Ienie, mienie, maainie, mou – Watter kategese-materiaal moet my gemeente kies? Deel 3: Modkats

‘n Evaluasie van Modkats se Gr 1-6 lesse

Die kenmerk wat Modkats laat uitstaan is hoe dit die verskillende ouderdomsgroepe by een tema laat aansluit, sodat dit makliker is vir ouers om met hulle kinders oor die boodskap te praat, of vir predikante om ‘n preek te gee wat aModkansluit by die boodskap. Hierdie metode maak ‘n groot deel van die gemeente saam deel van een geloofsvorming-proses.
Ons gemeente het egter ‘n paar praktiese probleme hiermee ondervind. Dit het soms baie lank gevat vandat die boeke bestel is totdat dit opdaag. (Dit was ‘n paar jaar terug, dalk is dit deesdae anders.) En soms het die lesmateriaal aanbeveel dat mens bv. ‘n stukkie opvoering met 2 of 3 karakters vir die kinders aanbied, wat mens nie alleen kan voorberei nie en waarvoor mens nie noodwendig mense in die hande kan kry nie. (Dit is natuurlik makliker in ‘n groter gemeente – jou medeleiers by die gradegroep voer saam met jou op.)
Ek hou ook van hulle webblad – sekere goed is leersaam en motiverend vir kategete selfs as jy nie in Modkats-gebruikende gemeente is nie. Hulle adverteer onder meer telefoniese konsultasies vir gemeentes wat probleme met Modkats beleef. (Dit wil egter voorkom of nie alles wat hulle adverteer op die webblad al bestaan/ nog bestaan nie, soos die webblad www.godinthegap.co.za wat veronderstel was om ‘n webblad vir Modkats jongmense te wees.)
Boodskap: Die boodskap is kindervriendelik en meestal aangebied op ‘n onthoubare manier. Dit koppel die Bybelverhale en geestelike waarhede wat kinders moet leer op ‘n sinvolle manier. Dit word uitstekend toegepas op die kind se lewe.
Prente en aktiwiteite: Die boeke neem in ag dat kinders onthou deur te sien en te doen, en het illustrasies en aktiwiteite wat by die lesse pas, soms beveel dit selfs stukkies DVD-materiaal vir die lesse (grootgroep, elke kleingroepleier het nie soveel toerusting nodig nie) aan.
Metode, groepsgewys: Hierdie boeke is bedoel om soms grootgroeplesse (Gr1-6), soms gradegroeplesse (Gr. 1-3 en Gr. 4-6 as 2 groepe) en soms kleingroeplesse aan te bied. Daar is selfs material om enkele eredienste elke jaar by die temas te laat aansluit. Dis bietjie meer werk om die sisteem in plek te kry as enige ander lesreeks hier geresenseer, jy kan nie bloot vir elke kategeet ‘n boek in die hand stop nie. Aan die ander kant, lesse wat soms in groter groepe aangebied word maak minder werk vir die kategeet, oor hulle nie elke week klas gee nie.
(Hierdie punt word ingesluit oor materiaal wat so geskryf is natuurlik ‘n groter uitdaging skep wat lokale en samewerking betref. Die leser sal self weet watter geriewe sy of haar kerk het en met hoeveel samewerking kategete gemaklik is.)
Koste: Die nuwe Modkats jaarlikse klubgelde/ lisensiegeld is R2500 per jaar per gemeente wat Modkats gebruik. (Hierdie prys is deur Deon Kitching bevestig op 11 Augustus 2013.) R95 per onderwysershandleiding, R65 vir ‘n boek met programhulpmiddels (prente) vir die onderwyser, R30 per kinder-aktiwiteitsboek. ‘n CD met die onderwysershandleiding, die programhulpmiddels en die Kinder-aktiwiteitboek kos R60.
Persoonlik verkies ek ‘n les-handboek op papier bo ‘n les-CD, maar iemand anders kan anders voel. Dis net asof ek gouer aan voorbereiding van volgende week se les begin dink, en ‘n beter oorsig van die hele lesreeks het, as my boek iets is waardeur ek enige oomblik kan blaai, in vergelyking met wanneer die kategese- handboek iets is wat ek net in die hande kan kry wanneer ek voor my rekenaar sit. Ek is nuuskierig om te weet of ander kategete saamstem. My raad is dat as jou gemeente se kategete ook so voel, moenie ‘n paar Rand probeer spaar deur CDs in plaas van papier-handboeke vir hulle te koop nie.)
Voorbeelde:
Klik hier vir voorbeelde van Gr. 1-3 programme
Klik hier vir voorbeelde van Gr. 4-6 programme
Klik hier vir ‘n lys van temas

Klik hier vir deel 1: Inleiding en Lesse wat Leef

Klik hier vir deel 2: Paidion

Klik hier vir deel 4: AJK

Klik hier vir deel 5: LP3/ Die Coolste Plan

Klik hier vir deel 6: Voorstelle en vergelyk van materiaal

Klik hier vir deel 7: Voorbeelde van tiener- en kleutermateriaal

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s