Wie die hardste skree – ‘n Kerkstorie (Deel 2)

Sang by daardie kategese – verduideliking

Mens kry tye wat aanbiddingsliedere so gewyd raak dat dit nie tyd is om te onderbreek met preke of lesse nie. Dit is nie waarvan ons hier praat nie. Sang by die gemeente waar ek toe was sluit kinders in wat tonge uitsteek, koppe skuins hou, en knieë gebuig terwyl hulle wydsbeen in die rondte draai en “Make a Melody to the Lord” sleeptong.

Liedjies daar praat normaalweg oor “I am cool for Jesus” en “I want to be a star for Jesus”, nie “Jesus, U is…” nie. Wanneer mens diep met God kommunikeer in sang, praat die liedere gewoonlik met God, nie oor hom nie. Daar is ‘n plek vir “I am…” en lawwe bewegings in Sondagskool-liedjies, maar binne perke.

Toeval- of aspris? (“Never ascribe to malice that which is adequately explained by incompetence” – Hanlon’s razor)

  • Daar was kere, sowel voor as na die vergadering, wat ek Netta gevra het of sy bietjie korter kan sing om tyd te maak vir die les. Sy het nooit, en ek dink sy het net een keer vooraf vir my “nee” gesê, sodat ek daarvolgens kon voorberei. Ander kere het sy selfs langer laat sing op dae wat dit my beurt is om aan te bied. (Niemand wat williglik by die Sondagskool betrokke is sal aspris die kruisiging-les ruineer nie, of het sy?)
  • Eenkeer het ons les 16-17 oor Moses gemis reg voor dit my beurt is om grootgroep-les 18 te gee, ‘n 3de van 3 lesse oor Moses. Ek e-pos toe die leiers en vertel ek sal sommer die hele Moses-storie vertel, al 3 lesse s’n. Weereens, toe hulle van my planne hoor is dit voorkom. Netta se man, Jacques, daag daardie Sondag op en vertel die program het verander: In plaas van my lesnommer 18 is dit les 12, waarvoor hy voorbereid is. (Op daardie stadium het ek en Jacques groot groepe aangebied om die beurt.) Ek laat dus vir Jacques les gee. Ek vra rond vir die nuwe program en vind dit nie, en stuur dus ‘n e-pos uit om te laat weet dat ek by Jacques gehoor het die program het verander, en voorlopig bied ek die volgende week les 13 aan. Die predikant stuur toe ‘n boodskap uit dat die program nie verander het nie – dis die volgende week les 19, Jacques se les. (Was Jacques onder ‘n wanindruk, of het hy my les probeer dwarsboom?)

Binne enkele weke na mekaar los sowel Jacques as sy vrou Netta die kategese, albei met die verskoning dat hulle baie besig by die werk is. In daardie tyd word ‘n vergadering gehou (sien die hofie “die junior kategete kla – en hoe ek dit hanteer het“) wat in die eerste plek my kritiseer, maar waar ek op my beurt die ander leiers vra of hulle beurte vir groot groepe soek. Hulle wou nie.

  •  Die eerste keer wat ek opgedaag het om die kerksaal (waar die kinders bymekaar kom op Sondagmôres) in gebruik te sien vir ‘n ander funksie op ‘n Sondagoggend, dog ek dis net swak kommunikasie. Ek reël toe doodeenvoudig dat ons na die konsistorie skuif vir sang en groot groep. (Dis reg na Netta besluit het sy lei nie meer sang nie.) Sodat ons nie tyd mors nie om tegnologie te probeer skuif nie, sing ons sonder die rekenaar/ projektorskerm wat gewoonlik in die kerksaal is. Maar Netta was besig om die goed agter my reg te skuif en die kinders se aandag te trek, selfs onder gebed. Ek vertel haar sy hoef nie en ek kan sonder die goed werk, maar sy hou nie op nie. (Dis die enigste keer wat Netta ooit probeer het om goed “vir my” op te stel.) In 20 jaar van Sondagskool gee het ek nooit voorheen opgedaag om te sien dat iemand anders die kerksaal gebruik, en die Sondagskool weet nie daarvan nie. In die 7 of 8 weke wat ek vir groot groep verantwoordelik was het dit 2 keer gebeur. (Was dit toeval, of iemand wat dinge vir my probeer moeilik maak?)
  • In daardie 7/8 weke was die rekenaar wat met die projektorskerm gebruik word skielik eendag nie in staat om te begin nie. Dit was stukkend vir die res van die tyd wat ek daar was. (Ek ken rekenaars – ek het dit nie gebreek nie. Ek het bloot daarsonder verder gewerk. Dis die eerste keer wat ek met sulke tegnologie les gee, dis nie onontbeerlik nie. (Was dit toeval, of het iemand dinge vir my probeer moeilik maak?)

