Ienie, mienie, maainie, mou – Watter kategese-materiaal moet my gemeente kies? Deel 4: AJK

‘n Evaluasie van die AJK handboeke se Gr.1-6 lesse

Dis ‘n hele paar jaar sedert ek hierdie boeke gebruik het, maar ek onthou nog hoe AJK boeke2opgewonde ek was toe hulle ingekom het: Dit was soveel kindervriendeliker as die NG kerk se ou reeks materiaal wat toe uitgefasseer is! ‘n Klagte was dat die boeke bietjie min lesse het – omtrent 20 per jaar.

Boodskap: Die boodskap is kindervriendelik en meestal aangebied op ‘n onthoubare manier. Dit koppel die Bybelverhale op ‘n sinvolle manier aan die geestelike waarhede wat kinders moet leer. Veral die tematiese Gr. 4-6 lesse (die Gr. 1-3 lesse is in Bybelverhaal-volgorde) het goeie toepassings.

Prente en aktiwiteite: Die boeke neem in ag dat kinders onthou deur te sien en te doen, en het illustrasies en aktiwiteite wat goed by die boodskappe pas. Dit neem nie, soos party nuwer lesreekse (hierdie boeke het in 1998 ingekom) metodes soos PowerPoint in ag nie.

Die boeke is prakties in die sin dat hulle soms alternatiewe voorstelle maak as hulle eerste voorstel dalk nie sal werk vir jou omstandighede nie, en jou die vorige week, of selfs 2 weke vooraf, waarsku oor spesifieke dinge wat nodig is vir toekomstige lesse.

Die aktiwiteitsboek (Doenboek) vir Gr. 4-6 is (anders as met enige ander reeks hier geresenseer) nie iets wat in die klas gebruik word nie, maar ‘n dagstukkieboek om kinders te leer Bybel lees elke dag. In die handboek vir kategete word nie melding gemaak van Doenboeke nasien nie, en die klas-lesse kan gebruik word sonder dat die kind sy boek byhou. Oordeel self of die Gr. 4-6 Doenboek a) ‘n wonderlike ding – dit leer kinders Bybel lees, en jy sal sorg dat jou gemeente kinders en hul ouers aanmoedig om dit te gebruik of b) ‘n onnodigheid – selfs as jy hierdie lesreeks gebruik, gaan jy nie nie Doenboeke vir Gr. 4-6 bestel nie, net onderwyser-handleidings – is. Die Gr.1-3’s se Doenboeke word in die klas gebruik.

Metode, groepsgewys: Hierdie boeke is bedoel vir kleingroeplesse. Gr1, 2 en 3 is afsonderlike lesboeke, maar in ‘n klein gemeente kan jy Gr. 4-6’e kombineer.

Koste: R85-90 per onderwysershandleiding, R42-48 per werkboek vir kinders

Voorbeelde: Hier is ‘n Gr 1 les  en ‘n Gr 4-6 les. Hier is ‘n temalys vir Gr. 1-3 en vir Gr. 4-6.

Klik hier vir deel 1: Inleiding en Lesse wat Leef

Klik hier vir deel 2: Paidion

Klik hier vir deel 3: Modkats

Klik hier vir deel 5: LP3/ Die Coolste Plan

Klik hier vir deel 6: Voorstelle en vergelyk van materiaal

Klik hier vir deel 7: Voorbeelde van tiener- en kleutermateriaal

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s