As ek vir tieners sou Sondagskoollesse geskryf het, wat sou ek hulle vertel het oor seksualiteit? Deel 2

<< Vervolg vanaf hier.

6) Ek sou in gedagte hou dat baie van hulle se eerste kontak met seks nie hulle keuse was nie.

Niks wat ons vertel mag veroordelend klink vir ‘n jongmens wat misbruik is nie. Party van wat ons vertel moet oor genesing praat – ‘n God wat al die trane sal afdroog, wat ‘n geknakte riet nie afbreek nie. (Om dit reg te kry, sal mens dalk die hulp van ‘n kenner in die skryf van die materiaal moet inroep.)

7) Ek sou nie vals beloftes of dreigemente maak nie.

Ek het hopeloos te veel “As jy lief is vir die Here, sal hy jou op die regte tyd die regte man gee” stories gehoor. Hy het nog nie, en mens begin twyfel aan God as dit wat Hy na bewering sou gee nie opdaag nie.

Ander mense hoor dat as hulle vir die huwelik wag met seks, sal hulle huwelik fantasties gelukkig wees, of dat hulle verhoudings sal misluk as hulle wel rondgeslaap het. Dis ook nie altyd so nie.

Mens kan seker dat statisties, ‘n huwelik ‘n beter kans staan hoe minder vorige seksmaats die paartjie gehad het, maar statistiek praat oor waarskynlikheid en nie waarborge nie.

8) Ek sou geslagsrolle aanspreek

Die sekulêre en dikwels die kerklike samelewing gee heel dikwels die idee dat meisies veronderstel is om saggeaard en gaaf te wees en hulself nie te laat geld nie. Dit maak dit nie maklik vir hulle om duidelik nee te sê nie.

Seuns kry weer die idee – by sowel die samelewing as party kerkmense – dat mans veronderstel is om in beheer te wees* van vroue, anders is hulle nie waarlik man nie – en om na ‘n “saggeaarde”, vae “nee” te luister is nie om in beheer te wees nie. Om die daad te doen wanneer ‘n meisie by ‘n partytjie te dronk is om nee of ja te sê, is egter wel beheer…

Die Bybel, daarteenoor, roep albei geslagte om vriendelik (Engelse woord gentle, waaruit ons die idee van saggeaard en gaaf wees kry) te wees. God vertel nooit dat mans oor vroue moet baas wees nie. Die Bybel vertel nooit eers dat die man oor sy eie vrou moet baas wees nie. Jesus vertel:

Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen; maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees… Mat 20:25-27

Die Nuwe Testament vertel ook alle gelowiges om hulle te weerhou van seksuele onreinheid, en blameer nie net een geslag nie. Maar die menslike geneigdheid is om veral die vrou te beperk (en voorskrifte te gee oor wat sy moet aantrek) sodat sy haarself ekstra-rein hou en haar meer te blameer vir seksuele sonde. (Die Bybel wys die man se geneigdheid om die vrou te blameer al in Genesis 3: “Die vrou – sy het my die vrug gegee.”)

9) Ek sou seksuele gedrag dalk laat aansluit het by ware aanbidding en by afgodery

Beth en Chris Bruno skryf:

In the entanglement of sexuality, far too many men have been deceived into believing that sex is their most basic need. Indeed, the most core aspect of the human heart, the most primitive place in every human soul, is to worship. Everyone worships something or someone. Everyone. Inundated and overwhelmed by sexually explicit messages, images and experiential opportunities, many men have found sex a worthy idol. It delivers the comfort and pleasure they have come to believe they deserve. It provides momentary power without demanding strength. It offers intimacy without insisting on relationship. The insidious trap is set, and men by the millions find themselves bound in the tentacles of arousal and shame.

Bybelgedeeltes soos Romeine 1:23-24 impliseer ook dat seksuele keuses te doen het met wie/ wat jy aanbid.

10) Ek sou nie die saak ignoreer, of dit nooit ‘n plek gee in die lesse nie.

Seksualiteit moet aangespreek word. Dis deel van wat God gemaak het, dis deel van wat in hierdie wêreld in gebrokenheid verval het.

Maar dan, hierdie is net idees. Ander mense kan meer byvoeg – of party slegte idees wegneem. Ek verwelkom kommentaar.

———–

Nota

* Ander onderwerp: Ek wonder of die boodskap dat mans veronderstel is om in beheer te wees nie dalk deel is van waarom mans minder geneig is om kerk toe te kom nie? 1) Die kerkdiens is normaalweg nie ‘n plek waar iemand buiten die predikant beheer uitoefen nie, kerk voel dus dalk nie “manlik” nie. 2) Die boodskap van in beheer wees impliseer dat jy verantwoordelik is vir die dade van jou vrou en kinders ook. Dit maak mans dat mans wat nie in beheer is nie voel hulle misluk in hulle geloof, en mans wat op Jesus se pad loop kan voel dat die “in beheer wees” ding nie pas by wat hulle aanvoel reg is nie. Dit wat hulle aanvoel pas by Jesus se woorde in Matt. 20:25-27. 3) Mans wat in beheerrolle gedruk word as hulle in die gemeente wil dien beteken min van hulle wat oor is vir die persoonlike begeleiding van mans en seuns as dissipels, en dit word baie kere nie as vanpas beskou dat vroue mans begelei tot dissipelskap nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s