Maar ondanks die praktiese uitdagings was die kinders se bywoning besig om te groei, en dit terwyl midwinter nader kom, ‘n tyd van die jaar wat die bywoning normaalweg daal. Omdat ‘n atmosfeer geskep was waar kinders kon leer en persoonlik betrek word, het hulle dit die moeite werd gevind om te kom. Uiteindelik was daar gereeld in klein groepe ingedeel ook, sodat die kategese-groepleiers ook die kinders kan bereik. Elkeen wat ‘n kleingroep lei verdien dank vir die groei in bywoning – ek het net ‘n obstruksie (probeer) verwyder wat effektiewe bediening voorkom het, ons almal het bedien.

In daardie tyd is my pa dood, en meeste van die kategete het nie my ‘n simpatieke woord kom aanbied nie.Maar die kinders maak saak, so ek kan my nie deur die kategete se gesindheid laat onder kry nie.

Die junior kategete kla – en hoe ek dit hanteer het

Hier is ‘n paar dinge wat die junior kategete oor my vertel het in die tyd wat ek daar teenwoordig was:

  • Netta het my gevra wat ek teen sang het.
  • Niks. Ek het voorgestel dat sang verminder word om tyd te maak vir ander goed. Ek het dit so aan haar verduidelik, en seker gemaak ds. Flip – wat besluit het klein groepe moet gebeur – verstaan dit ook.

‘n Vergadering is die Sondag wat Jacques les 19 moes aanbied tydens kategesetyd gereël om met my te praat. Let wel: Die program dui les aan. Ds. Flip het per e-pos bevestig dat les 19 moet gebeur daardie Sondag. Ek het daardie dag in my kleingroep-klas gaan sit om vir Jaques en die kategese te bid terwyl Jacques aanbied – ek was nie daardie dag in die groot groep nodig nie. Maar daardie dag in die saal reël die onderwysers ‘n vergadering in klastyd: Al die kinders Gr.1-6 is saam met een mentor na ‘n klassie toe, sodat die res ‘n vergadering kan hou waar ek in die beskuldigdebank is. Een kind het my kom roep vir die vergadering. Die res van die punte onder hierdie hofie beskryf daardie vergadering.

  • Millie het gereken ek sonder my af van die ander kategete, ek was nie eers in die groot groep daardie dag nie.
  • Ek het verduidelik dat ek wel Sondagskool-verwante goed in die klas gedoen het. Ek het nie vertel dat ek vir die kategese gaan bid het nie – op daai oomblik het ek gevoel só ‘n bekentenis is teen die “as jy bid, gaan na jou binnekamer…” voorskrif. Ek het intussen my opinie oor daai Bybelgedeelte verander.
  • Jacques, wat om die beurt met my groot groepe gee, is nooit by die Sondagskool op dae wat hy nie aanbied nie. Ek was eenkant, besig om te bid. Waarom word ek beskuldig, en nie hy nie?
  • Millie het gereken ek sonder my af van die ander kategete, ek groet nie en staan nie by hulle om te gesels by die Sondagskool nie.
  • Dis deels waar. As ek ‘n paar minute vroeg by die Sondagskool is, of selfs op die regte tyd en ons laat begin oor Netta se redes, dan staan die ander veronderstel-om-onderwysers-te-wees by mekaar en gesels. Ek probeer met kinders gesels. Toegegee, dis daar moeiliker as by ander gemeentes – die kinders is nie so gewoond dat vriendelikheid van die leiers deel van kategese kan wees nie. Ek het ook verduidelik dat effense Aspergers dit moeiliker vir my maak om sosiaal te verkeer, dis nie dat ek iets teen hulle het nie.
  • Haar versoek klink dalk vir jou so maklik soos om by die mense op die prentjie hier lings te gaan staan. Hierdie vergadering wys dat die werklikheid eintlik soos die prentjie op regs lyk:Prepare to be judged

