Ienie, mienie, maainie, mou – Watter kategese-materiaal moet my gemeente kies? Deel 7: Wat van tieners en kleuters?

As jy jouself afvra wat jou gemeente vir kategese of Sondagskool nodig het wil jy sekerlik nie net die laerskoolkinders goed bedien nie. Jy dink ook aan die tieners en hopelik selfs die kleuters. Om eerlik te wees kan ek geen kommentaar op tienermateriaal lewer nie en min op kleutermateriaal. Hierdie is ‘n lys van skakels na voorbeelde van sulke materiaal. Die voorbeelde kan jou help om self te evalueer wat jou gemeente nodig het.

Ek bedank veral Paul du Toit van die LP3/ Die Weg materiaal, wat die article-new-thumbnail_ehow_images_a07_k6_23_teen-study-lessons-holy-spirit-800x800voorbeelde (tienermateriaal hier, en die kindermateriaal wat reeds gewys is van AJK en LP3) goedgunstiglik vir my gegee het vir advertensie-doeleindes. Hulle voorbeelde is net hier op Gelowig en Ondersoekend beskikbaar, en nie elders op die Internet nie.

Kry voorbeelde van Fxit/ iKonekt tienermateriaal, en Lesse wat leef kleutermateriaal, hier: http://www.fxit.co.za/Voorbeelde.aspx

En temas hier: http://www.fxit.co.za/Temalys.aspx

Paidion Kinderbediening, kry voorbeelde en temas van kleuter- en peuterlesse hier: http://paidionweb.co.za/materiaalboeke.htm

Modkats, kry voorbeelde van tienerlesse hier: http://modkats.co.za/group/seniors/forum/topics/voorbeelde-graad-7-tot-11

En voorskoolse voorbeeldmateriaal hier: http://modkats.co.za/group/voorskools/forum/topics/modkats-voorskools-programme

klik hierDie Weg / GPS / JPEG/ Faceboek tienermateriaal (uitgegee deur dieselfde vervaardiger as LP3), kry voorbeeldmateriaal hier: Leiershandleiding, Powerpoint, en gespreksblad.

Ek het nie ‘n voorbeeld van ‘n AJK-tienerles nie.

—————

Later bygevoeg:
Nog ‘n uitgewer wat verdien om hier genoem te word is KidsXpress.
Hier en hier is hulle kleuterlesse, hier kinderkerk-lesse en ander laerskoollesse, en hier hulle tienerlesse. (Die tienerles-blad sluit ‘n voorbeeldles in, die ander blaaie nie.) Hoewel ek al die boeke “My blink ID” en “Amazing race” gebruik het vir kinderkrans en Bybelklubs het ek nie die reeks geresenseer nie, want:

>  Dit lyk nie of KidsXpress bedoel is vir kategese/ Sondagskool nie. Hulle noem die boeke wat ek gebruik het “Uitstekend vir gebruik in kleingroepe by skole, Jeugaksie, omgee-groepe en kampe.” Ek het materiaal vir Sondagskool beoordeel.
>  Dit lyk nie sistematies beplan nie – ek is seker dat die uitgewers van Paidion, AJK, Modkats en LP3 hulself eers gevra het wat die kind teen die einde van Gr. 6 moet weet as hy of sy 6 jaar lank relatief getrou klas bygewoon het, en daarvolgens beplan het waaroor alles lesse nodig is.

Maar dit was inderdaad sinvol – as my onderwysers “My blink ID” sou gebruik het toe ek omtrent 12 was, sou dit waarskynlik meer vir my beteken het as enige ander materiaal wat ek op hierdie blog bespreek. Die boeke bestaan uit tematiese lesse eerder as Bybelverhaal-gebaseer, en met baie aktiwiteite en leer deur spel. Op hierdie oomblik is daar 2 jaar se materiaal vir Gr.1-3 (ek is seker dat as jy kies om dit te gebruik, sal daar nog ‘n jaar s’n wees voor die 2 jaar om is); 5 jaar s’n vir Gr. 4-7 (9-13 jaar); en 1 jaar s’n vir tieners. (Weereens, daar sal seker nog wees voor die jaar om is.) Ek beveel dit wat ek van KidsXpress gebruik het (2 boeke vir 9-13-jariges) heelhartig aan as jy ‘n groep bedien wat elders sistematiese onderrig kry, maar nie as kategese/ Sondagskool nie. Jy kan egter anders voel as ek, en nie so ‘n prioriteit plaas op ‘n sistematiese oorsig van die hele Bybel-prentjie nie, in welke geval hierdie materiaal baie goed is.

4 responses to “Ienie, mienie, maainie, mou – Watter kategese-materiaal moet my gemeente kies? Deel 7: Wat van tieners en kleuters?

  1. Liewe leser, as jy hierdie reeks inskrywing nuttig vind, sal jy my asseblief ‘n kort nota in die kommentaar los? Die nota kan ‘n dankie wees, of vertel wat jy geleer het of wat jy besluit het uit hierdie artikels.
    Jy sien, die ou duiwel laat my mos nou weet dat al my werk tevergeefs is… Of is dit realisme en nie die duiwel nie?

  2. Retha, baie dankie vir jou nuttige kommentaar op materiaal beskikbaar. Ons gaan dit versekwer gebruik by ons jeugleiers-vergadering met die oog op keuse van ‘n moontlike nuwe program!

  3. Goeie dag ons is n gemeente wat nou begin het, ek soek asb hulp met watter boeke ek sal benodig vir alle ouderdom sondag skool, ons is ‘n Pinkster kerk baie dankie vriendelike grte Cathy

  4. Kyk maar deur die stel artikels om te sien wat by julle gemeente se behoeftes pas – ek bespreek elke reeks kinderboeke se eienskappe, en gee minstens voorbeelde van tiener- en kleuterlesse.
    AJK en LP3/ Die weg/ JPG is geskryf uit ‘n NG oogpunt. Dit maak myns insiens min verskil by kinderlesse, maar kan ‘n groter verskil by tienerlesse maak. Paidion en Lesse wat Leef/ Fixit noem hulself geskik vir alle Christelike kerke. Ek is onseker oor of Modkats geskiktheid vir ander kerke in ag geneem het toe dit geskryf is, maar jy kan hulle kontak en vra. (‘n Skakel na hulle webblad is beskikbaar in die vergelykende tabel waarna hierdie blad skakel.)
    As jy ouderdomme wil kombineer in ‘n klein gemeente, sou ek Fxit/ iKonekt vir tieners probeer en Paidion vir kinders.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s