Die beste geskenk – kinderles wat by Paasfees aansluit

Die beste geskenk

‘n Boodskap oor wat Jesus kom doen het, ook geskik as ekstra aktiwiteite vir Paasfees (aansluiting by wat Jesus kom doen het) of Kersfees (aansluiting by geskenke).

Doelwit: Om die kind te laat dink oor wat Jesus kom doen het, om die evangelie te verstaan en te verkondig.

Jy benodig:

> Kruis-boks: Druk die kruisboks-prent vir die onderwyser in kleur uit. (Jy kan dit ook vergroot as jy wil.)

Plak op ligte karton, en sny uit. Onthou om die gleufies bo en onder, lings en regs ook uit te sny. Vou sodat die prent-kant binne sal wees. Gebruik die gleufies om eers die linker-en regterkant aanmekaar te sit, dan die “God het jou lief” flap.

g1g2

Bind ‘n geskenk-strik om die boks, of draai toe met geskenkpapier met min kleeflint. (Jy moet die boksie maklik oopmaak in die klas.)

> Bybel

> 1 Kruis-boksprent per kind. Hier is dit in kleur of swart en wit.

> Afhangende van wat jy in die klas gaan doen, skêre en inkleurpotlode vir die kinders.)

In die klas:

Wys die geskenk-boks. Wat is die beste geskenk wat jy al ooit gekry het? Hierdie geskenk-boks vertel ons van die beste geskenk ooit, een wat nooit in ‘n boks kan inpas nie. (Haal die lint af, of trek die geskenkpapier af.)

Maak die boonste flappie oop en wys dit vir hulle. “God het jou lief”. Goud vertel ons van God wat jou gemaak het en jou baie liefhet. Hoe lief? Watter geskenk gee hy in sy liefde? As jy klaar van ons groot probleem gehoor het, kan ons weer daaroor gesels.

Die probleem is dat jy sonde doen. (Maak die “Jy doen sonde” flappie los.) Die donker op hierdie prent herinner ons aan sonde. Sonde is al die verkeerde dinge wat jy doen, die verkeerde dinge wat jy dink en wat jy sê. Dis ook al daardie kere wat jy weet wat die regte ding is om te doen of te sê, maar jy doen dit nie.

Jou sonde maak dat jy ‘n redder nodig het. (Maak die ander flappie los en wys met die onderste twee prente toegevou oor mekaar). Rooi staan vir Jesus se bloed. Die groot geskenk is dat Jesus gekies het om gestraf te word vir jou sonde (“Jesus dra straf in jou plek.”) – dis hoe lief Hy jou het. Hy het nie dood gebly nie- Hy het opgestaan. (“Jesus leef, Hy het opgestaan.”) Al verdien sondaars die dood vêr weg van God af, wys Jesus Hy is sterker as die dood – Hy staan op! Ons kan saam met hom leef as…

(Vou onderste flappe oop, maar hou jou hand oor die laaste blok terwyl jy oor die 2de-laaste een praat.) Jesus vertel dat aan almal wat Hom aangeneem het… (lees Joh 1:12 uit die Bybel). God vra jou om die goeie persent wat hy gee te vat. Hierdie prent is dieselfde hart wat hier (wys na “Jy doen sonde”) so donker was, wat nou skoon is. Agter dit wys God se liefdevolle hart (wys na “God het jou lief” en terug na prent. As jy Jesus aanneem, “ja” sê vir sy goeie persent, is jy nie meer vêr van God af nie, maar by God.

Wys “Die Heilige Gees is by die wat Jesus aanneem.” Hy belowe dat dat sy Gees dan by jou is om jou te help. Sy Gees kan jou help as jy weet wat om te doen nie, en om reg te lewe. Blou by jou skoon hart wys dat die Gees by jou is. Hierdie hele prent is in die vorm van ‘n kruis, want ons dink aan Jesus en sy groot geskenk. Dis ook Jesus wat on sy Gees gestuur het. Sy Gees wil jou ook help om vir ander van Hom te vertel…

Aktiwiteit:

…Ek het vir elkeen van julle ook ‘n kruis-boksie saamgebring, sodat julle ook vir ander mense van Jesus se groot geskenk kan vertel.

Laat hulle dan in die klas eers die woorde reg skommel en bo-oor die liggrys geskommelde woorde inskryf. Dan kan hulle die kaartjies uitsny (inkleur as dit swart en wit is) en vou. Laat hulle jou vertel waarvoor die kleure staan. Gesels, terwyl hulle kaartjies maak, oor hoekom Jesus sy lewe gegee het, en wat hulle nog sal vertel, behalwe die woorde op die boksie, as hulle die storie oorvertel. Hulle moet bv. ook vertel waarvoor elke kleur staan.

(As jy min tyd het, of jong kinders, sny voor die klas dit netjies uit, dat hulle net vou.)

Laat hulle weet dat jy hulle die volgende week gaan vra vir wie hulle die kruis-boksie se verhaal vertel het.

‘n Moontlike liedjie hierby: Geskenke met Kersfees (Uit die ou Jeugsangbundel van 1984)

geskenke met Kersfees

——————–

Vir nog les-idees vir die Paastyd, sien dalk ook:

God het jou lief: Kruisiging-kinderles

Hoe kinders ‘n model van die tuin met die tuingraf – die steen weg gerol – kan maak

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s