Kinderkerk of Sondagskool?: Voor- en nadele van om kinders in klein of groot groepe te bereik.

Dit is deesdae algemeen in groter gemeentes om nie meer klasse te hou met so 4-9 kinders nie, maar eerder al die kinders in die saal bymekaar te kry vir ‘n les. Wat is die voordele van elke benadering?

 

Voordele van groot groepe:

  • Lofprysing en ander sang werk beter in groot groepe.
  • Dis dalk makliker in jou kerk om een mens te kry met die visie om les te gee vir 40 kinders as om 5 te kry wat wil les gee vir 8 kinders elk. Dis ook minder moeite om voor te berei.
  • Om lesse te illustreer is goedkoper en makliker. Een stel prente op papier, of een projektorskerm, kan gebruik word vir al die prente van ‘n les.
  • Die kind kry die boodskap dat hy nie bloot iets hoor wat net bedoel is vir een klein groepie nie, maar dat die boodskap vir almal bedoel is.

 

Voordele van kleiner groepe:

  • Jy kan individueel aan die kinders aandag gee. Elke kind kan self hoor: “Jaqueline, jy het gehoor dat gelowiges ander mense moet liefhê soos hulself. Wat gaan jy doen om hierdie week liefde aan ander mense te wys?” “Petrie, wat gaan jy doen om hierdie week liefde aan ander mense te wys?” “Corné, wanneer is dit moeilik om ander mense lief te hê?”
  • Kinders kan die kans kry om te leer bid, wat mens net kan leer deur self te bid.
  • Elke kleingroepleier kan (in die klas en deur die week) by die naam vir elke kind in sy klas bid, wat nie sommer gebeur met ‘n groot groep nie.
  • Die kind kan God se liefde deur sy groepleier ervaar. Navorsers vind een van die dinge wat statisties die beste kans het om kinders te laat aanhou kerk toe gaan soos hulle grootword, is as die jong volwassenne kan sê: “Ten minste een volwassene in my kerk het ‘n betekenisvolle bydrae gelewer in my lewe, persoonlik en geestelik.” 9 uit 10 jongmense wat die kerk verlaat het nie ‘n volwasse mentor by die kerk gehad nie. ‘n Kleingroep-leier kan daardie betekenisvolle persoon/ mentor wees, ‘n grootgroep-leier kan nie.

 

Gevolgtrekking:

Een van die dinge wat kinders laat aanbly in die kerk soos hulle ouer word, is om deel te voel van ‘n intergeneratiewe geloofsgemeenskap. As hulle net in ‘n hoekie sit met een kleingroepleier word hulle deel van ‘n baie klein gemeenskappie met net een mens van ‘n ander generasie, waar hulle vir mekaar kan bid en bedien. As hulle net groot groepe het is hulle op ‘n sekere manier deel van ‘n groter gemeenskap, maar die deelname is meer oppervlakkig.

Ek dink nie dat net een van die twee die alleen die beste is nie. Opening in ‘n groot groep, met minstens sang en een gebed en dalk ‘n Bybelles, voor mens verdeel vir klein groepe is dalk die beste. Of groot groep party Sondae en klein groep op ander. As daar van laerskoolkinders in jou gemeente verwag word om kerkdienste by te woon, kan dit dalk die groot groep vervang en het die gemeente klein groepe in die Sondagskool/ kategese meer nodig.

Maar klein groepe, en die verhoudings wat gebou word daarin, is te belangrik om ter wille van gerief uit te skakel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s