Oor kansels en verhoë, en predikante wat moet afkom aarde toe

Jy praat soos Moses op die berg, jy’t mos alleen ‘n oor. Met ons benede het jy vrede want net jy kan hoor. Maar al die kindertjies van Jesus is nie pôpôs nie. Ek sit hier onder en ek wonder en ek wonder of jy weet, Profeet. – Uit Prophet se “Al die kindertjies van Jesus is nie pôpôs nie”

Nie paw-paws nie...

Nie paw-paws nie…

Ds. Leon van Zyl van die NG Moedergemeente* in Welkom stem (so lyk dit met die eerste oogopslag) saam dat dominees nie daar bo hoort en ander lidmate onder, met sy stem die enigste een wat in die Kerk ‘n plek verdien nie. Hy sê die bedoeling van ’n kansel is “dat die ou wat daaragter staan, belangriker as enigiemand anders is”, en hy wil hê lidmate moet aan die erediens deelneem. Daarom, reken hy, moet die kansel in sy gemeente waai en met ‘n verhoog vervang word. Maar lees die artikel mooi, en jy sal nog iets sien: Hierdie predikant wil nie regtig hê tannie Petro en ander soos sy se opinie moet in die kerk na geluister word nie. Hy het ‘n mening. Tannie Petro en ‘n klomp ander lidmate voel anders oor die saak. Hy praat hulle dood. Volgens “Rooimier” van Welkom (sien sy koerantbrief) is daar meer lidmate wat die versoekskrif vir die behoud van die kansel onderteken het, as die aantal persone op die kerkraad wat vir die oprig van ‘n verhoog gestem het. strooi Tannie Petro voel die predikant wil haar sien gaan, dat om te gaan hom “sy sin sal gee.” En hierdie is werklik nie die eerste saak waarin hy optree asof die lidmate in die pad is nie. Op ‘n stadium het hy berig gegee dat 30 lidmate uit die gemeente bedank het, en dis goeie nuus dat ons (dit was my laaste dag in daardie gemeente) ontslae is van die “remskoene” wat “vernuwing teenstaan.” Voor dit het ek op ‘n dag gewys ek stem nie met hom saam nie. Wou hierdie predikant, wat graag oor gawes preek, toe dat ek my gawe gebruik en verduidelik waarom ek verskil? Nee, hy dreig daardie dag om my uit die kerk te laat sleep, ter wille van die goeie orde in die gemeente. Goeie orde in die gemeente, terloops, is ‘n konsep wat uit 1 Kor. 14 kom. Die konteks is:

26 Elke keer as julle bymekaarkom, het elkeen gewoonlik ‘n bydrae om te lewer: ‘n psalm, ‘n onderwysing, ‘n openbaring, ‘n ongewone taal of klank, ‘n uitleg daarvan. Sorg dan dat alles tot opbou van die gemeente verloop… 29 Wat die profete betref, twee of drie kan aan die woord kom, en die ander moet beoordeel wat hulle sê. 30 Maar as ‘n ander een wat daar sit, ‘n openbaring ontvang, moet die spreker stilbly. 31 Julle kan almal profeteer, maar een vir een, sodat almal daaruit kan leer en almal bemoedig kan word. 32 ‘n Profeet het immers beheer oor sy gees. 33 God is tog nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde en vrede.

Opbou (:26) en orde (:33) pas in ‘n konteks waar verskeie lidmate en selfs almal kan profeteer (die woord kan bring), waar mens moet beoordeel wat die profeet vertel, waar die eerste profeet moet stilbly om die 2de ‘n beurt te gee. Hy was nie gehoorsaam aan daardie teks toe hy my wou uitjaag nie. As hy van die preekstoel afklim en op ‘n verhoog staan, sal dit tien teen een ook nie verander hoeveel hy hom steur aan sy gemeente nie.

Wat dink ek oor hierdie preekstoel wat hy wil uithaal? Ek dink preekstoele, nes verhoë, is wêreldsgoed. Miskien is hy reg dat preekstoele ‘n heidense oorsprong het. Die kanse is baie goed dat die verhoog (ook) ‘n heidense oorsprong het, miskien van die ou Grieke en hulle dramas af. Ons almal gebruik goed met ‘n heidense oorsprong in ons geestelike lewens – Papier kom byvoorbeeld van China af, uit ‘n tyd toe die Christelike en Joodse godsdiens nie daar bekend was nie, maar dis uitstekend om op Bybels te druk. Om een ding wat die voorste mens of mense oplig met ‘n ander te vervang, maak nie noodwendig ‘n verskil nie. ‘n Kansel kan vir party van ons ‘n simbool wees van een mens wat alleen praat. Vir ander kan ‘n verhoog ‘n simbool wees van ‘n “show” wat oor vermaak gaan.

Maar op die ou end is uiterlike simbole nie wat saakmaak nie. ‘n Liefdesbrief in ‘n koevert sonder hartjies is beter as ‘n afsêbrief in ‘n koevert vol hartjies. En dit help nie om vredesimbool-plakkers op ‘n AK47 te plak nie. Wat saakmaak is die innerlike, so vertel

Nie remskoene nie...

Nie remskoene nie…

die Bybel ons. Wil hy regtig afkom en die gemeente- ook díé wat nie met hom saamstem nie – se deelname aanmoedig? Dan kan hy sommer nou afkom na hulle toe – deur hom te steur aan hulle gevoelens, oor die preekstoel en oor ander sake. Hy kan hulle hulle begin sien as medewerkers in die koninkryk – nie remskoene wat vernuwing keer nie. As hy dit doen, sal die gemeente nie omgee of hy ‘n kansel gebruik of nie.

————

Nota: * Die predikant/ kerkraad het gekies om die naam onlangs na NG Gemeete Welkom te verander, maar die nuwe naam is misleidend oor Welkom 6 of 7 NG gemeentes het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s