Monthly Archives: Oktober 2013

Geloof en die Dooie See

Bene wit genoeg om die seesout te laat vuil voel!

My bene is wit genoeg om die seesout te laat vuil voel!

Een plek op my onlangse  toer Israel toe wat ‘n geestelike effek op my gehad het wat dit seker nie op ander mense gehad het nie, was die Dooie See.

Jy sien, ek kan nie swem nie. En soos ek in daardie soutwater inloop, weet ek mens dryf op die Dooie See, niemand sink nie. Lees voort

Ek volg nie die God van my kinderjare nie

“Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders en aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat…” – Deut. 5:9, Ou Vertaling

Hierdie woorde uit die 10 gebooie is die eerste ding wat ek van die kerk uit my kinderjare onthou: Die jaloerse God wat vir my sal kwaad wees as my ouers en oupas en oumas kwaad doen. Nie dat ek gedink het my ouers en grootjies doen vreeslik kwaad nie, maar dit bly die God wat geslagte lank kwaad bly. Lees voort