Monthly Archives: April 2015

50 Shades of Grey: Die probleem is meer as net ‘n gees van wellus

Ek sien dat die nuwe uitgawe van JUIG ‘n artikel oor 50 Shades of Grey inhet, deur die bekende Afrikaanse gasspreker en skrywer Gretha Wiid.

Sy maak veral 2 punte in haar artikel:

1) Die wêreld vertel dat daar baie skakerings van grys tussen reg en verkeerd lê, en is lief vir die woorde “wie is jy om te oordeel.”1 Maar daar is iets soos reg of verkeerd.

Dis dalk ‘n goeie plek vir Gretha Wiid om te begin, omdat dit immers die naam van die boek, die heel eerste indruk, aanspreek.

2) Die gees van wellus is ‘n slegte ding.

Dis waar, maar hier kan ‘n klomp gewone huisvroue antwoord dat hulle dit lees om meer opwinding aan ‘n monogame verhouding met hulle eie mans te gee. Wat dieselfde rede is as waarvoor mense party van Widd se DVD’s koop. Die begeerte om jou eie maat (en niemand anders nie) te geniet is ‘n goeie ding op sigself. Ek vind nie fout met wat sy vertel het nie. Maar daar is ander belangrike dinge wat sy ook kon vertel het: Lees voort