet soek.
Koste: R68-R76 per onderwysershandleiding, R28-51 per kinder-werkboek, R130 vir visuele hulpmiddels op CD – ‘n CD vir Gr. 1-3 en ‘n ander vir Gr. 4-6 (ek vermoed dat hierdie CDs tans net ‘n doelwit is, en nog nie bestaan nie. Selfs die gemeente waarin Leon van Zyl – wat hierdie materiaal vervaardig – predikant is, gebruik nie hierdie CD nie), Powerpoint aanbieding vir Gr. 4-6 op CD, R195
Voorbeelde: Klik vir Voorbeeld van Juniors Handleiding Klik vir Voorbeeld van Juniors Pretboek
Klik vir Voorbeeld van Seniors Handleiding Klik vir Voorbeeld van Seniors Kletsboek

Klik hier en kyk onder die opskrifte “Juniormateriaal (Gr. 1-3)”  en “Seniormateriaal (Gr.4-6)” vir ‘n temalys

Klik hier vir deel 1: Inleiding en Lesse wat Leef

Klik hier vir deel 3: Modkats

Klik hier vir deel 4: AJK

Klik hier vir deel 5: LP3/ Die Coolste Plan

Klik hier vir deel 6: Voorstelle en vergelyk van materiaal

Klik hier vir deel 7: Voorbeelde van tiener- en kleutermateriaal

One response to “Ienie, mienie, maainie, mou – Watter kategese-materiaal moet my gemeente kies? Deel 2: Paidion

  1. Hierdie is besonder goeie materiaal (‘n hele klomp sterk punte wat meestal met 1 of meer reekse gedeel word, maar wat die swak punte van daardie reekse mis). Afhangende van die omstandighede in ‘n gemeente is Paidion my gunsteling, maar jy moet verkieslik nie nalaat om prente te gebruik nie. Hier is een baie goeie bron vir Bybelstorie-prente: http://freebibleimages.org/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s