Geloof en die Dooie See

Bene wit genoeg om die seesout te laat vuil voel!

My bene is wit genoeg om die seesout te laat vuil voel!

Een plek op my onlangse  toer Israel toe wat ‘n geestelike effek op my gehad het wat dit seker nie op ander mense gehad het nie, was die Dooie See.

Jy sien, ek kan nie swem nie. En soos ek in daardie soutwater inloop, weet ek mens dryf op die Dooie See, niemand sink nie. Mense wat opgelet het in die wetenskapklas, kan selfs ‘n idee vorm hoekom dit so is. (Die soortlike gewig van water vol sout is swaarder as mense se soortlike gewig en baie swaarder as gewone water s’n.)

En ondanks al daai dinge wat ek weet, weet ek ook dat ek nie kan swem nie, en ervaring vertel my dat water iets is waarin mens sink.

Ek dink geloof is ook party kere so: Ons weet God is daar. Ons ken sy beloftes. Maar iets vertel ons dat dit nie sal werk nie, dat hierdie soort goed nie werk nie. En dan is die uitdaging om te gaan op wat jy weet, nie op wat jy voel nie.

Versigtig probeer ek eers daar naby die strand in die vlakste water. My boude raak die sand toe ek daar gaan lê, ek dryf nie. Ek gaan effentjies dieper (bangbroek!) en probeer weer. Het ek ‘n paar oomblikke gedryf tot ek weer op die sand beland? Ja ek het! (Die gety op daardie stadium het my voortdurend stadig na vlakker water laat dryf.) En toe gaan ek dieper en probeer weer… Dit werk sowaar! Maar het ek dan nie reg van die begin af geweet dit werk nie?

My kop het geweet, my hart het nie. Soms is dit vir my net so moeilik om alles na God toe te vat – my kop weet ek moet, my hart vertel dit sal tog nie help nie.

En toe ek nou eers vertrou dit werk, toe lê ek daar en ek dryf, en dryf, en bly dryf. Ek vertrou die water. En dit voel só snaaks en só reg terselfdetyd, en ek bly hoe lank daar in die water. Waar anders sal ek wil wees? En toe ek uitklim, voel ek lekker. My vel voel asof ek in tissue oil gebad het. En ek slaap regtig goed. Maar dis nog niks teen die voordele van om op God te vertrou nie.

2 responses to “Geloof en die Dooie See

  1. Wow, dit klink so ongelooflik uit n fliek en tog is dit werklikheid. Sal graag ook wil gaan dryf op die see net om dit te ervaar moet n belewenis wees.

  2. Dankie. Dit was!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s