Ons dade stuur ‘n boodskap uit: Hoe kan ‘n Christelike kerk party mense laat sit en ander laat staan onder gebed?

Wat sal jy dink as jy in ‘n kerk is waar al die mense wat meer as ‘n sekere salaris verdien staan onder gebed, en die res sit? Wat sal jy dink as jy in ‘n veelrassige kerk instap, en al die wit mense staan en swartes sit onder gebed? Ek was nou die dag in so ‘n kerk. My eerste indruk was wonderlik. Die kerk was naby aan vol. Die dominee, ‘n vrou wat nou al 12 jaar in die bediening is, klink hartlik en nederig en of sy die Here en haar gemeente werklik liefhet. Die gesange wat gesing word is bekend vir my, al is dit nie die denominasie waarin ek nog al die jare was nie. Tot by die gebed na die preek. Ewe skielik, in hierdie kerk met ‘n vroulike predikant, staan die mans op, en die vroue (moet) bly sit. Wat is die betekenis van hierdie onbybelse gewoonte? Ek het 2 mense se menings gevra. Nie een van die twee was ‘n teoloog nie, maar hulle wys watter indrukke by die gewone lidmaat geskep word as mens sulke dinge doen.

Waarom hierdie verskil?

Waarom hierdie verskil?

Mening 1: “Mans moet opstaan vir God.”

Ja. Vroue moet ook opstaan vir God. En kinders – meisies en seuns.

Mening 2: “Die man is die hoof van die huis.”

Nee, hy is nie.1 Die Bybel vertel hom nie om te wees nie, in elk geval.
Waarom maak hierdie soort dinge saak? Want onbybelse idees oor geslagrolle beroof mans en vroue van ‘n deel van wat hulle voor God kan wees en kan doen.

As net mans aangemoedig word om op te staan vir God en Sy waarheid en liefde, gebruik vroue nie al die gawes wat hulle gekry het om ook op te staan vir God en Sy waarheid en liefde nie. Hulle kry nie daardie sin en betekenis uit die lewe van om op te staan vir iets belangrik nie. En almal – kinders, ander vroue en mans, ly onder hoe hulle nie hul gawes gebruik nie. As mans aangemoedig word om alleen op te staan wanneer dubbel soveel opstaners (ewe veel mans as vroue) die saak waarvoor opgestaan word sal versterk, dan mis hulle uit op heelwat sëening. As hulle aangemoedig word om die opstaner te wees, waar God eintlik ‘n meer gekwalifiseerde vrou roep om op te staan, voel hulle dat te veel van hulle verwag word en dat hulle liewer moet terugtrek. Weereens ly God se hele kerk daaronder as iemand nie meer kans sien om sy gawes kerk toe te bring nie.

Dieselfde met leierskap tuis – albei lede van ‘n egpaar kan hul kinders lei, en dis selde wat die een die ander hoef te lei. Huwelike tussen gelykes is statisties baie gelukkiger as waar een maat baas en die ander klaas is. God roep alle gelowiges om wedersyds aan mekaar onderdanig te wees, en nie om gesag oor ander gelowiges uit te oefen nie. (Matt. 20:25)

Ja, ek weet dat om mans te laat opstaan en vroue te laat sit in die kerk ‘n tradisie is. Maar dit versteur die eenheid van die kerk2, “ kan op geen manier meer verantwoord word nie”3, is “onlogies” en “teologies nie te verantwoord nie”4. Hierdie is ‘n tradisie wat ons keer om hande te vat, mans en vroue, en as eenheid vir God op te staan en ons gawes saam vir Hom te gebruik. Is dit nie tyd om die tradisie te laat vaar nie?

—————————

Notas:

1 Die artikel waarheen ek daar skakel was al op ‘n teologiese blog na verwys.)

2 Wat vir die saambid van die gemeente van belang is, is dat almal wat aan die erediens deelneem dieselfde gebedshouding moet inneem. Die feit dat manlike erediensdeelnemers staan en vroulike deelnemers sit, kom enersyds uit die destyds beskikbare fasiliteite van die reformatoriese kerke en andersyds uit ’n piëtistiese gees wat berus op ’n verkeerde interpretasie van 1 Korintiërs 11:7, 8. Daarvolgens word geredeneer dat mans en vroue verskillende gebeds-houdings as onderskeidingsteken in die erediens moet inneem. Hierdie gebruik dat mans staan en vroue sit, is onlogies en teologies nie te verantwoord nie (Barnard, 1981:561). Uiteraard is die innerlike gesindheid van die hart baie belangrik, maar die bewuste liggaamlike ekspressie in die psigomatiese eenheid van die mens is ’n belangrike aspek van die deelname in die openbare gebed. In die Ou en Nuwe Testament is die gebed nie alleen ’n saak van woorde nie, maar van die hele liggaam. Die hele mens, ook volgens sy liggaamlikheid, is in die Skrif by die gebed betrokke. http://www.indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/viewFile/240/136 – B.J. de Klerk, (Skool vir Kerkwetenskappe Noordwes-Universiteit) Die Heilige Gees en gebed in die erediens

3 ’n Laaste saak wat myns insiens aandag vra, is die liturgiese onderskeiding wat nog tussen die gebedshouding van mans en vroue gemaak word. Die gebruik dat eersgenoemdes by gebed staan, terwyl laasgenoemdes bly sit, kan op geen manier meer verantwoord word nie. – AB du Toit (Prof. Dr Andrie du Toit is professor emiritus at the University of Pretoria, South Africa, and a research associate in the research field of mission and ethics in the New Testament.), Liggaamstaal in gebed: ’n Nuwe Testamentiese perspektief

http://www.ve.org.za/index.php/VE/article/viewFile/1096/1500

4 Die gebruik dat mans staan en vroue sit is, volgens Barnard, onlogies en teologies nie te verantwoord nie (1981:561)… Eenvormigheid ten opsigte van gebedshouding is ook belangrik om die korporatiewe gevoel van om in God se teenwoordigheid te verkeer te versterk. – Neille van Aswegen, BALANS EN PERSPEKTIEF: KERNMOTIEWE VAN KORPORATIEWE AANBIDDING?

http://etd.uovs.ac.za/ETD-db/theses/available/etd-06242008-092728/unrestricted/VanAswegenN.pdf

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s