Monthly Archives: Desember 2014

Oor kansels en verhoë, en predikante wat moet afkom aarde toe

Jy praat soos Moses op die berg, jy’t mos alleen ‘n oor. Met ons benede het jy vrede want net jy kan hoor. Maar al die kindertjies van Jesus is nie pôpôs nie. Ek sit hier onder en ek wonder en ek wonder of jy weet, Profeet. – Uit Prophet se “Al die kindertjies van Jesus is nie pôpôs nie”

Nie paw-paws nie...

Nie paw-paws nie…

Ds. Leon van Zyl van die NG Moedergemeente* in Welkom stem (so lyk dit met die eerste oogopslag) saam dat dominees nie daar bo hoort en ander lidmate onder, met sy stem die enigste een wat in die Kerk ‘n plek verdien nie. Hy sê die bedoeling van ’n kansel is “dat die ou wat daaragter staan, belangriker as enigiemand anders is”, en hy wil hê lidmate moet aan die erediens deelneem. Daarom, reken hy, moet die kansel in sy gemeente waai en met ‘n verhoog vervang word. Maar lees die artikel mooi, en jy sal nog iets sien: Lees voort

Advertisements