(As jy klaar die vergadering-storie gelees het sal jy beter verstaan waarom ek hulle so sien. Nogtans, ek het van daar af probeer om vriendeliker met hulle te wees.)

  • Millie het gekla dat ek ‘n wrok teen haar dogter het – as die kind haar hand opsteek in die groot groep, vra ek ander kinders om te antwoord.
  • Die beskuldiging het my geskok – mense sien gewoonlik my liefde vir kinders raak, lyk dit hier of ek ‘n wrok het teen kinders? Dit moet die bril wees waardeur Millie my sien – my gesindheid het nie verander nie. Ek het nie ‘n wrok teen enige kind nie. As 20 kinders teenwoordig is kan mens soms nie almal laat antwoord nie. En soms gee mens leidrade vir die kleintjies en die kinders wat nie baie van die Bybel weet nie, eerder as om elke keer aandag te gee aan die ouer kind met ‘n kerkouer wie se hand eerste op is. Dis nie net kinders wat die hardste skree of wie se hand eerste op is wat tel nie.
  • Na daardie vergadering gaan vertel ek vir Millie se dogter (in Gr.5) ek sien haar hand raak en is jammer as ek nie altyd haar ‘n beurt kan gee nie.
  • Millie het gereken ek verander die program soos ek wil, en het verwys na hoe ek daardie week les 13 wou aanbied.
  • Ek het verduidelik dit was oor ek onder ‘n wanindruk was.
  • Hierdie was dubbele standaarde: a) Millie vertel my dit op ‘n vergadering wat ‘n afwyking van die program is – ‘n afwyking wat haar goedkeuring wegdra. b) Sy het op amptelike jeugkomissie-vergaderings geredeneer dat klein groepe – wat amptelik wel op die program is – onnodig is. c) Sy kla nie dat Jacques die program verander het die vorige week toe ek les 18 moes doen nie. d) Millie kla toe ook dat Jaques vandat ek opgedaag het nie meer die laaste week elke kwartaal se les vervang met ‘n hersien-vasvrae nie. Ek het geen beheer oor wat Jacques doen nie, maar sy vertel basies dat afwyk vir ‘n vasvra reg is. Kortom, Millie keur elke verandering van die program goed – behalwe waar ek hard probeer om te bly by ‘n program wat, volgens wat hulle my vertel het,verander het.
  • Millie kla ook dat as kinders kategese bywoon in kerktyd gaan hulle nie kerk toe nie.
  • Daarmee het ek niks te doen nie.
  • Millie vertel dat Jacques oor my kategese wil verlaat.
  • Jacques vertel niks op die vergadering nie, maar ontken dis my fout toe ek hom later direk daaroor vra. Hy hou glo op vir werk-redes.
  • Nog ‘n onderwyser reken dat dit lyk of daar kompetisie tussen my aan die eenkant en Jacques en Netta aan die ander kant is.
  • Ek vertel toe eerlik ek soek nie kompetisie nie, ek sal graag vir Jacques – as sy werk hom nie meer so besig hou nie wil terug sien. (En ek wil hê Netta moet sang lei, net korter.) Netta en Jacques antwoord nie of hulle my as kompetisie sien nie…

>>> Kliek hier vir Deel 3 (slot)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s