Neus in ‘n boek

Eendag, in die nie-so-verre verlede (die 1980’s, as jy moet weet) was ‘n klein dogtertjie op die verhoog geroep om ‘n boekprys in ontvangs te neem: Die beste prestasie in Standerd 1A. Daar is natuurlik ‘n paar ander Standerd 1’s (Graad 3’s in vandag se taal) ook op die verhoog geroep om pryse te kry.

Die oomblik toe klein Retha haar prys in ontvangs neem, kyk sy wat op die voorblad staan: “Die wêreld se beste Karelsen” deur Astrid Lindgren. Dieselfde skrywer wat Pippie Langkous geskryf het. Sy kyk weer op. Eintlik, weet sy, moet sy kyk na die persoon wat die boekpryse uitdeel, nie na haar boek nie. Sy begin weer na die stofomslag loer terwyl die hoof nog iets sê. Sy kyk weer op oor sy moet, kyk terug na haar boek oor sy wil…

4505668344_e356e8de85_zMy ma sê sy onthou nou nog hoe almal gesien het dat ek duidelik weet ek is veronderstel om op te kyk en te luister, maar die boek-versoeking is te groot. Toe ek terug op my plek is, dink ek nie dat ek ‘n ding waargeneem het van die Standerd 2’s, 3’s, 4’s of 5’s se pryse nie. Die uitdeel van die sportpryse (nie iets wat ek ooit gewen het nie) het ek nie waargeneem nie. My lyf was in ‘n skoolsaal in Gobabis, reg langs my ouers, my kop was in die lug bo Stockholm, waar Karelsen rondgevlieg het.

Die volgende jaar, by daardie selfde skool, het ek ‘n prys gekry vir “Besondere belangstelling in die biblioteek.” Hoekom, o hoekom, was dit ‘n sertifikaat en nie ‘n boekprys nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s