Monthly Archives: November 2014

‘n Poskaart aan die verlede…

My poskaartmuur, soos hy van September af tot vanoggend gelyk het

My poskaartmuur, soos hy van September af tot vanoggend gelyk het

Vanoggend het ek nog ‘n muur vol poskaarte in my kantoor gehad: Vriendelike boodskappe wat vir my gestuur is vanuit Frankryk, Rusland, Japan, Portugal, die VSA, Indië en oraloor. Weet jy waar in die wêreld Moldova is? Ek het eers geweet toe ek ‘n poskaart van daar af kry. Ek het ‘n Duitse poskaart met die val van die Berlynse muur op, en volksdanse in die Ukraine en tulpe uit Holland… Ek het die poskaarte vandag afgehaal. Poskaarte uitruil het, liewe leser,soos verskeie ander dinge in my lewe, die laaste tyd my meer verdriet as plesier gegee. Eens op ‘n tyd was dit wonderlik: Ek kry vriendelike boodskappe van oral oor, en weet nooit waar die volgende een vandaan gaan kom nie. “Hi Retha. I am from cold and friendly Siberia...” op ‘n poskaart, “thank you for your beautiful card. It is my first one from South Africa” in ‘n e-pos… Lees voort

Advertisements

Minder kergangers, ja, maar is ons minder gelowig?

Kerke het deesdae dikwels ‘n opdraende stryd om nie lidmate te verloor nie. ‘n Dag nadat ek in iemand anders se ou Huisgenoot gelees het van predikante wat baie doen – die preekstoel afbreek, die houtbanke vervang, die musiekstyl verander.. – om hopelik lidmate terug te lok, lees ek hoe iemand reageer toe hy weer ‘n ou Leon Schuster fliek kyk.

Hy vertel hoe hy groot geword het in’n era van luister na gesagsfigure, sonder bevraagtekening. Daarom sou die leerling-verkeerskonstabels lawwe goed doen soos om ‘n blou lig te na-aap as ‘n gesagsfiguur so sê. Mense sou selfs glo dat hulle na ‘n hoendertjie moet luister oor waar die hoender wil heengaan, oor hulle oningelig gehou is.

800px-Interieur,_detail_van_dominee_op_kansel_-_Kloetinge_-_20429413_-_RCEIs dit nie dalk waarom die kerke lidmate verloor nie? Die meeste predikante is opgelei in ‘n era van bek hou en na gesagsfigure luister. In daardie era het hulle geleer om die gesagsfiguur te wees. Hulle het geleer om in te skuif agter kansels met “So spreek die Here” in goue letters op pers fluweel geborduur voorop. Die implikasie was dat hulle woorde God s’n was.

En meeste van vandag se lidmate dink en vra vrae. Lees voort